Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -4 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -12 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -13 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -14 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -16 hours ago

Weskus roetes - Pieter Osthuizen

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Goeie dag Hennie Ek is baie onkundig met hierdie soort van forums. Ek is maar bang om te vra dalk is ek op verkeerde plek. Ek en my vrou is reeds jare al afgetree maar wil nou die weskus vanaf Lambertsbaai tot Alexanderbaai so na as moontlik aan die see ry. Ons kamp nie moet dus in dorpies / gastehuise oornag. Ek het wel n' 4x4 SUV maar is alleen. Wie kan my dalk help met die roete sodat ek nie verdwaal nie. Ek sal hulp baie waardeer. Groete Pieter Oosthuizen 0832261711

Ek het die volgende epos navraag gekry van Pieter Oosthuizen. Ek glo die ander navraag kan ook die nodige inligting voorsien. 

Pieter, baie welkom en jy hoef nie bang te wees om te vra nie. Ek glo jy sal die regte inligting ontvang.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 22/01/2024 - 10:27

Anton is seker die lid wat die meeste en die mees onlangste daardie deel van die Weskus verken het. Hy sal dus moet help. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/01/2024 - 12:27

Ek vermoed dat jy  jou roete hetsy naby die see, waar moontlik en ook binneland moet beplan met die volgende as uitgangspunt;

1] waar sien jy kans om met jou 4x4 SUV te ry? Is jy ervare genoeg en is jou 4x4 geskik vir daai roetes, veral as julle alleen wil gaan.

2] waar kan jy verblyf kry via Lekkerslaap byvoorbeeld.

As ek so na my padkaartboek kyk, is daar maar min dele waar jy langs die see kan beweeg [geen paaie].

Ek het onlangs blomme toer gedoen en dus hoofsaaklik N7 gery. Springbok het baie B&B's. Kamieskroon by Kroon Lodge het lieflike oornag geriewe 

Dalk moet Pieter noem waar hulle woonagtig is, en ook hulp vandaar benodig.

Hennie: Gaan Pieter hier self lees en navraag doen, of word gesprekke deur jou herlei?

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 22/01/2024 - 13:02

Hennie: Gaan Pieter hier self lees en navraag doen, of word gesprekke deur jou herlei?

Wessel, ek glo hy sal dit self lees. Ek het gesien hy was vroeër aangeteken met die naam "Pietoos ". Ek het die epos via kampforum navraag gekry.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 23/01/2024 - 12:36

Die enigste roete wat ek onthou is Gharies af vannaf N7 en dan grondpad tot in Hondeklipbaai.  Van daar is dit weer grondpad noordwaarts tot by Kleinzee en dan Port Nolloth.    Van Port Nolloth tot Alex is teerpad.      Dele van die kus is toe vir die publiek.   Gaan maak 'n draai by Noup plaas en bly daar oor in Chalets en verken 'n paar wrakke langs die kus. - halfpad tussen Hondeklip en Kleinzee.

Suid van Hondelklip is Groenriviermond , maar mens kan nie kuslangs vannaf Strandfontein daarheen ry nie.   Dit is dus N7 tot by Gharies.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/01/2024 - 13:26

Middag Pieter

Jy moet asb saamgesels, oor julle beplanning. as ons weet waar jy woonagtig is, kan ons raad aanbied met oorslaapplekke oppad Weskus toe ook.

Van Strandfontein tot Lambertsbaai is daar 'n grondpad langs die Sishen-Saldana treinspoor, styf teen die see, maar êrens moet mens 'n permit koop om die pad te gebruik. Van my vriende moes omdraai omdat hulle sonder 'n permit gery het.  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 03/10/2025 - 12:43

Met ons reis Desember 2025 na Namibië is ek nie lus om weer oor Upington te ry nie. 

Volgens "Google Maps" is die vinnigste roete Weskus om alhoewel daar nie juis 'n verskil met die Upington roete is nie.

My beplanning is Sedgefield, Robertson, Worcester, dan met die R43 oor Wolseley en R46 na Porterville, R365 en aansluit by N7.

N7 tot by Vioolsdrif waar ons wil oorslaap. Dan die pad wat ek ken na Grunau, Keetmanshoop, Mariental waar ons gaan wegdraai na Stampriet op die C20 na Aranos en C22 na Gobabis.

September verlede jaar was die pad tussen Stampriet en Gobabis nog so 50km grondpad. Behoort nou klaar geteer te wees.

Ken gladnie die pad van Worcester na Vioolsdrif nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 03/10/2025 - 13:22

Ken gladnie die pad van Worcester na Vioolsdrif nie. 

Ons het al twee keer van Worcester tot by Vanrhynsdorp gery. Ons ry DV môre weer daardie roete, maar die keer draai ons nie weg Calvinia toe nie. Dis ‘n skaflike roete. Effe op en af tussen Porterville en die N7, dan Piekenierskloof pas. 
 

2020 het ons oor Springbok terug gekom van Augrabies af. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/10/2025 - 13:25

middag, Chris s moet maar detail gee oor beste roete van sy dorp na die N7 toe. As jy eers op die N7 is, is dit maar berg op en af, amper tot by Springbok. As jy nie woonwa sleep nie, gaan dit jou nie pla nie. 

Dis mooi landbou omgewing tot by VanRhynsdorp, waarna dit na dorre Namakwa omgewing verander.

Lekker oorslaapplek is Kroon lodge op Kamieskroon. Dis 'nnmoerse ent van Sedgefield af tot by Vioolsdrif, of nie???  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 03/10/2025 - 13:31

Dit is 'n baie lekker pad Jan. As ek saam met my seun Hentiesbaai toe ry, ry ons gewoonlik via Stellenbosch tot Malmesbury, waar ons by die N7 aansluit. Maar my buurman ry redelik gereeld Springbok toe (sy kinders woon daar) en hy ry die Worcesterpad.

Toe ons verlede April saam met ons ver kinders Kgalagadi en Namibië toe is, het ek ook besluit om die Worcester/Porterville-roete te ry. Ek sal nie weer 'n ander pad ry nie. Ons het net tot Vanrhynsdorp op die N7 gebly, want ons het via Calvinia/Brandvlei/Kenhardt Kgalagadi toe gery. Maar die hele N7 is in 'n uitstekende toestand.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 03/10/2025 - 14:30

Dankie almal vir die inligting en gaan dus daardie pad ry. Omdat ons nie daardie deel ken nie wil ons van die geleentheid gebruik maak.

Hêt al van Ais Ais deur die Rigtersdveld gery na Lüderitz.

Ons sleep nie en wil net 'n ander deel van  Suid Afrika sien waar ons nog nie was nie.

Wessel - dit is 1018km van Sedgefield tot Vioolsdrif en ons beplan nog 'n oornag plek tussen in. Ons wil in Vioolsdrif oorslaap dan is dit so 848km Gobabis toe. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/10/2025 - 14:42

Van Worcester af neem die R43 rigting Ceres, dan deur Wolseley na die R46 rigting Tulbagh, deur Nuwekloof pas, dan regs op die R44 deur Porterville. Daarna word dit die R365 tot op die N7. Van daar af tot Garies het ons verlede week gery - tussen die R364 en Bitterfontein in beide rigtings. Die pad is oorwegend in ‘n puik toestand. Hier en daar ‘n effense insinking maar dis minimaal. Onthou om by Trawal te stop vir biltong.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus