Dis tyd om te begin beplan aan volgende jaar se toere. Ek, Chris B en Chris S is klaar besig om planne te beraam vir 'n kuier in wille Kruger tuin.
Die 40% afslag tyd vir volgende jaar is as volg vir SANPARKE kampering;
3 Mei tot 23 Junie
16 Augustus tot 21 September
8 Oktober tot 26 November
Besprekings vir Mei 2027 open 2 Junie 2026, dus is tyd min.
Tsendze staanplek bespreking
Omdat ek geen reaksie op my epos na Mopani gekry het nie, bel ek toe maar. Verstommend word die foon onmiddellik beantwoord. Seg die dame hulle eposstelsel werk nie.
Sy doen toe die bespreking sommer terwyl ek aanhou, en gelukkig nr 28 gekry.
Ek sal volgende jaar sommer nr 27 mooi bekyk en uitmeet met my sonpaneel bedrading. Indien ek voldoende sonkolle kan bykom, vir groot deel van die dag, is dit 'n nog beter staanplek. Jou woonwa kan heeldag in die koelte staan.
spesiaal vir Chris B
Chris het laat weet uit Noorweë, dat met die hulp van sy seun, het hy ook nr 28 bespreek in Tsendze.
Ek vertrek die oggend van 24 Mei, en hulle sleep in op dieselfde dag.
Hieronder 'n foto van nr 28, toe ek 'n vorige keer daar gestaan het. Volgende jaar gaan ek die wa se stert trek tot waar Grompie se neus is. Sodoende gaan my slaapkamer lekker koelte hê, vir uiltjie knip deur middag uur.
Verdere besprekings
Synde ek op 23 Julie (die dag wanneer besprekings vir Junie 2027 oopmaak) in Shingwedzi sal wees, sal ek sommer daar by Ontvangs die res van die aande wat ek nog verlang gaan bespreek. Ek wil nog 'n derde aand in Punda Maria bespreek (1 Jun) en 4 aande (2, 3, 4 & 5 Jun) in Shingwedzi.
Uitstaande nagte bespreek
Ek het vanoggend by Shingwedzi Ontvangs die eerste 5 nagte van Junie 2027 bespreek. Dit rond my totale verlangde bespreking vir volgende jaar af - 34 nagte in totaal. Beginnende 3 Mei en verlaat die park op 5 Junie.
Aug 2027
Voorlopige datums vir Aug 2027. Sal maar sien of ek gaan bel die 1ste September of maar epos stuur vir Ezibookings. Dink nie dit gaan so vinnig verkoop soos Julie skool vakansie nie.
Voorlopig:
15-21 Augustus...Satara
21-26 Augustus...Lower Sabie
26-29 Augustus...Malelane





Sanparke tariewe glips
Ek wil net waarsku, as julle vandag by Sanparke bespreek het, maak seker die 40% korting is ingewerk.
Ek het vroeg bespreek, en die fooie lyk toe onaardig hoog. Bel toe weer Ezi bookings, en die seg toe dat Sanparke se stelsel vroegoggend NIE die 40% ingereken het nie. Ek het toe later 'n nuwe Deposito aanvraag met die korrekte fooie gekry.