Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -29 minutes ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -31 minutes ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -37 minutes ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -38 minutes ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -39 minutes ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago

Len se storie

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Goeie môre Kampforum-maters !

Dis seker tyd dat ek 'n bietjie van my laat hoor en daarom hierdie geselsie.  Ek weet dit is ou nuus dat ek en Annatjie noodgedwonge ons lewensstyl moet aanpas na 'n karavaan-kamp leeftyd van 56 jaar.  Dit was 'n moeilike besluit om te neem, maar in aggenome Annatjie se gesondheidtoestand was dit eintlik 'n besluit wat vir ons geneem is en ons gaan daarby aanpas.  Annatjie is nou weer in haar 9de week in die hospitaal en sedert Kersfees 2024 was sy in totaal 190 dae gehospitaliseer.  Sy is uiters swak en kan nie eers self op haar hospitaalbed draai of beweeg nie.  Haar verstand is uiters skerp en sy praat darem weer normaal, maar soms tree 'n bietjie verwarring in.  Die infeksie en pyn in haar liggaam word veroorsaak deur 'n abses in haar rugmurg wat nie verwyder kan word nie omdat sy nie 'n operasie sal kan deurstaan nie.

As haar infeksievlak teen môre (Maandag) nie gestyg het nie, sal sy moontlik Dinsdag ontslaan word om per ambulans na die versorgingseenheid ("frail care") by die aftree-oord in Durbanville waar ons 'n huis gekoop het, oorgeplaas te word. Ek het reeds vir haar 'n enkelkamer in dié eenheid  gereserveer. Ons huidige huis word verkoop en ons trek formeel na die nuwe huis in die aftree-oord 'n bietjie later. Ek reël tans met die ambulans-mense om Annatjie eers op hul trollie-bed deur ons nuwe huis te stoot sodat sy kan sien wat ek gekoop het en daarna sal hulle haar op die trollie-bed na haar eie kamer in die versorgingdsoord, net oorkant die nuwe huis, stoot en daar besorg.

Gegewe die voormelde verwikkelinge, het die tyd ook aangbreek dat ek die punt van my hart vir die afgelope 20 jaar moet afskeur, en ons Jurgens Exclusive karavaan moet verkoop. Slegs twee potensiële kopers het kom kyk waarvan die eerste se finansiering eers einde November beskikbaar sou wees terwyl die tweede "kom-kykers" onmiddellik die wa gekoop het deur 'n 50% deposito neer te sit en die ander 50% word teen Vrydag betaal. My troos is dit is dierbare, ook bejaarde kampeerders wat die wa gekoop het en van hul "motorhome" ontslae geraak het - hulle wil minder toer en meer kampeer en soek ook die eie badkamer.

Omdat ons in die aftree-oord net een motorhuis het, het ek ook ons Merc (die ander punt van my hart) verkoop en behou net die Pathfinder.

Nouja, dis my storie tot dusver.

Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Sun, 21/09/2025 - 09:39

Goeiemôre Len,

Baie hartseer om te verneem van julle situasie. Ek is egter bly dat jy steeds kon planne maak vir 'n volgende fase in die Loader familie se leefwyse.

Ons hoop en bid dat dinge tot so 'n mate kan verbeter dat Moeder op 'n stadium weer by jou sal kan kom intrek en dat julle die laaste trek saam kan aanpak.

Ek besef die verkoop van die Exclusive en jou Platkar moes ook maar traumaties gewees het soos met almal van ons wat besef die karavaanlewe is 'n fase wat tot 'n einde moes kom.

Sterkte op die pad vorentoe en soos ek deesdae vir Makkers sê "ek sak nog innie skrum - maar ek druk nie meer so hard nie"

Groete - André en Magda Smit

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 21/09/2025 - 11:05

... dankie vir die "op hoogte bring". Sterkte vir die pad vorentoe.

Ek is bevrees dat my kampeerdae ook einde se kant toe staan - indien dit nie reeds bereik is nie. Ralie sit met sodanige gesondheidprobleme dat ek bevrees is dat ons dae van kamp dalk ook verby is. Ek was verplig om reeds ons 3 weke in Karoo Nas Park gedurende Oktober te kanselleer - asook ons Nov/Des maandlange besoek by Dwarswegstrand. My beplande boottrip in April is waarskynlik ook van die baan - en dit blyk dat ek my volle deposito sal verbeur.

Daardie geykte ou sêding dat ouderdom nie vir sissies is nie, blyk baie waar te wees.

Intussen geniet ons ons ver kinders se kuier hier by ons - ongelukkig snel die tydjie (tot 30 Sep) nou vinnig te einde.

Jammer dat ek nou Len se gesprekslyn met my eie probleme besoedel, maar dit pas nogal bymekaar.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 21/09/2025 - 11:46

Dit is met 'n swaar gemoed dat ek lees van Len en Annetjie asook Chris en Ralie se besluite wat geneem moet word en is tog dankbaar dat dit vir geliefdes gedoen word. Is bevoorreg om beide gesinne te kon ontmoet het. 

Len - sterkte vir wat voorlê vir jou en Annetjie. 

Chris en Ralie - glo dat ook vir julle die regte pad voorentoe sal verloop.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 21/09/2025 - 17:49

Is nie lekker om van sulke nuus te moet lees nie, maar is seker op elkeen van ons se paadjies. Sterkte aan julle almal

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 21/09/2025 - 19:48

Sterkte Oom len.

 

Hallo Chris B.  Sterkte vir julle ook.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 21/09/2025 - 20:05

Die Loaders en Bouchers

Sterkte vir julle pad vorentoe, dit klink nie na ‘n maklike een nie. As mens oud genoeg raak wag dit seker op jou, maar nie almal raak oud genoeg nie. 
 

‘n Vriend vertel my gister van ‘n vriend van hom wat ek jare gelede ontmoet het by ‘n braai by my vriend se huis. Sy vriend is eergister oorlede op 55. Hy het Hodgkins se siekte gehad. Sy ma is ook oorlede weens dit. Dokters het hom net tot 40 gegee, maar hy het homself fiks en gesond gehou tot die siekte hom oorrompel het. 
 

Niemand weet hoeveel sonsondergange jy gegun gaan word nie. Gelukkig is hulle wat elkeen ontmoet het met die beste benutting van die ure wat dit voorafgegaan het. Daarin is die Loaders en Bouchers vir my ‘n voorbeeld. Eg het elke geleentheid wat hulle kon aangegryp en lg ewenwel. Om met sulke herinneringe op die aftree oord se stoep te sit is ‘n seëning. 

0

Sterkte vir julle oom Len.

Die is versker nie 'n maklike tyd vir julle nie, maar die ligpunt is julle het nog mekaar, wat aansienlik meer werd is as enige aardse besittings. Ek weet.

Soos Wildehond skryf, "Niemand weet hoeveel sonsondergange jy gegun gaan word nie" so maak die beste van elke een wat jou wel gegun word.

Ek bid vir julle in die tyd.

Jaques

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 22/09/2025 - 20:34

Hierdie klink vir my na baie slegte nuus. Ek kan dit noem as 'n voorreg wat ek en Nellie gehad het om laas jaar saam Len en Annetjie in hulle laaste wildtuin reis, saam kon braai en lekker ontbyt kon maak. Dit sal vir altyd in my gedagtes bly. Sterkte vir die Loaders wat klaar besluit het en ook sterkte vir die Bouchers met hulle besluitneming vir die toekoms. Was 'n groot voorreg om saam julle ook te kon kamp. Mens weet nooit, dalk weer eendag. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/09/2025 - 06:04

Ek wil net byvoeg;

ek vertrou dat die nuwe omstandighede en woon omgewing sommer gou vir julle gemaklik en aanvaarbaar sal wees;

dat daar mettertyd 'n omwenteling met Annatjie se gesondheid sal kom;

daar kom 'n tyd vir ons almal om af te skaal, en van aardse goete ontslae te raak. Gelukkig het jy nog vir Annatjie en die kinders [groot en klein] sommer naby.

Ek het ook die voorreg gehad om julle in persoon te ontmoet, en sal graag wil sien dat jy tog in die toekoms op die forum betrokke bly. 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 29/09/2025 - 05:09

In aansluiting by my plasing van verlede Sondag, hier is die nuutste nuus vir die wat belangstel :-

Ons verkoopte Exclusive is gistermiddag afgehaal en het ons perseel permanent verlaat.  Dit was 'n wonderlike karavaan wat vir 20 jaar deel van my en Annatjie se lewe was, met fantastiese herinneringe as nalatingskap.

Ons planne om Annatjie vandag per ambulans oor te plaas na ons gekose aftree-oord het intussen skipbreuk gelei.  Annatjie het in die vroeë oggendure van Saterdag 'n massiewe beroerte-aanval gehad en is tans in 'n diep koma. Volgens haar internis sal sy nie weer wakker word nie, die beroerte was net te groot.

Jammer, ek wou nie Kampforum met sulke nuus besoedel nie, maar so baie van ons kampmaters het die afgelope twee jaar meelewing met ons situasie getoon dat ek dit goed gedink het om van die huidige situasie te laat weet.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/09/2025 - 06:27

...ek is stom geslaan deur jou woorde" nie weer wakker word nie".

Ek bid jou toe die vertroosting en wysheid met besluitneming wat net die  Almagtige Vader kan bied.  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 29/09/2025 - 07:15

Baie jammer vir jou en die familie om sulke nuus te hoor. Sterkte vir julle. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/09/2025 - 07:59

Oom Len, ek is baie jammer om die aaklige nuus te lees. Oom is in my gebede in die bitter moeilike tyd. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 30/09/2025 - 07:27

... met Annatjie se heengaan. Watter groot voorreg was dit nie om julle twee by meer as een geleentheid te kon raakkamp nie. Sterkte vir jou (Len) en jou geliefdes. My dank aan Sarinda wat ons op hoogte gehou het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus