Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nossob se "hide" Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 minutes ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 minutes ago
N12 Oktober 2026 saam gesels Geert -14 minutes ago
Ons het in presies dieselfde… Media24 se koerante en… neef Herman -24 minutes ago
N1 vs N12 Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Dankie Goeie Hout Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Februarie 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende, daar het die 2de maand van die jaar aangebreek. In Brits met erge hitte die afgelope week en min reën.

Ek troos my daaraan dat ons volgende week in DA-land is. Hopenlik kan die Kapenaars toutjies trek vir lekker koel weer terwyl ons daar is.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 02/02/2025 - 16:24

Met Stoffel wat nie meer met ons is nie, oorweeg ek en Ralie om nou ons beplande Apr/Jun-vakansie te verleng. Ten einde vriende van Tzaneen op Hartenbos te kan sien, wil ek 'n week vroeër vertrek - m.a.w. in plaas daarvan om vanaf 11 Apr in Hartenbos te wees, oorweeg ons om reeds 4 Apr te ry (afhangende van beskikbaarheid). 

En dan dink ons daaraan om na die maand in die wildtuin vir 2 maande Eiland Spa toe te gaan - afhangende van beskikbaarheid. My seun-hulle hoef dus nie na Stoffel om te sien terwyl ons weg is nie - en ons hoef nie terug te keer voordat hulle wildtuin en Eiland Spa toe vertrek nie. As ons kan regkom met 'n kampeerplek by Eiland, wil ons poog om plek te kry 3 Jun - 3 Aug. Dan kan ons saam met my seun-hulle by Eiland kuier terwyl hulle in die skoolvakansie daar is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 02/02/2025 - 16:30

Jammer om te verneem van Stoffel se heengaan. Dis nie lekker om ‘n troeteldier te verloor nie. Maar ek sien julle kyk reeds na die positiewe kant daarvan. Troeteldiere lê mens ongelukkig aan bande as dit by weggaan kom. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 02/02/2025 - 16:52

Hierdie oukêrel het sedert Vrydag (tot gister) lang trane gehuil oor ons 28-jarige kind wat nie meer daar is nie. Dit is 'n bitter moeilike besluit om te neem dat jou kind maar uitgesit moet word - ten spyte dat jy weet dat só 'n besluit die lyding van die kind verkort. Ons het 2 opsies gehad (volgens die veearts) - gaan voort met die medikasie wat nie die probleme (artritus en artero-skelorese) kan omkeer nie, of ...

Die huis is leeg sonder ons kind. Ons rou behoorlik, maar ons weet dat ons besluit was in haar beste belang.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 02/02/2025 - 16:58

Ek deel ook julle hartseer oor Stoffel wat na soveel jare moes groet. Hoop dat julle vakansieplanne kan uitwerk soos beplan.

Vir ons was dit ook 'n slegte week. My sus-hulle se een hondjie het ook die stryd 'n paar dae gelede verloor. Ek het hulle twee diertjies graag opgepas en was baie lief vir hulle.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 02/02/2025 - 20:29

Jammer om van Stoffel se heengaan te hoor Chris. Dalk ook mmaasr die beste besluit aangesien sy nie gesond was nie. Ons dogter het ook 'n Grey wat aanmekaar babbel as ons sit en gesels of as die TV aan is. Ons het vir Vlooi help groot maak van af baba tyd toe ons nog in Orkney was amper 18 jaar terug. Gereeld saam gekuier in Bloem en nou sien en gesels ons weer elke dag. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/02/2025 - 07:12

... dat ek nog nie my belofte nagekom het om by Kleinmond karavaanpark te gaan loer en 'n foto of twee te neem nie. 

Saterdag was ek vas met my tuin-ingenieur hier by my en perskes skil vir die jaarlikse perske-atjarmakery. En gister het my seun ons genooi vir 'n braai sodat ons vier wat oor 3 weke Hentiesbaai toe gaan, alles kan bespreek t.o.v. die trip wat voorlê. Vandag is dit Somerset-Wes toe en ek hoop om môre by my belofte uit te kom.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 03/02/2025 - 07:17

Jammer om te hoor van Stoffel Chris. Dit moet maar erg op die gemoed wees. Al die planne vir die jaar klink regtig báie aangenaam. Tyd dat ek en ouma bietjie ons gatte in rat kry......tyd stap aan.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/02/2025 - 07:27

.....is steeds in hospitaal. Ek het van Len verneem dat medici besig is om koppe bymekaar te sit oor haar beenwond wat nie wil genees nie. Dalk gaan hulle besluit om been weer te opereer, dreineer en te ontsmet  Dan wil hulle ook buikskanderings doen.

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 03/02/2025 - 07:55

Alles reg Mnr Boucher. Ek het aangeneem daar is meer as genoeg om te doen en toe is dit nog die papegaai ook. Ek het nog nie finaal besluit waarheen ons wil gaan 14 Feb nie maar my lus hang uit vir kampeer en die somer stap aan. Ek moet ook nog bespreek vir Paasnaweek, en oorweeg Bontebok NP. Dan is daar ook die naweek van 21 Maart. Ek sal aan die werk moet spring!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 03/02/2025 - 08:18

Jammer om te hoor van Stoffel. Mens kan glo dat julle hom so mis....28 jaar is n lank tyd.

Ons self het niks meer troeteldiere nie...laaste een wat oorlede is, was n hasie wat amper 15 jaar geword het. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 03/02/2025 - 09:50

Dink aan julle Chis B. As mens se troeteldiere, veral die wat jare lank met mens is, skielik nie meer daar is nie is dit maar sleg. Dis nou byna 'n jaar wat ons Labbie weg is op die jeugdige ouderdom van 9 jaar. En ek en vroulief is steeds hartseer...kan my indink hoe dit vir julle is na 28 jaar met Stoffel...crying

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/02/2025 - 13:48

.....kan blykbaar toegedraai word, volgens vandag se koerantberigte. ek sien daar is omtrent 'n geskarrel in die spreekwoordelike duiwehok.

Tot ou Mantashe dreig om "Afrika" se minerale terug te hou, as Amerika nie geldelike hulp wil verleen nie.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 03/02/2025 - 14:52

Die ANC moenie vir hulle slim hou nie. Trompie is nie ‘n diplomaat nie, hy is ‘n sakeman. As ons nou met sanksies gestraf word gaan dit anders eindig as die vorige keer wat dit gebeur het. Toe het die staats- en semi-staats ondernemings nog goed gefunksioneer. Daar is selfs maatskappye soos Atlantis Diesel Engineering gestig wat al die diesel enjins gemaak het toe niemand dit hierheen wou uitvoer nie. Maar dis nie ‘n slegte ding as die kollig begin val op wat die ANC hier aanvang nie. Hulle moet net nie probeer rug styfmaak nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 03/02/2025 - 16:03

Die ekonomiese dikbril mense reken (tereg dink ek) dat die handelsoorlog wat nou begin geen wenners gaan oplewer nie, slegs verloorders. Die Kanadese begin ook more met 'n "tit-for-tat" reaksie met baie Kanadese goedere na die VSA wat ook 'n 25% belasting (is bo-belasting die regte Afrikaanse term?) gaan kry, die Kanadese toeskouers gister by 'n sport byeenkoms het ook die sing van die Amerikaanse volkslied "ge-boo", en winkeleienaars haal alle Amerikaanse produkte van die rak af. Meksiko doen blykbaar dieselfde, CNN reken die gemiddelde motor in die VSA gaan sowat 3000 VSA $ meer kos. En toe dreig die oranje man ook sommer die EU sowel as die Britte...juis vandag 'n groot vergadering in Brussels met die EU sowel as NAVO. Aan die een kant wil mens hande klap vir Trompie oor die "boodskap" aan die ANC, aan die ander kant gaan ons almal opeindig met 'n prys wat ons nie wil sien nie...En dit lyk vir my asof Musk ook van die spoor af dinges....Dink ons moet maar genoeg popcorn kry, en 'n klomp bier, hierdie gaan beter wees as die Springbokke in 'n eindstryd! (En die Sjinese gaan die ene wen dink ek)

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/02/2025 - 16:37

... vir almal se woorde van onderskraging met Stoffel se heengaan. Ons het die liggaampie vandag gaan afhaal nadat ons onsself baie verwyt het oor ons aanvanklike besluit wat met die dooie voël moet gebeur.

Ons is Vrydag meegedeel dat ons nie 'n dier (in die geval 'n papagaai) wat genadedood ontvang het, in 'n munisipale area mag begrawe nie a.g.v. die potensiële loging van die genadedood-middel in die grond. Ons is 'n keuse gegee van verassing of bio-afbreekbare verganing van die karkas. Met laasgenoemde kry jy 'n houer met kompos en 'n keuse van een van vier verskillende boomsade om te plant ter herinnering van die dier.

Ek ek Ralie het in die skok/waan waarin ons was, besluit op laasgenoemde. Omdat ons dus nie die liggaampie kon ontvang nie, het ons daar weggery soos twee zombies - nie 'n woord gepraat op pad huistoe nie. Vrydagaand en Saterdagoggend het die trane kort-kort gevloei, want hier's te veel dinge in die huis wat ons herinner aan ons kind, wat nooit weer hier sal wees nie. Ons het onsself verwyt oor ons besluit. Totdat Ralie Saterdagoggend gebel en gevra het of Stoffel nog daar is. Ons is verseker sy is tans nog in 'n vrieskas. Ons het gesê ons kom vandag deur om haar te kom haal - wat ons toe wel gedoen het. Sy lê nou in ons vrieskas en sal môre behoorlik in ons tuin begrawe word - in 'n steen-uitgevoerde graffie.

Beide van ons is in 'n totaal ander gemoedstoestand. Dit is asof ons nou meer berusting oor ons kind se dood het.

Seker maar simpel oumense.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 03/02/2025 - 16:49

Niks simpel daaroor nie Chris. Dink 'n wyse ou man het lank lank gelede gesê dat die manier hoe mens jou troeteldiere behandel 'n indikasie is van die klas mens wat jy is. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 03/02/2025 - 18:11

Dit is regtig aangenaam om Grootwind se goed bewoorde uiteensetting van Donald Trump se dreigemente te lees. 

Op ń manier maak Trompie die Omie effe gatvol met sy benadering, geen takt nie, wil bo-oor als en almal stormloop. Dit is ń Bulkebak en boellie op ń helse skaal. Kyk, ek kan nie sien hoe SA na sy passies moet ja en amen nie, nog minder die res van  die BRICKS lande. His bluff will be called, and  mark my words, hy byt homself in die gat. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 03/02/2025 - 18:20

Ai Chris, daai is erg om te hoor. Hier naby die huis is die katte begraafplaas almal hopies klippertjies. Net soos ń ou begraafplaas met ongemerkte graffies. Ouma plant goedjies daar by hulle.

My vorige ou hond, Rigter, lê by die kamp onder die Geelhoutbome. Hy het ń ruwe Kalksteen klip  met sy naam op wat ek uitgekap het terwyl daar baie trane op geval het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus