Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman November 2026 Johann L -6 hours ago
Baie geluk Herman met jou… November 2026 Lapskag -6 hours ago
Dankie vir die goeie wense… November 2026 neef Herman -6 hours ago
Willys info Toeka se Willys jeep Wessel Strydom -6 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Baie geluk November 2026 Geert -9 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Kaap

Goeie Hout

Wed, 11/11/2026 - 08:26

Goeie more almal.  Oor minder as n maand is ek by die see in Onrus.  Meeste goeters wat verander moes gewees het, is gedoen.  My Gazebo het ek kante laat maak sodat ons n lekker eetkamertjie kan he.  Braai gadjets is skoon gemaak, so ek kan nie wag nie.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 11/11/2026 - 08:34

🎶🎶 🎷 Geluk Neef Herman. Ek wens vir jou 'n baie spesiale dag, mooi jare wat voorlê en sommer 'n klomp mossies op jou voorstoep.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/11/2026 - 09:57

....geniet die toetsbestuur eksperiment. Hou ons ophoogte van jou [julle???] mening daaromtrent.

Gaan jy ander bakkies ook bevoel en bestuur??? 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 11/11/2026 - 11:39

Dankie vir die goeie wense maters. Waardeer dit baie. 

Voolie se eiertjies het gister uitgebroei. Nou is dit weer bontstaan met die kos aandra. Piet is maar effe treurig in die area. Voolie is erg besig met wurmpies soek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/11/2026 - 12:09

Baie geluk met jou verjaardag, mag jy 'n baie geseënde jaar geniet.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus