Die.... sal die derde probeerslag wees om die gesels te begin. Net sodra ek reg is, en begin ń foto bysit, sê dit. This site can not be reached, en gooi als weg.
Haar nege lewens was seker…
Haar nege lewens was seker nou opgebruik. Jammer oor julle hartseer.
Sterkte Neef, dit bly maar …
Sterkte Neef, dit bly maar 'n hartseer ding om te doen....die maand 'n jaar sedert ons Labbie ook so 'n pad moes stap...en ons mis haar steeds.
Baie jammer om te hoor…
Baie jammer om te hoor. nooit lekker nie.
Reality is setting in
Ons beplande laaaang vakansie raak nou baie naby. Ons het nog so paar goedjies in die huis wat ons nodig het maar volgende week sal alles in die stoor wees en sal ons dan in ons karavaan binne in die motorhuis bly tot ons die 22ste April vertrek. Ons sal slegs die badkamer en kombuis in die huis gebruik. Nogal 'n emosionele tyd na 25 jaar se bly op een plek.
Episode 2
Nou ja, maadag is ons hopelik op pad vir die 7 dag kuier in die Karoo N Park. Ouma pak vir ń vale, My deel is vanoggend afgehandel.
Intussen is Jurgie al Woensdag werf toe gebring, die paadjie vanaf sy afdak tot hier is bitter glad as waneer nat is, selfs ń trekker sukkel by ń draai. En toe reen dit van Woensdag middag af tot Vrydag oggend. So was ń goeie besluit.
Gister middag toe ons van die dorp af terugkom, lyk Jurgie te naar vir woorde. Die staanplekkie hier vir hom is onder ń Wilde Olyf waarvan die bessies nou net ryp geword het. Pers Bessie's. Die muisvoëls, wat mal is oor die Bessie's, vreet en tjorts so pers gom uit wat nogals vasklou. En daar kos dit my leer gaan kry vanoggend en shampoo ou Jurgie weer skoon. Twee ou lakens oor die dak ge drapeer.
Geniet dit Neef
Lekker kuier saam met Armond daar in die verbode areas (vir ons gewone siele). En daai "smiley" wat mos ook op die spyskaart is. Ons wag vir terugvoering en foto's.
Herman...
....julle moet daai 7 dae geniet, skaapkop en al.
Dan is daar nog die rowwe afgeleë deel van park wat julle gaan verken. Die 7dae gaan te min wees.
Ek wonder skielik of Yvonne en Marie kontak het, waarvan ons nie weet nie. Hier word ook bykosse berei, asof vleis en brood onvoldoende is. Mens sal amper dink hulle wil met Geert en Chris B, kosmaak gewys kompeteer.![]()
Ons tempo is ook gestadigd, die groot goed is gelaai. Nou nog klere, kosmetiek, flitse kameras en vêrkykers.
Ek gaan maar 2-stroke olie by die diesel gooi, net dat Grompie die bulte glad kan uitdraf![]()
Koebaai Neef Herman
Die uitstel was lank, maar uiteindelik het die tyd aangebreek. Julle het so 'n pragtige pad om te ry (praat van Meiringspoort) dat dit net lekker kan wees vandat die wiele begin rol. Geniet die Karoo-vakansie!
Herman,..............
...............lekker kuier daar in ons geliefkooste plek en stuur tog vir ons fotos, veral van die Karoo-vlaktes wat nou skielik met die baie , buitengewoon reën gekry het. En van julle kampopset waar julle Jurgie staan gemaak het.
Veilige reis vir julle.
Dankie Len. Met Von se…
Dankie Len.
Met Von se inpak, ek wou sê volprop, sê ek vir haar, kan jy nou dink as ons ń Exclusive soos Annatjie het, hoeveel jy sou inpak... Jy sal nie glo wat als in die waentjie se binneste wegraak nie. As sy die lees... het ek moeilikheid.
Ons is klaar gepak, sit op die stoep en ontspan met ń wittetjie en ys. 8uur in die kooi. 9uur môre oggend is ons op pad. Giep aflaai in Oudtshoorn, en dan 13h00 inklok by Karoo.
Die Park webwerf wys dit is stampvol. Sal moet voor in die tou wees vir ń lekker staanplek. Ag almal is goed, party is net meer ons voorkeur.
Dinsdag is dit skaapkop !!! …
Dinsdag is dit skaapkop !!! Gaan my knipmes nou uitkrap en inpak. So rowwe Opinel plaasmes, net reg vir wangbene afskraap.
Die vêr dele gaan ons lyk my nie by uitkom die trip nie. Armond en familie moet Donderdag Kaapstad toe.
Blykbaar het die leeus gisteraand net buite die kamp iets platgetrek.

Vanaand is dit skaapkop. …
Vanaand is dit skaapkop.
Stuur Armond vanoggend die foto om die lus aan te wakker.






Vanoggend weer by veearts…
Vanoggend weer by veearts. Sassy daar gelos, hy wou onder narkose ondersoek. Bel so uur later, sy het lewerversaking. Aan die slaap gesit.
Die groot hartseer...