Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -28 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

April saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Gehoop die diesel verhoging is n April grap, maar lyk my nie so nie. Lekker van hierdie maand is dat ons eerste fotos weer kan verwag van Wildtuin trippies deur ons forum lede. 1ste op die lys is Rona....behalwe as mnr Boucher Pretoria per ongeluk tog mis rylaugh

Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/04/2026 - 11:38

...ek sien dat jy ons Kavango's mooi uitgestal het daar neffens die Mobi's en die Okto of Stealth waens. 

Gelukkig is dit nie te vêr huistoe nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/04/2026 - 12:18

....is jy met die maan gepla???laughwink

Daar is mos die afgesaagde grappie;

Does the full moon affect you???------Noooooo!!!1 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 06/04/2026 - 14:58

Ons het vanoggend n ontbyt by Wimpy ge-eet. Alhoewel ons rekening nie vreeslik hoog was nie, het ons n tip van net oor die 15% gelos. Kelnerin het goed laat wys dat sy nie gelukkig was daarmee nie. As ek geweet het dat sy so ondankbaar sou wees, sou ek haar 0 gegee het. Sy het nie eers borde en koppies kom haal en tafel skoon gemaak nie...daarvoor was daar iemand anders. 

Sulke aangeleenthede maak dit onplesierig

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/04/2026 - 15:21

Sjoe, dit klink baie ondankbaar. Is die norm vir 'n fooitjie dan nie 10% nie?

Daai kelnerin kan baie bly wees dat sy 'n werk het. Daar is baie ander wat haar dit beny.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/04/2026 - 15:26

In die verlede het ek altyd die gewone 10% fooitjie gegee. Deesdae gee ek 12½% fooitjie, maar ek het nog nooit agtergekom dat 'n kelner ontevrede is daarmee. Sommige sê net 'n beleefde dankie, ander sê niks (dalk ondankbaar) terwyl andere op die oog af baie dankbaar lyk en klink daarvoor.

Maar so van fooitjies gepraat. Wanneer ek brandstof ingooi gee ek ook graag 'n fooitjie (gewoonlik R5) indien die joggie iets meer gedoen het (of aangebied het om te doen) as om net brandstof in te gooi. My seun gee R10, maar vir hierdie ouballie is dit 'n bietjie rof.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 06/04/2026 - 16:53

Ek dink waar dit inkom is dat eintlik geen restaurante salaris gee nie....kelners is 100% afhanklik van fooitjies. Jare terug het my vrou by Spur gewerk en 6% kommisie gekry....aansporing gewees

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 06/04/2026 - 17:13

Restaurant fooitjies nagenoeg 10% vir brekfis en n halfuur maksimum aan haar tafel. Vir aand waar ons dalk  vir 2 uur of langer, " haar tafel" okkupeer, sal ek tip na gelang van die diens, maar beslis meer as 10% 

My petroljoggie kry sy R10.00 tip. Karwagte kry R10.00 tot R20.00 as dit een van die ou bekendes is.

 Verlede Donderdag moes ek effe vêr stop om ons kroniese pilletjies op te tel. Pieter, die karwag vir die stuk straat. is ook al op die lys van ou bekendes. Toe ek terugloop kar toe, wat nou buite sy " beheer gebied" is, drentel hy saam en sanik, gewone ou storie totdat hy sy tip kry. Haal ek ñ R10 uit en hou vir hom. " O my word" kom uit sy mond. Toe trek ek dit terug en gee dit vir die straatveêr wat naby ons besig is. Hy sal nie weer by my iets kry nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/04/2026 - 19:29

...uitstekend.  Daar moet net bygevoeg word, ontwikkeling en vooruitgang

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/04/2026 - 08:31

Kom ons hoop die prys val nog meer die volgende 2 weke.

Ek sien die prys vir Brent is 93USD/vat.

As dit nog sak, kan ons dieselprys vir Meimaand drasties verminder.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 08/04/2026 - 11:02

Ons het te doene met Trompie asook 'n klomp fanatiese godsdiens gedrewe Perse. Dit is in my boek 'n redelik toksiese mengsel. Trompie veral is uiters onvoorspelbaar terwyl die ander kant se idee van hemel 72 maagde is...ek sal tans nie my asem ophou nie.... 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 08/04/2026 - 15:13

"Hierdie aardlinge se paaie is vrot, kyk daai gate! Kom ons gaan kyk of dit betere lyk op Mars, geen van ons ruimte mobiels sal die paaie oorleef nie"

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 08/04/2026 - 18:04

Die Midde Ooste oorlog het ou Neef regtig laat wakker lê. Wat ongelooflik is, is die kaliber van Leiers, of dan Staatshoofde wat besluite maak wat moeilik is om te verwerk.  Veronderstel om die room van die mensdom se oes te wees.

Hopelik het Trompie se testosteroon vlakke nou effe gesak, en hy kom tot bedaring. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/04/2026 - 19:40

Hier kom weer probleme;

1] Israel seg dat hulle mag voortgaan om Lebanon op te dreun, en Iran seg die ooreenkom [skietstilstand] sluit hulle gat gabbas in. 

2] 'n Ooreenkoms wat ek gesien het, stateer dat Iran mag Uraan verryk, maar net nie kernwapens hê nie.  Dit kan baie wyd interpreteer word. Na my mening moet die ooreenkoms aandring dat die IAEA vrye toegang tot enige kern en/of Uraanaanleg Moet hê.

3] Ek glo nie dis regverdig teen naasliggende Arabiese lande dat Iran alleenseggenskap, met tolfooie in die straat van Hoermoes, kan bekom nie.

4] Ek het my bedenkinge oor die "regime" veranderinge wat blykbaar in Iran gebeur het.

Ek hoop Trompie konsulteer en luister met/na die Arabiere wat ook geraak word. Ook twyfel of Israel hom gaan aan bande lê met sy aanvalle op Lebanon.   

Nuutste nuus: Iran het binne ure die straat toegemaak omdat Israel die witwaks uit Lebanon skiet. Beide Israel en VSA het uit die staanspoor vir Iran gesê dat Lebanon nie deel van skietstilstand is nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 08/04/2026 - 20:24

Dit is moeilik om jouself in ñ Israeliet se skoene te sit. Hulle is meer hardegat as meeste, en wil voorkom   net so onverdraagsaam as die bure met die Kamele en maagde. 72 maagde sê Grootwind !! Neef dink eerder ñ enkele ou ervare Compadre.

Hopelik gaan Trompie  vir Netanjahu sê dat hy bietjie moet kalm raak vir ń ruk. Dit lyk my egter Neta wil vir die VSA daar hou as n ouboet. Dit gaan backfire vir hom seg Oom Neef.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 09/04/2026 - 11:56

Ek het 'n paar dae laas ingeskakel, so het die syfertjies agter die onderwerpe opgehoop - sommer baie. Wat my besig gehou het was die maanreis en dan horror movies; vanoggend het ek besluit dit was nou genoeg. Die oorlog en wat daarmee saamgaan is ontstellend. Om die markte en Brent-olie-prys dop te hou en elke paar sekondes te sien hoe dít wat moet afgaan eenvoudig opspring (en anders-om) is uitputtend.

Erens sien ek dat die ruimtevaarders wat Dullstroom besoek het ook die kampforum gehaal het. As ek vinnig genoeg 'n bike helmet kon raakvat was ek saam weglaugh

Ses slapies voordat ons in die pad val wildtuin toe. Ons hoop om goeie nuus te kry wat die klont in Daan se been betref wat dan die kuiertjie veel lekkerder sal maak. Gaan nou kyk of ek nog iets soos 'n kleinkoekie resep (een woord, maar Afrikaans is lompsurprise) het.....

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus