Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... November 2026 Wessel Strydom -33 minutes ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -40 minutes ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -46 minutes ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Kaap

Goeie Hout

Sat, 21/11/2026 - 11:00

Goeie more almal.  Ek het weer raad nodig asb.

Zuzie het materiaal sitplekke opgehad.  Toe sit ons 4x4 materiaal sitplekke oor dit om mors te beperk.

Nou het Onderok leer sitplekke.  Wat se die geleerde manne.  Kan ek daardie 4x4 matriaak sitplekke oor leer sitplekke oor sit.

Vra maar net raad van die geleerde meesters en die blou bul.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 21/11/2026 - 11:17

Met ons nuwe reënmeter in plek was daar vanoggend die eerste lesing! Gedurende die nag 17mm gehad. Saam met die reën van 'n paar dae gelede is dit nou heerlik nat. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/11/2026 - 12:03

Dis darem nou fyn brag, nê!! Leersitplekke bedek 'n mens nie. Wel, ek sou nie.

Ek het in my Isuzu leersitplekke gehad, 13 jaar gehou sonder probleme. Effense krakies waar die KBB [kort blaker brigade] in/uit skuur, was die enigste skade.

Dit het goed gewerk om my spannetjie groot te maak, omdat 'n klam lap so lekker skoonmaak. Daar is ook 'n produk Wynn's Leathercare waarmee ek nounog my sitkamerstel gereeld invryf/aansmeer. Dit hou die leer lekker soepel en gevoed.

My Ford Territory het ook leerbekleedsel gehad, na 10 jaar ook geen slegplekke nie.

Ek was maar net versigtig vir die Allie kam in gatsak, die klinknaels in 'n Jean, en hard gestyfde opgeslaande hempskrae,sulke goete kan krapmerke laat. 😁😁

Waarskuwing: 

1] Leersitplekke kan lekker brand, as die son daarop geskyn het, soos by parkeerplekke.

2] Hou eerder nat/klam see-baaibroeke af van die leer, sit op 'n handdoek. Anders gaan jy Leather care aansmeer. Aan die sitplekke met grootmense, aan die blakers met kleinkinders.😁   

.  .   

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/11/2026 - 12:09

Die ironie is komies;

Die water tenkwa  in Waterkloof.

So jammer om van jou probleem te hoor, alles dui daarop dat julle nie 'n DA burgemeester gaan hê nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/11/2026 - 12:16

...lekker om van jou te verneem, al is dit nou om ons te vermaak met die voordele, gerief en genot om in DA-land te bly. 

Ek wil liewer nie politiek bespreek nie. Ek kan nie glo wat die president alles opdis aan 'n intellektuele gehoor in Silicon Valley nie. Iemand moes hom vooraf gewaarsku het dat in daai geweste die meerderheid persone oor meer as 'n 30% slaag syfer beskik.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus