Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -9 minutes ago
Water November 2026 Geert -1 hour ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -3 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

April saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Gehoop die diesel verhoging is n April grap, maar lyk my nie so nie. Lekker van hierdie maand is dat ons eerste fotos weer kan verwag van Wildtuin trippies deur ons forum lede. 1ste op die lys is Rona....behalwe as mnr Boucher Pretoria per ongeluk tog mis rylaugh

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 01/04/2026 - 08:52

Wat is jul gevoel oor die idee dat diè met die ou EB lisensies moontlik ook nou die huidige toets sal moet aflê om karavaan wettiglik te mag sleep?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 01/04/2026 - 10:05

diè met die ou EB lisensies moontlik ook nou die huidige toets sal moet aflê om karavaan wettiglik te mag sleep?

Dis bog. As daar ‘n E voor jou kode staan mag jy sleep. Gaan ek beboet word as ek sleep en ek die E gekry het voor die afsnydatum? Dis nou net weer ‘n geldmaak storie. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 01/04/2026 - 10:22

Is net weer n manier om geld te maak. Aan die positiewe kant,  sal party mense dalk leer hoe om reg te sleep en agteruit te kan stoot ook. Gaan dieselfde pad stap as die wapen lisensie.

Hulle moet eerder publieke lisensie toets jaarliks I bring vir die taxi bestuurders wat mense doodmaak. Karavaan slapers ry dalk te stadig na hulle sin en gaan net vakansie hou. smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/04/2026 - 11:39

Chris s se vooruitskatting het my genoop om gou 'n skatting te maak van dieselkoste vir ons Baviaanskloof toer gedurende Augustus en September.

Gebaseer op so 3500km retoer en 9km/l en R27/l, werk dit uit op ongeveer R10500.

Kom ons hoop maar die olieprys herstel gou.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/04/2026 - 15:39

Wie gaan waar die komende langnaweek kampeer??

Ons gaan rustig by die huis bly en niks doen. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 01/04/2026 - 17:00

Wie gaan waar die komende langnaweek kampeer??

Verskoon maar die onnet staanplek. Ons was die afgelope ses ure op die strand.

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 01/04/2026 - 17:25

Ons bly ook maar net hier by die huis. Ons woon mos buitendien by die see. En tans beleef ons (en die vakansiegangers) sulke droomweer. Vir laasgenoemde se onthalwe hoop ek dit bly so vir die Paasnaweek. Daar's mos 'n ou sêding dat Paasnaweek kom die Kaap se eerste reëns.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 01/04/2026 - 17:28

Ek is besig om ure te brand om papierwerk bymekaar te sit vir die lastige VK en Ierse visums vir ons trippie na die kinders toe later vanjaar. Vanoggend 'm epos na die plek gestuur wat die aansoeke namesn ons hanteer, hele 14 dokumente. Dryf mens tot raserny...iets wat slegs 'n paar jaar gelede 'n eenvoudige oefening was....Wonder of burokrate wêreldwyd in die oggende wakker word met 'n vraag wat kan hulle nog doen om mense se lewens om te krap? 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/04/2026 - 17:38

...maak gou tyd om berig in Maroela media te lees. Necsa soek vennote om te help bou/inbedryfstel van Small modular Reactors [SMR] plaaslik. 

Die inisiatief is vêrder gevorder as wat berig aandui. Ek het voëltjie hoor fluit dat brandstofaanleg weer afgestof gaan word.   

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 01/04/2026 - 19:21

Visum-aansoeke is 'n schlep. Ek sukkel nog om 'n bevestiging te ontvang dat ons aansoeke "validated" is. Ek moet die vorm wat hulle met die "validation" saamstuur, uitdruk en saam met die dokumente, wat ek moes oplaai op die e-visumaansoek, saamneem vir ons onderhoude op 16 April. Ek gee nog kans tot môre-oggend en doen dan weer navraag. Gedagtig aan die Paasnaweek wat voorlê en dan slegs volgende week voordat ons Pretoria toe vertrek, moet ek die vorms uitdruk en die visumfooie vooraf per EFT betaal. Ek wag nog vir bevestiging wat die fooie behels.

Dit was net sóveel makliker toe Roemenië nog 'n konsulaat in die Kaap gehad het.

Sterkte met die proses Grootwind. Ek vertrou joune verloop meer seepglad as myne.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 02/04/2026 - 08:02

Mamma se ook dit reen Paasnaweek so ons kamp nie.

Ek wou op Strandfontein gaan staan het maar mama besluit mos.  Op Strandfontein reen dit nie.

Ek het so uitgesien na n Paasnaweek kamp.  Sou dag voor en dag na gaan kamp het.

Mag almal n Geseende Paasnaweek he.

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 02/04/2026 - 08:31

Môre Goeie Hout, ek is bly jy weer op die lig. Kontak my asb of stuur my jou besonderhede. Moet met jou praat af die lig. My nommer is 082 sewe agt 2 4824. Dankie

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 02/04/2026 - 20:35

Ons is ook maar hier by die huis, die Bloem kleinkinders kuier hier tot Dinsdag en die huis is op sy kop gedraai. Maar ons kuier lekker saam hulle

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/04/2026 - 07:03

Dis lekker as 'n land so baie geld het vir lekker navorsing en projekte. 

Die vraag is, kan daai geld nie beter aangewend word op dese bodem nie? Dalk moet Amerika eers gou klaarmaak in Iran, dan Oekraine help en dan Gaza herbou.

Geert: Nee, ek volg dit nie juis nie. Laaste nuusberig wat ek gelees het, was genoem dat 1ste kaput komponent op die tuig, die toilet was. Ai tog, wat 'n k....spul.laugh 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 03/04/2026 - 09:18

... van die jare-lange "bygeloof-tradisie" van Paasnaweek in die Kaap dat die eerste reën van die komende winterseisoen oor die Paasnaweek val. Ons langnaweek het afgeskop met 18mm reën. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/04/2026 - 10:45

...ek hoop dis begin van goeie reën seisoen vir die WesKaap. Julle damme is reeds onder 50% en kan doen met water.

Hierbo is dit nog heelpad somerhitte en droog. Temperature raak eers na 17h30 koeler, maar dit is steeds kortbroek en kortmou hemde

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 03/04/2026 - 12:12

Die van julle wat wil weet waar die kapsule (genaamd Orion) en die 4 bemanningslede hulle tans bevind kan die hele ding volg op

https://issinfo.net/arte…

Tans rondom 120 000km van die aarde af met sowat 294 000km om te gaan. Sien darem hulle het weer die Ruimte Porta Potti weer aan die werk gekry! Die kapsule is nogal effe vinniger as onse trokkies, sowat 2.2 km/s! 

 

 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/04/2026 - 12:23

Grootwind, die toilet is glo 'n Dometic ene, soos in 'n Sensasie. Die snelheid het glo 'n effek op die windspoed deur die spoelaksie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus