Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -7 minutes ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -25 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -3 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -3 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Gevare op langafstand reise

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Gegewe die misdaad-toestand in die land is dit seker natuurlik om bekommerd te wees oor veilgheid wanneer 'n mens lang afstande sleep, veral bejaarde persone wat 'n maklike teiken is vir booswigte.

Ons kinders het hierdie bekommernis ook nou by ons wakker gemaak en ek het gewonder hoe hanteer ander slepers hierdie probleem.  In ons geval probeer ons om op die nasionale paaie te bly sover as moontlik en ons  sleep glad nie voor en na sonop nie.  Ons stop ook nie meer by aftrek-rusplekke langs die pad nie en probeer om nie met 'n te leë brandstof-tenk te ry nie.  Bygesê, ons sorg sover moontlik dat die sleepvoertuig en die karavaan tegnies onberispelik is.

Ons kinders wil hê ons moet altyd saam met vriende 'n langpad aanpak, maar dis nie altyd moontlik nie.

Hoe gemaak as jy teëspoed kry soos byvoorbeeld 'n pap band, selfs op 'n nasionale pad ?

Sandbaai

maurits

Thu, 20/03/2025 - 13:32

Ek weet nie hoekom julle ou manne wil sukkel om bande te ruil op n karavaan of dubbelkajuit voertuig nie. Dit is net om jou rug te beseer. Ek het die afgelope paar jaar op verskillende plekke in ons land papwiele weens een of ander rede opgedoen. Elke keer my assuransie geskakel en net daarna gesit en kyk hoe doen die manne dit. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/03/2025 - 13:34

ai Herman, ek sal my opleiding moet voortsit!!! Ek het die prop stelletjie aangeskaf, en 'n bottel "gatvol" of iets dergeliks.

Chris S het al video grepe/skakels gestuur waarna ek gekyk het, om die dop en prop te gebruik. Die teoretiese gedeelte het ek met lof geslaag, nou die praktiese module.

Ek is net bekommerd dat ek hakkel op die dop gedeelte, en dan totaal onder die prop kom, en nie by pomp uitkom nielaugh . 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/03/2025 - 14:39

Ek is net bekommerd dat ek hakkel op die dop gedeelte, en dan totaal onder die prop kom, en nie by pomp uitkom nie

Ek moet eers hiervoor giggel   Lekker woordspeling. 
 

Die Geel sambreel het ‘n toepassing waaruit mens dienste soos wiel omruil kan bestel. Kry die toepassing en bêre die snotproppe Wessel. Hulle kon selfs vir Lapskag (of was dit Oom Len) gehelp het toe hulle battery gekalf het in Skukuza (as ek reg onthou). 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/03/2025 - 14:55

...en ek is juis onder die geelsambreel!!!. Ek wonder net hoelank sal mens moet wag vir so 'n diens, indien mens hulle kontak.

Maurits: vertel tog waar was jy gestrand was, toe die versekerings span kom help het  

0
Sandbaai

maurits

Thu, 20/03/2025 - 16:39

Tussen Swellendam en Riviersonderend. n Halfuur gewag. By Green Fountain farm naby Port Alfred ook n halfuur gewag. By Edenburg 45 minute. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/03/2025 - 17:36

Dis daai half, na 'n uur tyd, wat mens nie in ons omgewing het nie. 

Ek het geelsambreel se padnommer op my foon. Ek sal op omstandighede en omgewing hopenlik die regte besluit maak. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/03/2025 - 19:47

Dis daai half, na 'n uur tyd, wat mens nie in ons omgewing het nie. 

Sluit julself toe en wag op hulp met die skiet ding op die skoot. Dis dalk veiliger as om uit te klim en met die spaarwiel se afkatrol ens te stoei. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus