Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -4 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -4 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago

Lid van meer as een forum

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Ek is reeds 'n paar jaar 'n lid van Caravan Parks se forum en redelik aktief daar.   Dit was ook vir my 'n voorreg om by Kampforum te kon aansluit en ek geniet dit baie om hier ook aktief te wees.   Ek vergelyk hulle nie met mekaar nie en kan net goeie dinge van albei sê.  Ek maak ook 'n punt daarvan om nie een van hulle op die ander een te bespreek nie.   So, dit is nie waaroor hierdie draad gaan nie.

Wat ek graag oor wil praat.  Hier is heelwat lede wat ek ken van CP se forum.  Soms, as ek dink oor iets om op 'n forum oor te praat, dan wonder ek, moet ek dit nou op Kampforum doen of op CP forum?   Moet ek dit op albei doen?   Lede wat op albei is, sal dan dieselfde storie twee keer moet lees.   

Hoe hanteer ander, kom ons noem dit maar "dubbel lede", dit?   Of moet mens maar jou "gut feeling" volg oor wat waar gaan pas?smiley

Ek wil net noem, hierdie vraag sal ek hier vra, maar vir een of ander rede, nie op CP forum nie.  Dit sê dalk iets van 'n meer ontspanne gesindheid hier?wink

 

 

Waar my wa staan

Arie

Tue, 25/04/2017 - 10:25

Ek dink party van ons is dalkies net te fyngevoelig, ek glo dat alles wat hier gese word is eintlik maar tong in die kies?

Moet darem byvoeg dit is bietjie erg as daar lede is wat PM's stuur om jou uit te trap, gelukig nog nooit met my gebeur nie!

0

Gelukkig is ek te stuped met tegnologie, so ek is maar net op die forum!laugh

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 26/04/2017 - 14:26

 

Gelukkig is ek te stuped met tegnologie, so ek is maar net op die forum!laugh

Hallo Frikadel.  Hoe ry die bakkie?

0

Hy is baie vining en baie sterk - Totale ander weergawe van die 3.0D4D wat ek geken het. Ry en voel en lyk soos n smart SUV aan die binnekant, amper half oorweldigend oor dit waaraan ek gewoond was, bakierige goed.

Hy sleep daai een ton Boswa bo van sy chessie af en die dieselverbruik is goed.

Ek sal net die spoed moet dophou anders gaan ek vir Skollie, Priesterr en Pappa ontmoet.

Askuus ek was biki stil, het net hectic gegaan by die werk.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/05/2017 - 20:49

Ek het destyds by CP se forum aangesluit uit frustrasie met die WegSleep-forum en die gesukkel om iets daar gedoen te kry.  Ek hou baie van Kampforum, veral omdat dit voortgevloei het uit die WegSleep-forum met heelwat ou bekendes, maar veral Anton (Voortrekker) se intense en dringende aandag wat hy aan die forum gee.  Ek kry ook die indruk dat dit 'n lekker, klein intieme, "no nonsense" geselsplek is.  Ek moet egter erken, ek wil-wil  moedeloos raak as 'n mens moeite doen om 'n onderwerp aan te roer en niemand wil saamgesels nie.

Om Freda se eintlike vraag te beantwoord, ek gesels nog op beide forums, maar ek plaas nooit 'n sekere onderwerp op beide forums nie.  Hier volg ek ook maar my "gut-feel" om te besluit waar ek oor wat wil gesels.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus