Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -6 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/04/2025 - 15:18

Sjoe, kan jy glo dis amper tyd vir julle langverlof.

Die volgende 4 maande is die wapad, ou Lady en Hilux julle woning. Onthou net die kredietkaart en skootrekenaarlaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 03/04/2025 - 15:53

... die Snomaster in die Hilux laai. Vir alle praktiese doeleindes is die Ou Lady se inhoud alles gelaai - klere en die hele "works". Nog eintlik net ons "toiletries". Die bande is vanoggend gepomp en die Hilux is opgevul met diesel. Die GPS en tru-kamera se monitor is op hul onderskeie plekke op die voorruit vasgemaak. Ten einde dit vinniger en makliker vir Saterdagoggend se vertrek te maak, is slegs die een agterste "steady" uitgedraai.

Môre word die galjoen, wat Saterdagaand saam met die Tzaneeners in Hartenbos gebraai word, gevlek en klaar gesout. En dan sit ons maar die vertrektyd en afwag.

Die Hilux lyk agterin soos 'n bakkie wat op pad is iewers in Afrika in. Gelaai tot bykans teen die dak.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 03/04/2025 - 16:12

Chris B, dit klink lekker, en as jou dag aanbreek is my dag om die draai.

Veilig ry met baie seeninge.

 

H

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/04/2025 - 16:44

...die dak!!! Ek verkies ook om so strokie oop te hou. Dan kan ek met binne spieël die wa sien. Ek hou dit dop om te monitor of wa nog plat[gelyk] loop. 

Ek sê netnou vir Marie, dit moet 'n vreemde gevoel wees om te weet oor paar dae los mens jou huis vir 4 maande agter.

Jis, julle moet dit geniet, en gesels tog maar hier gereeld. Veilig sleep.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 03/04/2025 - 20:47

Hi ChrisB, jy moet onthou, sou jy dalk vergeet het, dat in op Malalane en in Komatipoort by die kooperasie diesel in te gooi. Ook darem so 'n rapsie goedkoper as by die vulstasie. Net buite Komatipoort is ook 'n diesel depot met 'n goeie prys maar lyk vir my spookagtig en ek dink dalk te veel stof daar rond. Gaan kyk maar, maar ek dink die kooperasie gaan die antwoord wees. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 04/04/2025 - 08:00

Ek waardeer julle veilige reis- en lekker kuier wense. Ek hoop om môre teen hierdie tyd klaar gehaak te wees ten einde min of meer 08:00 weg te trek. Hierdie dag sal seker maar stadig verbygaan, maar ek is dankbaar dat bykans alle pakwerk is afgehandel.

Die beplanning is om môre by Ou Meul in Riviersonderend ontbyt te eet en 'n lekker vars brood te koop om saam met môre-aand se galjoenbraai te nuttig. Vis en brood (veral met appelkooskonfyt) loop mos hand aan hand - veral as dit nog vroulief se tuisgemaakte appelkooskonfyt is.

Gewoonlik is ons volgende stop by Heidelberg se Wimpy vir koffie. Maar met die oumens-regterboud wat my so opkeil, mag daar dalk meer stoppe tussenin wees om net die bene te rek. Ons het mos baie tyd tot ons beskikking - dus waarom die haas. Môre se skof is net meer as 340km.

Ai, vannag sleg geslaap met 'n nuwe stukkie ipekonders - 'n borspyn wat my alte bewus maak dat die ou lyf nie meer die van 'n jongman is nie. Dalk té beter dat ek nou hierdie lang trip onderneem. Jy weet nie wat voorlê t.o.v. gesondheid nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/04/2025 - 10:02

...lekker korrel druiwekonfyt op so 'n warm varsgebakte brood, saam met daai cholesterol vetterige galjoen??

NS: Ek sal die vis los en net brood en konfyt eet.laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 05/04/2025 - 05:54

... die afskopdag vir ons lang vakansie aan. Die wekker-radio het ons 05:30 wakker gemaak, maar nog nie heeltemal daarin geslaag nie. Gevolglik sit ek eers met 'n lekker groot beker koffie en  lees bietjie Netwerk24 totdat al die stywe gewrigte ook wakker is voordat ek my huisstort vir die laaste keer in 4 maande gebruik. Dan gou die paar koue goedjies in die Coleman pak, die enkele "steady" wat die wa stabiel hou opdraai en dan die N2 wat voorlê Hartenbos toe. Ek sal poog om sover moontlik my forummaters op hoogte te hou.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 05/04/2025 - 10:44

... om 'n lekker stil N2 te hê - seker maar omdat dit Saterdag is. Ons was té vroeg in Riviersonderend om al honger te wees. Ek het toe net 'n lekker vars "seed loaf" by Ou Meul bakkery gekoop vir vanaand se galjoenbraai. Toe maar deurgedruk tot Heidelberg waar ons gou 'n Wimpy brekfis geniet.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/04/2025 - 15:18

....groot kuier en galjoen braai vanaand???

Ek aanvaar jou kampplek is klaar ingerig, met elke ding op sy plek.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 05/04/2025 - 17:34

... was 12:30 hier in Hartenbos. Ons is opgeslaan en ingerig. Maar my mens - dit is 'n miernes van bedrywigheid hier met die skoolvakansie. Môre en oormôre vertrek die meerderheid en dan sal dit hopelik 'n bietjie stiller raak. 'n Klomp aangename jongmense regoor my maak tans musiek vir al hulle bure - gelukkig nie slegte musiek nie, maar nogtans.

Hieronder vertrek ons vanoggend by die huis.

Hartenbos

Ons staanplek.

Hartenbos

Ons uitsig voor ons stoeptent.

Hartenbos

Koelerig hier sedert die son gesak het.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/04/2025 - 19:56

....wys darem duidelik hoe waterpas staan daai wa agter die Hilux. Daai wa lyk nog splinternuut, seker omdat dit in 'n toe garage gebêre word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus