So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Brandstof vergelyking
Dieselprys SA vs Botswana (vandag, met die wisselkoers van R1.20 / Pula) : Botswana R25.12, SA R36.01 (Dullstroom). Skokkend!
Moet darem bysĕ, ek dink ook nie die heffings in SA word alles aangewend waar nodig nie, maar ons paaie (insluitend diė met slaggate), is in 'n veel beter toestand as enige pad wat ons verlede jaar in Botswana gery het. Is dit die verskil??
Aaaa! Dankie Padlangs
Ek het jou volledige resensie tov Geelvis Kamp gelees/kyk. Sien uit na nog vele meer hiervan.
Prys van diesel
Ek verstaan dit so, daarom dat ek gesĕ het dat Brent ru-olie se prys steeds die bepalende faktor is. Dit beteken wel dat ons die prys van November gaan betaal, maar met R3/l verligting..
*Hoe rig mens 'n motorfiets in as kampeervoertuig?





Brandstof !!!!
Soos ek gister vermeld het, 'n verkiesingsfoefie. Elke bietjie help, maar ons word deur die ore gewerk