Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Wanneer om vlieg kaartjies te koop
Ek probeer steeds vasstel wanneer die beste tyd is om jou vlieg kaartjies te koop. Altyd gedink om ver vooraf te koop, maar lyk nie so nie. Ons het byvoorbeeld paar maande terug gekyk op SAL na Durban in November...goedkoopste kaartjie was R1659. Laasmaand kon jy vir November kaartjies kry vir R720, tans kos dit R870.
Dieselfde voorbeeld sien ek op oom Len se draad. Hy maak melding van R5500 retoer volgende jaar, maar as mens nou op korter kennisgewing (oor 3 weke) , kan jy regkom vir minder as R3200.(soos per skermgreep foto).
Maar ander kere werk dit weer nie so nie. Ons het laasjaar pryse gesien wat nogal hoog is en gedink ins moet wag tot dit bietjie daal....maar toe nooit gebeur nie
Gister se erge hitte...
moes vir my iets gesê het. Vir eens is die weervoorspelling reg - die afgelope uur al reën dit heerlik hier. Ons is baie dankbaar en ek is seker ek kan die plantjies hoor handeklap.
Ons het streng waterbeperkings gehad (of het steeds) - geen tuin natmaak, geen karwas, plaveisel skoon spuit ens. met aanbevelings van 'n 2 minute stort, spoel toilette met stortwater, gebruik 1 koppie water om tande te borsel.....Watertekort is nie die probleem nie, maar die pomp kan nie voorsien in die waterverbruik agv. die hitte nie. Weet nie regtig wat die oplossing is nie - groter/sterker pomp? - maar dit is 'n munisipaliteit, en soos meeste ander, baaaie arm....
Rona
More Rona en ander, hier by ons was dit net so erg warm die afgelope paar dae, baie dankbaar ook vir so bietjie reen wat laat aand geval het, dit was maar min, maar darem is die tuin effe benat.
Die gras hier is op groot kolle dood verbrand van die hitte en ek kan nie gereeld tuin nat maak nie, hou maar net die plante in potte aan die lewe.
Die swembad verdamp ongeveer 1 duim 'n week (so dit is 25mm) en moet vol gehou word, of af geskakel word om te voorkom dat die pomp skade kry.
Maar, ons kla nie, die Here is in beheer.
Elektrisiteit
Die afgelope twee weke was ons ook onderskeidelik 4 dae en ook 2 dae sonder krag van eskom, hulle beskuldig die vibre mense wat krag kabels beskadig en die muslikepaliteit het eers 4 dae, en 'n week later 2 dae gevat om die eenvoudige kabel lasse te maak. Die verskoning ----- die gekwalifiseerde persoon moet van Johannesburg af kom🤣🤣🤣🤣





Goeie more Geert!
Gedink ek is die enigste wat nog wakker is. F1 pas klaar😁. Lekker dag vir jou.