Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -9 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -9 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -10 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -10 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -10 hours ago

Len se storie

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Goeie môre Kampforum-maters !

Dis seker tyd dat ek 'n bietjie van my laat hoor en daarom hierdie geselsie.  Ek weet dit is ou nuus dat ek en Annatjie noodgedwonge ons lewensstyl moet aanpas na 'n karavaan-kamp leeftyd van 56 jaar.  Dit was 'n moeilike besluit om te neem, maar in aggenome Annatjie se gesondheidtoestand was dit eintlik 'n besluit wat vir ons geneem is en ons gaan daarby aanpas.  Annatjie is nou weer in haar 9de week in die hospitaal en sedert Kersfees 2024 was sy in totaal 190 dae gehospitaliseer.  Sy is uiters swak en kan nie eers self op haar hospitaalbed draai of beweeg nie.  Haar verstand is uiters skerp en sy praat darem weer normaal, maar soms tree 'n bietjie verwarring in.  Die infeksie en pyn in haar liggaam word veroorsaak deur 'n abses in haar rugmurg wat nie verwyder kan word nie omdat sy nie 'n operasie sal kan deurstaan nie.

As haar infeksievlak teen môre (Maandag) nie gestyg het nie, sal sy moontlik Dinsdag ontslaan word om per ambulans na die versorgingseenheid ("frail care") by die aftree-oord in Durbanville waar ons 'n huis gekoop het, oorgeplaas te word. Ek het reeds vir haar 'n enkelkamer in dié eenheid  gereserveer. Ons huidige huis word verkoop en ons trek formeel na die nuwe huis in die aftree-oord 'n bietjie later. Ek reël tans met die ambulans-mense om Annatjie eers op hul trollie-bed deur ons nuwe huis te stoot sodat sy kan sien wat ek gekoop het en daarna sal hulle haar op die trollie-bed na haar eie kamer in die versorgingdsoord, net oorkant die nuwe huis, stoot en daar besorg.

Gegewe die voormelde verwikkelinge, het die tyd ook aangbreek dat ek die punt van my hart vir die afgelope 20 jaar moet afskeur, en ons Jurgens Exclusive karavaan moet verkoop. Slegs twee potensiële kopers het kom kyk waarvan die eerste se finansiering eers einde November beskikbaar sou wees terwyl die tweede "kom-kykers" onmiddellik die wa gekoop het deur 'n 50% deposito neer te sit en die ander 50% word teen Vrydag betaal. My troos is dit is dierbare, ook bejaarde kampeerders wat die wa gekoop het en van hul "motorhome" ontslae geraak het - hulle wil minder toer en meer kampeer en soek ook die eie badkamer.

Omdat ons in die aftree-oord net een motorhuis het, het ek ook ons Merc (die ander punt van my hart) verkoop en behou net die Pathfinder.

Nouja, dis my storie tot dusver.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/11/2025 - 07:05

... om van jou te hoor Len - en veral dat dit klink of dit goed met jou gaan.

Jy spreek ons aan om te gaan kamp, maar die Bouchers sal waarskynlik nie weer voor 2026 gaan kamp nie (indien wel). Gesondheid hou ons ook maar 'n bietjie terug, maar ons het nog vele om voor dankbaar te wees.

Ralie ervaar maar daagliks rugpyn wat, volgens die spinale chirurg, toegeskryf word aan haar gevorderde stadium van osteoporose. Ekself het Donderdag 'n kolonoskopie ondergaan - wat "skoon" gewys het behalwe vir 'n paar poliepe in die dikderm wat terseldertyd verwyder is en weggestuur is vir ontleding. Ek gaan egter môre vir 'n sonar van die onderbuik omdat die chirurg 'n bietjie kopkrap oor 'n erge pyn wat ek ervaar as hy my daar druk - wat klaarblyklik nie veronderstel is om so te wees nie.

Andersins voel die ou minstens gesond. Ek gaan nog voort met my vleis-"vretery" (vandag presies 4 weke sedert ek begin het) en het reeds 8kg afgeskud - en dit wil voorkom of ek my suikerprobleem omgekeer het met 'n 14-dag gemiddeld van 5.5. En die lekkerste van dié manier van eet is dat ek geensins op 'n hongerly dieet is nie. Ek eet tot ek versadig is. Ek trek alreeds 'n kledingstuk of twee aan wat vir jare ongebruik in my kas gehang het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus