Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -1 hour ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -2 hours ago
Rona November 2026 Johann L -2 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -13 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -13 hours ago

Goeie Hout en die Wildtuin

Kaap
Submitted by Goeie Hout on
Forums

Goeie naand almal.

Ek is baie senuweeagtig.  Nog nooit op n forum gewees.  So asb gebruik geduld.  Ek en mama beplan Mei maand 2025 n trippie na KNP.  As jy my naam direk vertaal in Engels dan besef julle ons moet 4 dae ry om by wildtuin uit te kom.

My vraag is.  Ons gaan by Pienaardam oor nag.  Dit is dan nog 300 km na Krokodil Brug se kamp.  Is daar nie iewers van Pienaardam nog n 100 kilos nader aan wildtuin n plekkie  waarvan julle weet nie.

Vir die wat belangstel.

2 x krokodil brug,  (4/5/2025-5/5/2025)

3 x laer sabie, (6/5/2024-8/5/2025)

4 x satara, (9/5/2025-12/5/2025)

4 x skukuza, (13/5/2025-16/5/2025)

3 x berg en dal. (17/5/2025-19/5/2025)

Baie dankie  (ek is nog nie n pensioenaris, so my dae in wildtuin is maar beperk)

 

Groete

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/10/2024 - 10:05

Goeie hout, jy moet nou kom vertel hoe jy die plek gevind het. ek sleep in Augustus en September 2025 daar verby. As jy sê dit is lekker plek met skoon warm werkende ablusies, kan ek dit ook oorweeg om daar te doedoe.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 17/10/2024 - 10:24

... ry al April noorde toe. Afhangende van die terugvoering wat ek vanaf die eienaars ontvang t.o.v. hul toegangspad en sekuriteits-maatreëls, mag ek dalk oorweeg om daar oor te bly.

Weereens, ek ervaar geen probleme met Aldam se toegangsroete sowel as sekuriteit nie. Maar 'n verandering kan dalk interessant wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/10/2024 - 17:28

Hierdie mense is werklik behulpsaam. Op navraag het;

1] hulle vir Chris B verduidelik dat plek elektries omhein is, en hek word gesluit saans.

2] die eienaar en/of bestuurder bly ook op die werf/terrein

3] hulle het tot 'n video gestuur van die hele 2km grond plaaspad, van die N1m tot by ontvangs. Ek sien natuurlik kans om dit te sleep.

4] ek het navraag gedoen na die tariewe en 11 bladsye info terug ontvang. Daar is selfs 'n gemeenskaplike kombuis met eetgerei, kombuisgoete, 4 plaat stoof met oond, ketel, broodrooster en yskas.

5] Staanplekke het elektrisiteit, maar mens het keuse waar jy wil kampeer, by krag of plek van jou keuse.

6] Koste is R300/nag vir staanplek. 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 17/10/2024 - 20:43

Jip Bundu is baie naby Aldam.

Ons gaan nou Bundu probeer en sal terug voering gee.

Dankie Wessel vir jou terug voering.

Aan die ander, geniet Karoo.

Gaan gerus na oom Piet se Tjops slaghuis. in Baeufort.  Altyd goeie diens en vleis.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 18/10/2024 - 07:32

Soos Wessel genoem het, het Bundu River Lodge my volledig geantwoord op my e-pos navraag. My navraag het gehandel oor die toegangsroete en sekuriteit. Oor laasgenoemde voel ek 'okay', maar die video clips wat met 'n 'dashcam' geneem is, laat my ernstig twyfel of ek die pad met my wa sal aandurf. Die ouens met boswaens of 'gravel roaders' behoort dit met relaliewe gemak te kan ry. Maar dit lyk nie vir my na 'my cup-of-tea' nie.

Volgens die foto's op hul webblad lyk dit na 'n heel oulike plek.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 07/11/2024 - 16:29

Ek hoop ek het almal se vrae beantwoord.  Ek is nog skaars nat agter die ore vir die forum.

Die depositos word nou betaal so hier is die finale program.

01/05/2025 Donderdag Goodwood Joalani Guest Farm 02/05/2025 Vrydag Joalani Guest Farm Bundu 03/05/2025 Saterdag Bundu Pienaardam 04/05/2025 Sondag Pienaardam Krokodil brug 05/05/2025 Maandag Krokodil brug Krokodil brug 6 Dinsdag Krokodil brug Onder Sabie 7 Woensdag Onder Sabie Onder Sabie 8 Donderdag Onder Sabie Onder Sabie 9 Vrydag Onder Sabie Satara 10 Saterdag Satara Satara 11 Sondag Satara Satara 12 Maandag Satara Satara 13 Dinsdag Satara Skukuza 14 Woensdag Skukuza Skukuza 15 Donderdag Skukuza Skukuza 16 Vrydag Skukuza Skukuza 17 Saterdag Skukuza Berg en dal 18 Sondag Berg en dal Berg en dal 19 Maandag Berg en dal Berg en dal 20 Dinsdag Berg en dal Parys  Weltevrede 21 Woensdag Parys  Weltevrede Coles Onze 22 Donderdag Coles Onze Karoo 23 Vrydag Karoo Huis
0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 07/11/2024 - 16:34

So ons gaan bitter vroeg vanaf Pienaardam beweeg.  Sal die "lorries" na Komatipoort n probleem wees.  Ek sien die googlemaps wys n ander pad vanaf N4 na Krokodilbrug wat nie deur die dorp loop.

So gelag vir Wildehont wat se hy (op n ander gesels) kannie wag dat die maand moet verby sodat hy kan se volgende maand gaan hy iewers.  (of so iets) Ek kan nie wag dat dit 1/1/2025  word nie.  Dan kan ek se die jaar gaan ons wildtuin toe.  Maar ons moet seker nie die tye so omwens.

Ek gaan nou eers bietjie beplan vir Onrus.

Mooi loop en baie dankie vir julle lekker lees stof.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 07/11/2024 - 16:52

Goeie Hout, ek gaan ook volgende jaar Mei Kruger toe. ek gaan sodra dit lig word, vertrek in Brits, en ry vir Berg&Dal. 

Om die lorries te vermy,kan jy as volg ry. As jy verby Hectorspruit is, neem jy die 2de afrit na Marloth park. Voor Marloth draai jy regs en ry tot jy in die pad inkom, tussen Komatiepoort en Krokodilbrug, en draai links vir K.Brughek.   

Ek dink dat Len dit al gesleep het.

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 12/07/2026 - 18:53

Waar is die res van die toer se fotos en kommentaar.

Het iemand dit uitgevee.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/07/2026 - 19:16

....ek verstaan nie jou vraag nie. Praat jy van jou eie toer na die wildtuin??

Of praat jy van my kort geknipte toer afgelope Mei 2026. Ons toer het ek kortgeknip weens die sandvlooie probleem in Satara en Tsendze, toe kom ons eerder huistoe.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 13/07/2026 - 18:27

Nee op hierdie draad het ek n elle lange gesprek gehad met fotos ens.

Ons eie toer na Wildtuin.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/07/2026 - 19:40

...soek jy dalk na die gesprek wat ek vir jou begin het;

Goeie Hout in die KrugerNP 2025

gebruik soek enjin, dis dalk die enelaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus