Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -4 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -12 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -13 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -14 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -16 hours ago

Die Hel

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek het hierdie vanoggend op FB raakgeloop en het gedink dit sal interessant wees vir van ons lede:

Die Hel

Koos van Zyl achieved a remarkable engineering feat by building the only road into Gamkaskloof ("Die Hel"), completing it in 1962 after nearly two years of grueling work. Before that, the valley was only accessible by foot or horseback. With just 12 labourers and a Allis Chalmers bulldozer, van Zyl carved a 37 kmroad into the steep and unforgiving Swartberg Mountains - a task many thought impossible. Battling sheer cliffs, treacherous switchbacks, and extreme conditions, they relied on dynamite, determination, and sheer grit to complete the project.

Ironically, the road led to the decline of the community, as easier access caused many residents to leave. By the late 1980s, Gamkaskloof was mostly abandoned. However, van Zyl’s road remains a testament to human perseverance and ingenuity, ensuring the valley’s story lives on for future generations.

Driving this legendary road is a privilege, offering a rare opportunity to experience nature at its finest. As you navigate its twists and turns, you are rewarded with spectacular views of the Swartberg Mountain Range, a landscape as rugged and breathtaking as the road itself. This journey is more than just a drive - it’s a step back in time, a tribute to perseverance, and an unforgettable adventure through one of South Africa’s most awe-inspiring landscapes.

Krediet:  Kevin Van Blerk 

https://www.facebook.com…

hel

Hel

Hel

Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/04/2025 - 08:05

Hoe ironies, dat 'n amerikaanse firma wat bull dozers produseer, ook die verskaffer was van die 20MW kernreaktor by Necsa. 

Die staan bekend as SAFARI-1, of dan Southern Africa Fundamental Atomic Research Installation nr1.

Dit het in laaste week van Maart sy 60 ste bedryfsjaar gevier nadat dit vir 1ste keer kritikaliteit bereik het.  

Hopenlik gaan ek so ietsie van die Swartbergpas en die Hel beleef in September.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 03/04/2025 - 08:59

Ek was in die laat 70's vir die eerste keer in Gamkaskloof (met 'n Ford Escort) om rosyntjie-produsente te besoek. Toe het daar nog enkelinge geboer, o.a. die Mostert broers. Ek was ook aan huis van Koot Cordier. Daardie jare was die pad nog gangbaar vir 'n sedan motor.

Sedertdien was ek 4 keer vir 'n dagbesoek daar om vir vriende en my kinders dié uitsonderlike plek te gaan wys. Die kloof self is, behalwe vir die gerestoureerde huisies en die pragtige Gamkarivier wat daar deurvloei, na my mening nie só besienswaardig nie - maar die pad daarheen (ingesluit die Swartbergpas wat jy moet ry om by die afdraai na Die Hel te kom) is nogal 'n belewenis.

Die laaste keer (November 2024) was die pad egter plek-plek in 'n haglike toestand nadat hoë reënval dit erg beskadig het. Sommige plekke het dit eerder na 4x4 omgewing gelyk, maar ons is daardeur. 'n Groot veldbrand het die kloof 'n paar jaar gelede getref. Die pragtige groot Karoo soetdoringbome is tot niet gebrand. Ook die kampeerterrein net soos wat jy die onderpunt, oftewel die ingang na die kloof bereik, het tot niet gebrand. Met ons terugkeer verlede jaar het daar intussen een van die doodgebrande bome oor die pad geval. Dit was nogal 'n storie om dit uit die pad te verwyder sodat ons kon uitkom. Dit was vier pikswart besmeerde mense daarna in die Hilux, maar ons is daaruit.

Na my voorlaaste besoek, toe ek my kinders daarnatoe vergesel het, het ek my voorgeneem dit sou my laaste besoek aan Die Hel wees. Maar ons het toe weer laasjaar 'n vriend en sy vrou daarnatoe geneem. Maar ek glo ek is nou klaar met Gamkaskloof.

Diegene wat nog nie daar was nie, kan hulself gerus die guns doen om hierdie bykans ikoniese rit te onderneem - mits jy 'n oor 'n voertuig met goeie grondvrye hoogte beskik.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 03/04/2025 - 23:04

Ons het einde 2023 Die Hel besoek. Daar was baie reens die tye vooraf, gevolglik het ons dit ook soos ChrisB ervaar....meer as n 4x4 uitdaging gevoel met al die rowwe klippe waaroor mens moet gaan. 

Dis n roete wat ek bly is ek het gedoen, maar het geen behoefte om dit weer te doen nie....daar is baie mooi natuurskoon in ons land met beter paaie. Ons het daar oornag....was n ervaring, maar niks wow's 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus