Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Wildekus Wessel

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Dis 'n deel wat ook my aandag trek. Ongelukkig val 'n groot deel in die voorheen genaamde tuislande. Dit laat nog altyd gevaarligte vir my flikker.

Ek sal nog die dele;

1]tussen PE en Port Alfred  

2] Hamburg tot Keimond

oorweeg en as veilig beskou.

Van Keimond tot by Port Edward sal ek totaal vermy. Dalk as ek in 'n groep toer, maar alleen nie sommer nie.

Dit is jammer dat die mooiste dele van die land, in haglike omstandighede verval het. Soos iemand onlangs teenoor my genoem het, selfs om/in Oos London is daar weinig woonwaparke oor waar mens met veiligheid en netheid kan kampeer.

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 28/01/2026 - 22:22

Alhoewel ek bitter graag nog die Wildekus wil besoek klink dit nie na iets wat mens met net een voertuig en sonder onlangse roete inligting moet aanpak nie. Dit klink of mense wat weet waarheen om te gaan en hoe om daar uit te kom heerlik daar toer, maar ook asof jy minder aangename ervarings kan opdoen uit onkunde. Hier is ‘n onlangse gesprekslyn op 4x4community ter inligting. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/01/2026 - 08:58

....ek kan nie so rondspring tussen al die lekker gesprekke nielaugh

Kry nie kans vir wasgoed, skottelgoed en nog ou Grompie se skoonmaak so saam met kampforum nie.blush

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus