Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
30% November 2026 Geert -13 minutes ago
see water November 2026 Geert -27 minutes ago
KI November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -8 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Weet regtig nie of sulke… November 2026 neef Herman -9 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/11/2026 - 17:55

Sailun bande word tans ingevoer van oorsee, Chinese produk.

Volgens internet oorweeg hulle om aanleg in Koega [Port Elizabeth] te open. Tog is Continental juis daar besig om toe te maak. 

Wat mis ek ??? Dieselfde redes wat Continental aanvoer om aanleg te sluit, gaan mos enige nuwe aanleg ook negatief raak. Of gee Continental pad omdat hulle nie gaan/kan kompeteer met Chinese pryse nie??

Ek wonder skielik, gaan 'n plaaslike Chinese aanleg/maatskappy hier ook geweldig deur China gesubsidieer word. Die vraag is dus, gaan hulle hier, steeds bande soveel goedkoper kan vervaardig.   

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 24/11/2026 - 17:55

Enigiets is beter as bokkerol. Neef weet net mooi bokkerol wat in data sentrums en enigiets wat in die cyberspace aangaan. Net vandag toe ek my Vodacom rekening nagaan, is dit KI wat my help, en eerlikwaar baie vinnig en meer ingelig as die era van " please wait for the next available operator"

So as die sentrums werk sonder mense, met krag en water, outonoom, dan is die bouwerk en infrastruktuur benodig genoeg motivering. Daar sal minstens onderhouds-spanne wees wat dit voordurend monitor. Of hoe?

Wie het onlangs die vordering van die  ongelooflike brug wat deur Concor gebou word by Lusikisiki gesien. Ons is nie heeltemal terug in die donker eeue nie. Dit sal nog uitwerk hier, eendag...

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 24/11/2026 - 21:49

Omdat ek ook baie oningelig is, het ek 'n tyd gelede heelwat hieroor opgelees. Die algemene vrae wat die meeste mense vra, is slegs die puntjie van die ysberg. Dit beīndruk my ook vreeslik baie dat ek deesdae iets in Afrikaans kan soek, en die antwoord in keurige Afrikaans kry. Verder sien ek baie voordele wat dit vir vele bedrywe inhou, maar die feit dat dit ongekontroleerd mense se lewens totaal kan oorheers kry minder aandag.

Nou weer gaan soek, en die artikel gekry hieroor wat geskryf is deur Johan Steyn: Die onvoorspelbare toekoms van KI - gevare en etiese uitdagings. Laat mens dink, en ek laat dit maar daar.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 25/11/2026 - 02:25

See water kan ook gebruik word om data sentrums koel te hou. Ek lees nou dat Microsoft en n chinese maatskappy bedieners op die see bodem geplaas het.

Maar soos neef Herman sê...diens lewering antwoorde is baie beter via KI as wat n persoon dit ooit kan oordra.....veral in SA. Ek het byvoorbeeld vroeer vanjaar baie vrae gehad by n maatskappy,,,,,die antwoorde wat ek gekry het was presies waarvoor ek gesoek het en twyfel of n mens dit ooit so perfek sou kon beantwoord. Ek het toe egter n probleem met die maatskappy gekry en jy kom bitter moeilik by n persoon uit om probleem op te los. Al wat mens hoofsaaklik kry is baie profesionele verskonings hoe jammer hulle is oor jou slegte ervaring, maar op die ou einde is daar niemand wat eintlik worry nie....net n K.i bot wat jou probeer gerus stel. 

Verbaas my ook die pragtige Afrikaanse antwoorde wat mens kry as mens iets in afrikaans vra. KI vat verseker baie werk weg, maar help ook weer aan die ander kant. Ek het onlangs n idee in die kop gehad, maar moes verskillende chemikalie meng, maar was nie seker of dit kan of nie kan nie. Was nie eers nodig om n chemiese ingeneur te gaan sien nie...KI het die perfekte antwoorde gegee.

.....maar, ek het ook al paar keer gesien dat KI foute maak, maar mense seker ook?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 25/11/2026 - 02:39

Vandaar miskien dat 30% slaagsyfer genoegsaam is....as jy nie weet nie, vra KI (wat mense met 80% slaagsyfer ook doen)

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus