Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -2 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -3 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe Restorasie

Pretoria
Profile picture for user TheFortunator
Submitted by TheFortunator on
Forums

1970 Jurgens 500 Deluxe Restorasie.
My eerste vintage karavaan projek  beginner soek raad! 
Sy kort n naam! 
So hier gaan hy. Wat het ek aangevang lol. My eerste karavaan wat die moeite werd is om van te praat, die (regte eerste was net ’n Tupperware bakkie of moet ek sê RAMA BAKKIE sonder identiteit, sonder papiere en het nooit ons eerste karavaan kamptrip gehaal nie). So hopelik sal hierdie Dame ons eerste karavaan kamptrip wees en hopelik baie in die toekoms.
Belangrik: Ek weet absoluut niks van karavane af nie en is ’n totale beginner in die kampeerwêreld. Die handjievol tentkampe was ongelooflik en ek is mal daaroor. Maar ons moes altyd ’n sleepwa huur of leen en ’n tweede motor saam ry om alles in te pas of daar te kry. 
Hopelik sal my 10-jaar-droom van ’n ou vintage klein karavaan nou vervul word en realiseer. Ek het geen kennis of ervaring nie, min spasie en nie baie tyd nie. Dit nou buiten my ouderdom en ou bene. Waar moet ek begin? Hmm. Ek dink bande, remme en ’n gebreekte venster. Want ek wil graag ’n kamptrip doen in haar huidige toestand en nie eers wag tot na restourasie nie (die meeste restourasie-projekte realiseer nie en ek weet dis nie maklik nie).
’n Vriend het vir my gesê: vat dit stuk vir stuk, sit tyd in op die goeie dae, loop weg op die slegte dae. Moenie dat dit ’n werk, stres of las word nie. Geniet dit.
So ja, daar is nie baie inligting daar buite nie, maar ek is bly ek het hierdie bladsy ontdek. Ek sal enige raad of wenke baie waardeer.
My doel en droom is om haar in haar oorspronklike vorm te sien, maar baie is oor die jare vermis of verander. So ek moet eers besluit: oorspronklik of nie? Wat dink julle?
Ek heg ‘n paar foto’s aan van die karavaan soos sy nou lyk.
Enige advies oor waar om te begin, veilige sleep, of spesifieke model-inligting sal baie help! Dankie almal. Ek is nuut op die web tuiste, jammer as ek op die verkeerde plek geplaas het. 
 

Attachment Size
New Scan 2026-07-06 2149.pdf 4.33 MB
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 13/07/2026 - 20:39

Daai ventilasie gleuwe is daar omrede die yskas en stoof met gas gewerk het en sou die siele binne laat ompkap. Jurgie sin is afgeseel en die ruite is met soliede glas vervang. Maar... ons hou altyd die dak se vent so effe oop. 

Ja dit is sterker om die vertikale " studs" solied te bou soos jy noem. Maar nie omrede soos in ñ huis nie, die hout hier, dra geen las, of dan gewig nie. Dan sal jy sien dat die buite laag Aluminium bekleding horisontaal loop, en las op die hout waarna jy verwys.  Praktiese oplossing vir oubaas Jurgens.

Ek wil voorstel dat ons dalk eerder deur epos die navrae voortsit. Die ander maters sal geen nut kry uit die getjommel nie Dan hou jy die blad van jou vir vordering wys, met mooi fotos. 

Groete.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 26/07/2026 - 07:03

Lyk my daar is nie ń enkele stukkie hout wat gaan agter bly nie!! Wil voorstel dat jy so paar stukkies inbou wat die struktuur bietjie help. Bv deur die raamwerk om die vensters en deur te doen op die stadium. Ek het Pro 2 Hp kleefmiddel gebruik om die teen die aluminium vas te plak. Soortgelyke gom word gebruik om karre se panele mee vas te plak. Jy het seker al so sagte, maar geverfde gom strepie aan die binnekant van ń deur gesien. 

Vasbyt, die einde is in sig.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 26/07/2026 - 11:17

Nou nie dit wat deur die houtvrot inskyn nie - ek praat van Neef Herman se positiewe uitkyk, "Vasbyt, die einde is in sig". Komende van 'n man met visie dink ek dit sal goed wees om hom aan jou kant te hê, Fortunator!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 01/11/2026 - 19:26

Kyk.. Fortunator se projek gaan dalk nie in 4 maande voltooi wees nie.  Jurgie was as ek reg onthou by die 7 maande. 

Dit is nie voltyds nie, en moet tyd kry so  tussen die werk, kerk en jolyt. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus