Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -52 minutes ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -1 hour ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -2 hours ago

Hoe sterk is 'n sleepding se onderstel

Irene
Submitted by Grootwind on
Forums

Van julle sal onthou van die geval 'n klompie jare terug toe iemand sy Isuzu D/K bakkie se onderstel net agter die kajuit deel van die bakwerk so effe gebuig het (knak is dalk 'n beter beskrywing). Die ou het probeer om Isuzu aan te vat maar sover ek kan onthou het hulle hom afgelag, klaarblyklik het hy die bakkie oorlaai en te vinnig deur/oor rowwe terrein gejaag. Ek onthou hy het die gebuigde bakkie vol plakkers en boodskappe geplak om die mensdom te waarsku hoe sleg Isuzu nou eintlik is...

In alle geval sien vanoggend 'n video hoe 'n persoon dit regkry om sy nuwerige Sjinese BYD Shark D/K bakkie se onderstel se vorm redelik te her-rangskik. Seker maklik om die geval te blameer op Sjinese kwaliteit en/of swak materiale, maar ek wonder darem wat dit sal neem om onse Fordjies, Toys of Tante Suzis so te verfomfaai? En of die uiteinde soortgelyk sou wees as een van ons dit ook probeer? Enige vrywilligers?devil

Die skakel na die BYD geval is hieronder:

https://youtu.be/VRKE6Gc…

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/04/2025 - 16:58

Ek het video gekyk, daai ou het moeilikheid gesoek. Weinig trokkies selfs Hilux Ranger ens., sou daardie stamp en sprong oorleef het.

Ek onthou die Isuzu geval, ene Mnr van der Merwe, het bakkie voor handelaar gaan parkeer met sy gebuigde bak.. Die bord het gelees----die k@kste 4x4 by vêrre!!

Ek het redelik vertroue in die leer-onderstel, van hetsy Ford, Hilux, Amarok. Ek is meer bekommerd oor die hegtingspunte van die laaibak aan die leer-onderstel. Ek het die goedjies al bekyk, en gewonder, hoe kan dit 750 tot 1000kg dra, sonder om te verwring. Gelukkig is die trekstang aan die onderstel vas, en nie gekoppel aan die laaibak gedeelte nie.

Ek het erens gelees dat mens verkieslik nie te swaar goed, heel agter by die klap moet pak/vervoer nie. Ek vermoed die gemiddelde kampeerder pak "volume" op sy bakkie, en nie soseer gewig nie.

Ek het wel verneem dat die Hiluxe, wat op die oopgroef myne gebruik word, ook vervormde komponente opdoen. dit het sekerlik maar met terrein en ruiter kombinasie te doene 

  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 14/04/2025 - 17:22

Verlede jaar het 3 Franse met ń dubbelkajuit Hilux Parys, in Frankryk,  na Kaapstad gery. Het daagliks vorderingsverslag op YouTube gesit. Baie interessant. Die Hilux se onderstel het morsaf gebreek net agter die kajuit langs die pad. Alhoewel ń Kaapse handelaar vir hulle ń nuwe bakkie gratis wou stuur, het hulle die een laat sweis. 

Die BYD op Beer o,clock Hill het ń moerse slag met die grond getref  na ń diep gat. Te vinnig gewees, wou lyk my oorspring. Ek kyk die Beer o,clock gereeld, en selfs Unimogs en hardebaard 4x4 Jeeps sukkel by die spesifieke plek. Min rygoed kom bo uit, en dan meestal net die met baaie diff locks.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/04/2025 - 17:49

mens kan jou eie vinger in jou eie blaker ook afbreek.laughdevil

Ek verstom my aan wat mense met hulle 4x4 trokkies aanvang, en dat die trokkies dit meestal oorleef. Beer O'clock is voorbeeld van gesegde, of nie???

0
Worcester

Wildehont

Tue, 15/04/2025 - 10:21

Ek kan nie sê ek voel jammer vir die knaap in die video nie. So vermaaklik soos dit mag wees om te kyk hoe ander ouens daar probeer op ry, sal ek nie my voertuig so mishandel nie. Dalk het ek oud geword, maar ek het nie meer lus vir sulke toertjies nie. Stadige 4x4 om by ‘n mooi plek soos Moon River boskamp uit te kom ja. Teen daardie heuwel opjaag? Nee dankie.

Iets wat moontlik kon bydra tot die Shark se skade, is die vinnige versnelling. Ek dink nie enige diesel bakkie sou naastenby so vinnig van stilstaan af daar kon uit nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/04/2025 - 10:28

....geld vir 4x4 voertuie ook. Ek stem saam met Chris S, 'n lekker 4x4 om by mooi plekke te kom, is 'n groot voorreg. 

Dink maar aan plekke soos Baviaanskloof, Richtersveld, NamakwaNP, Botswana as voorbeelde. Ek ken heelwat manne en maninne wat darem verskeie kere rowwe paaie gaan verken het, en ongeskonde daardeur is. 

O ja, dan nog rowwe plekke soos Tsendze, Balule en MokalaNP ook ooklaughlaugh 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 15/04/2025 - 11:25

Dalk is die vervrommeling deel van BYD se veiligheid??  Die wal is teen so ń hewige tempo getref dat die herwinnings haakplek teruggestamp is, en so die onderstel laat vou het.

Die Hilux waarna ek verwys wat, Edna, se onderstel was glo redelik geroes en het glo bygedra tot die breek. Google Edna broke in half vir videos. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/04/2025 - 12:38

Ek het so geloer na Edna. Dit lyk vir my of die leer-onderstel nog reg was. Dit wil voorkom of die bak losgekom het van die leer onderstel.

Die bak is gemonteer met dwarssporte aan die 2 bene van die leer. Dit is na daardie hegtingspunte wat ek gister verwys het. As die voorste dwars sport loskom, sal die bak verander in 'n tipbak.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 15/04/2025 - 13:27

Verstaan nie jou verduideliking nie Wessel.  Is As jy mooi loer  sal jy opmerk dat die agterste buffer deel van die wippery is, wat sekerlik aan die onderstel vas is?

Dit wil my voorkom of die voorste boute waarna jy verwys het uitgeskeur het, maar is nog vas aan die agterste deel van die onderstel.

Dit blyk verkeerd te wees waar beweer word dat die onderstel agter die kajuit afgebreek het, dit lyk meer na by die veer se agterste shackles. Weet nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/04/2025 - 13:48

Jy mag korrek wees, ek het na 'n statiese "snap shot" gekyk, en my mening gevorm.

Dit laat ons weer by die vraag;

hoe swaar word 'n bakkie se laaibak en hegting belas met "over landing"? Die kappie, daktentte, toerusting, gasbottels, water, koel/vrieskaste en wat nog??

Dis g'n wonder dat selfs die Cruisers van Voetspore se veerstelsels so opgradeer word nie. Ek onthou dat met 1ste toer in Suid Amerika, hulle ook een Cruiser se bak-hegpunt by 'n myn laat herstel, met baie sweiswerk, het.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus