Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -15 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 day ago

Namaqua NP besoek Oktober 2025

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Een Saterdagaand na almal gaan slaap het kyk ek wat YouTube vir my aanbeveel om te kyk en kom op die video hier onder af. Ek kyk dit, en daar byt die gogga my. Dis nie so ver van Worcester af nie, dit lyk na ‘n lekker avontuur, en volgende jaar se Oktober vakansie is nog oop. Ons gaan nie gewoonlik dan weg nie want Junie/Julie se Krugerwildtuin besoek is duur en Desember by Dwarswegstrand is self nie goedkoop nie. Maar ek het na 10 jaar se diens einde Julie 10 dae langdiens verlof by gekry, en ek hou van avontuur.
 

Gisteraand wys ek vir Salomien grepe uit die video, en kry in beginsel goedkeuring om ‘n toertjie te beplan. Ek verwys nou nie na die soort wat mens in jou adamsgewaad van die klerekas af spring nie, maar ‘n kort toer. Sy het sekere voorwaardes. Daar moet genoeg water wees om mee te was (ons selwers - die res is vanselfsprekend). Ongelukkig wys ek haar ook ‘n deel van die video waar koffie met ‘n Espresso masjien gemaak word wat deur ‘n Ecoflow kragbron krag kry en sy reken dit moet ‘n moontlikheid wees. Selfs met heelwat afslag wat tans aangebied word kos ‘n Ecoflow wat die moeite werd is R15k sonder ‘n sonpaneel, so ek smoor die droom in die kiem. 
 

Daar is ‘n aantal geproklameerde openbare kampeer gebiede tussen Strandfontein en Namaqua NP. Hulle beskik egter oor geen geriewe nie, en mens kan nie bespreek daar nie. Kaarte van die Namaqua NP wat aandui presies waar die staanplekke is, is skaars en ek het my tot Google Earth gewend. Die kamppleke is binne iets soos 43km se kuslyn geleë, en daar is net klipskerms gebou teen die wind en ‘n paar put toilette.
 

Van die kampeerplekke is bo rotse, met so twee of drie bo sand. Mens gaan natuurlik nie daar swem nie, maar ons kinders hou van speel met en op sand en mens kan lekkerder stap daarop as op rotse. Ek het dus besluit op twee aande elk by Koringkorrelbaai en Kwass se Baai wat beide nog beskikbaar was. Ek kon nie regkry om dit te bespreek aanlyn nie, en het ‘n besprekingsversoek ingesit per e-pos. Hopelik kry ek môre goeie nuus, anders sal ek maar die kantoor op die Weskus probeer bel. 
 

Ek sal ‘n aand of twee voor en na die vier aande sonder geriewe byvoeg in Hondeklipbaai en Strandfontein of dalk eerder Elandsbaai. Ek wil net eers die kampering in Namaqua NP vasmaak.

Dan moet ons besluit of die Kavango saamgaan of nie. Daar is ‘n “hoofpad” wat meestal met ‘n 4x2 gery kan word volgens gereelde besoekers. Dit is egter ‘n entjie weg van die kus af, en mens moet met sandpaaie by die kampeerplekke in- en uitkom. Aangesien ons net een voertuig gaan wees, moet die Kavango dalk maar bly en ons met tente gaan. Ek het twee boogtente van 2,5mx2,5m waarin ek regop kan staan. Die kanse vir vasval sonder die Kavango is baie kleiner solank die banddruk laag genoeg is. Gereelde besoekers beveel 1 bar aan. 

video
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/11/2024 - 06:20

Ek het gisteraand ‘n paar YouTube video’s gekyk wat verduidelik hoe om in (op) sand te sleep. Die Australiërs het ‘n hele paar sulkes. Hier is een. Dis maar dieselfde as om sonder ‘n wa op sand te ry. Laag genoeg banddruk (interessant dat hulle nog Psi gebruik), bly in die spore (en die wa in die sleepvoertuig s‘n), en behou momentum. En vat natuurlik ‘n graaf saam.

Hulle beveel ook aan dat mens recovery tracks saam ry. Dis iets wat ek nog nooit besit het nie. Ons het altyd sommer ‘n paar stukke hout onder die wiele gepak om op vas te trap nadat ons sand weggegrawe het van die wiele af. In die Wes-Kaap is hout egter skaars, veral daar op die Weskus. Ek sal dus moet belê in vier van hulle. Gelukkig is daar nog tyd.

 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 21/11/2024 - 07:07

Ek kannie saampraat nie, maar ek lees lekker aan hierdie beplanning. Sonder 4x4 bepaal ek my maar by die sawwe kuierplekke. Beplan maar lekker.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/11/2024 - 07:30

nie meer saamgesels nie, want;

1] ek is net te jaloers

2] ek het slegs teoretiese oplees-kennis van sand en 4x4 ry en sleep. 

Ek gaan wel lekker verder lees, oor 'n jaar saam toer, en hard probeer om my bek styf toe te hou. Of ek gaan slaag daarin is 'n ander vraaglaugh

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 21/11/2024 - 08:10

Soos ChrisS beplan......................................om die Weskus te toer is dit ook iets wat ons graag sou wou doen. 

Omdat ons  Ford nie 4x4 is nie, is dit nie vir ons beskore nie. Het nou weer gesien in Namibië op die plaas hoe groot verskil die temperatuur van die sand maak. Daar word in die oggende of laat middag die verskeie kampe besoek en word ander ritte so vêr as moontlik vermy want sommer gou gou moet jy die graaf uithaal. 

As ons in die toekoms wel die geleentheid kry om dit te kan doen sal ons dit ook nie alleen aandurf nie.  Sein gaan seker ook 'n probleem wees.

Sterkte met die beplanning. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/11/2024 - 08:15

Daar is van die kampterreine wat bereikbaar is met ‘n 4x2. Jy sal verbaas wees hoe ver jy kan kom op sand met die regte banddruk. Amper alle (indien nie alle) 4x2 bakkies het deesdae ook ‘n ewenaarslot agter. En hulle het genoeg grondvry hoogte. 
 

Kyk bv die paartjie wat met ‘n platkar die Noorde van die park besoek het. Ek dink die Suidekant naby Groenrivier hek is meer geskik vir 4x2, maar hulle het dit sowaar gemaak. Haar bynaam vir haarself is bietje naar, maar dis nogal ‘n lekker reisverhaal. Hier staan hulle in die park:

A

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 21/11/2024 - 11:18

Kyk bv die paartjie wat met ‘n platkar die Noorde van die park besoek het. Ek dink die Suidekant naby Groenrivier hek is meer geskik vir 4x2, maar hulle het dit sowaar gemaak. Haar bynaam vir haarself is bietje naar, maar dis nogal ‘n lekker reisverhaal. Hier staan hulle in die park:

Ek het hierdie artikel nou  terdeë geniet. Dit is 'n goeie aanduiding van waarvoor jy moet plan voor maak.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/11/2024 - 12:54

Ek het hierdie artikel nou  terdeë geniet. Dit is 'n goeie aanduiding van waarvoor jy moet plan voor maak.

Ek wil van haar ander artikels ook lees.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 22/11/2024 - 12:32

Soos Wessel op ‘n ander gesprekslyn noem is daar baie video’s (veral uit Australië) wat raad gee oor sleep op sand. Ek het al ‘n hele paar gekyk en het besluit ek gaan die Kavango saamvat. 
 

Ek gaan die aand voor ons eerste aand in die park iewers naby die Groenrivier hek slaap sodat ons sommer vroeg in die park kan wees voordat die sand warm word. Om by die kampe te kom (terwyl ek die Kavango sleep) gaan ek op die “hoofpad” hou, wat blykbaar nie sulke dik sand het nie. 

Kwass se baai is redelik naby aan hierdie pad. By Koringkorrelbaai sal ek eers op ‘n harde deel van die hoofpad stilhou en stap na die kamp toe om vooraf te weet wat vir my wag. Dieselfde voordat ons die kamp verlaat met die Kavango. Ek sal dit by Kwass se baai ook doen, net vir die wis en die onwis.
 

Soos genoem gaan ek recovery tracks aanskaf en saamvat ook. Een paar vir die Ranger en een paar vir die Kavango. Ek koop dit eerder en hou dit vir latere gebruik ook, as wat ek afblaasmatrasse koop wat net op die toer gebruik gaan word. En ek vat eerder die Kavango saam maar los al die ekstras wat min gebruik word of nie noodsaaklik is nie tuis om gewig te spaar as wat ons in tente slaap en nie warm water het nie en mamma dalk nie haarself geniet nie. Happy wife - happy life. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/11/2024 - 15:00

kan dalk veel goedkoper wees, dalk swaarder.laugh Die video grepe wat ek na gekyk het,  was oor Prado's. Selfs op 4x4 gelees van 'n persoon wat vertel het waar hy al 'n Conquerer woonwa heen gesleep het.

Grappies op stokkie, gaan jy dus 6 herwinningspore koop, 4 vir voertuig en 2 vir Kavango.??

Ja OK, ek weet ek het gesê dat ek my mond sal toehou.!!!!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 22/11/2024 - 15:15

Anders voel dit of mens met jouself praat. Ek gaan twee pare koop - 4 in totaal. Ek dink dis onwaarskynlik dat die wa sal vasval dieselfde tyd as die sleepvoertuig. Die wa het nie aandrywing nie en kan homself nie ingrawe nie. 
 

Sodra jy agterkom die wiele tol moet jy ophou trap en ‘n plan maak. Anders grawe jou voertuig net dieper in en as dit eers op die pens lê raak uitkom al hoe moeiliker. So as jy daardie nare gevoel kry waar jy skielik gaan stilstaan terwyl die omwentelinge klim moet jy dadelik ophou, die graaf en borde uithaal en die sand wegkry van die wiele af met die borde ten minste gedeeltelik onder die wiele aan die kant waarheen jy wil probeer uitry.
 

Sonder ‘n wa is agteruit gewoonlik makliker, veral teen ‘n opdraende. Maar volgens die Aussies knipmes ‘n wa baie makliker in sand. Dit beweeg makliker kant toe as reguit agtertoe. Mens kan ook nie veel stuur nie, want as jy die voorwiele dwars draai raak hulle soos ploegskare en bied weerstand. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 22/11/2024 - 16:08

... want ek is té veel van 'n leek. Al wat ek wel kan sê is dat ek 4x4 programme (soos André s'n) baie geniet. Só ook Johan Badenhorst se Voetspore-programme. Maar wanneer ek genoemde programme kyk en sien hoe die ouens soms vassit met hul voertuie, of eers moet "pad bou" om sekere hindernisse te oorkom - dan is ek só dankbaar dat ek in my leunstoel sit en net daarna kan kyk. Dié ouman se kleintjie, wat iewers tussen sy ore sit (as dit ooit daar is), kan nie verstaan watse "kick" mens daaruit kry nie. Maar vir diégene wat wel 'n "kick" daaruit kry, kan ek net sê: 'Geniet dit'. Dit is egter nie "my-cup-of-tea" nie. Ek lees, luister en kyk egter graag saam.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/11/2024 - 16:35

you tube videos by Inskip point Australië.

Daar kan julle kyk hoe sukkel party, en hoe "maklik" sleep ander deur die sand.

Ek twyfel egter of Namakwa se paaie soortgelyk is.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/11/2024 - 18:51

.....bloot om meer pakplek te hê, raai ek. Jy het mos 'n dakrak op die Ranger se kappie, ideaal vir goete soos hout en brikette wat jy ook moet saamry. 

Drinkwater beplanning is maklik, julle weet mos hoeveel 5liter julle per dag by huis gebruik. 

Het jy 'n programeerbare watermeter op jou Kavango se tenk. Dit help baie om by daaglikse hoeveelheid te bly, bv. 120l/aantal dae. Ek het myne uitgehaal, bloot omdat die handleiding slegs in chinees was. Ek kon soms netnie water uit tenk gepomp kry nie. Dit kan egter 'n handige katoeter wees.

Gelukkig het ons luukse boswaenswink mos ensuite badkamer met stort, wasbak en toilet. Te lekker, jy kan net kasset in longdrop gaan leegmaak. Beterhelfte en kinders gaan net so lekker kamp as by Dwarswegstrandlaugh

Moet netnie die bande-pomp vergeet nielaugh

Mens so sweer dis ek wat so 'n tog beplan, kan nie help niesmiley

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 22/11/2024 - 19:28

…klomp wringkrag teen lae revolusies. Nie dat die Prado sal terugstaan nie, maar die Ranger het baie meer pakplek en is ligter op brandstof. Dit het ook punte vir oplig met ‘n plaasdomkrag yes

Ons vat altyd ‘n 25l drom drinkwater saam en hervul dit soos nodig. Sal maar twee ekstra 5l kanne saamvat. Waswater is ‘n ander storie. My ou basiese Kavango het nie sulke slim waterbeperking toestelle ingebou nie. Ek het ‘n water jerry kan maar dit gaan nie genoeg ekstra wees nie. Ek gaan nou nie ‘n duur bakkie watertenk koop net vir die paar dae nie. Water is swaar ook. Ek sal maar nog een of twee 25l dromme waswater saamvat. As dit ‘n krisis raak kan ons hulle seker by Groenrivier gaan hervul.

Daar is permanent ‘n kompressor in die Ranger yes

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 22/11/2024 - 20:05

Die tyd toe ons wyd getoer/ gekampeer het, het ek op 5l per persoon per dag gewerk vir daagliks. Dit is, of was genoeg vir kook, drink en was.  Natuurlik was daar koeldranke, wyn, mix vir G&T en bier vir  " kwaliteit" tyd ingepak.

Was was gedoen met ń skottel en waslap. Sorg net dat jy bo begin en onder eindig. Laat my onthou wat oupa vertel het van sy woestyn- tyd gedurende ww2. Water was baie gerantsoeneer. So hulle het, moes, skeer en was in bitter min. Vertel hy dat die Ausies hulle gespot het dat die SA manne by die voete begin was het, dan die O ring en laaste die gesig .laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 23/11/2024 - 07:53

Ek stort basies uitsluitlik in die Kavango se stort wanneer ons langer as ‘n naweek staan. Dis baie minder moeite  en sukkel as om alles saam te dra ablusie toe. Die water word  egter net oopgemaak vir nat maak voor seep/sjampoe en afspoel nadat gewas is.  In Namaqua NP kan ons maar ook uit ‘n skotteltjie was. Daar ry een saam in die Kavango en ek en die kinders is nie veel gepla nie.  Drinkwater vat ek saam in ‘n aparte drom. Ek en die kinders drink baie water. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/11/2024 - 08:55

....was katoeter wat deur vorige eienaar aangebring was. Dit was nie standaard toerusting in my Kavango nie. Basies net 'n klein vloeimeter in die pyp vanaf watertenk na die pomp toe. Natuurlik dan gekoppel aan 'n klein beheerpaneeltjie, wat seker maar net die pomp se krag afgesny het, sodra daaglikse limiet bereik is.

Het die Ranger 'n standaard ingeboude kompressor voor in die enjin ruimte, of bedoel jy, jy ry altyd 'n pompie saam? 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 23/11/2024 - 09:44

Daai katoeter gaan mos moeilikheid maak sou dit die water toedraai en jy het seep on die gesig .  angry kan nie indink  wat die gevolge gaan wees sou dit met mamma gebeur!!!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 23/11/2024 - 09:53

moeilikheid maak sou dit die water toedraai en jy het seep on die gesig .

Ek en ‘n eks-meisie het in 1999 deur Denemarke gery met fietse. By die eerste aand se oord moet jy ‘n token koop vir warm water by die stort. Ek het toe nog lang hare gehad, en net toe my kop mooi vol skuim is sny die warm water af. Uitstap om nog ‘n token te gaan koop was nie ‘n opsie nie, toe stort ek maar koud verder.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 23/11/2024 - 09:55

Dit het al bande opgepomp nadat ons in Sentraal-Kalahari, Mabuasehube, Chobe en Mosambiek was maar deesdae word dit meer gebruik om fietswiele te pomp nadat ek hulle herstel het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus