Goeie more.
Koffie en tee is oppad.
Lekker dag
Môre Dusty en almal wat nog…
Môre Dusty en almal wat nog gaan kom inloer.
Mooi dag vir almal.
Goeie môre Stoffel en…
Goeie môre Stoffel en Segekok
Julle moet 'n lekker dag hé ![]()
Len, ek hoop jy kan jouself IN -hou van opgewondenheid oor die nuwe koffie draad? ![]()
'n Lekker en geseënde Donderdag vir almal wat hier lees, die wat nie hier lees nie, die wat hier wil lees maar nie kan nie, die wat nooit hier gaan lees nie!
1 Feb 2018
More almal so loop die tyd julle moet n gatskop dag he so 15 mm reen gekry hoop en vertrou daar waar dit droog is sal reen kom die koffie loop hier op kantoor soos stroop vrede vir almal
More Stoffel, Deon, Anton,…
More Stoffel, Deon, Anton, en Shaun, ook almal wie nog gaan kom inloer.
Bewolk en reen word hier voorspel, tee was lekker dankie, wie drink saam koffie?
Goeiemore
'n Baie goeie more aan almal op Kampforum.
Na 'n bui reën gisteroggend het niks daarna gebeur nie. Ons bly maar hoop dat dit een of ander tyd in oorvloed gaan kom.
Ja, ons is in die tweede maand van die jaar. En in die jaareinde maand vir belastingbetalers.
Ek vertrou alles sal mooi loop vir almal vandag.
'n Baie..................
'n Baie goeie môre vanoggend ! - dit was net een kliek en toe is ek binne-in die Februarie Koffiekroeg draad (en nie twee klieks soos elke ander dag in Januarie nie !
Hier by ons het ons die nuwe maan, pragtig helder soos 'n "cool white" LED lig gesien. Ongelukkig was daar nie 'n enkele wolk in die lug om ons kyk na die maan te verbloem nie.
Die aanbreek van 1 Februarie beteken dat ons binne 9 dae gaan ontsnap van die dorre-droogte en die gesanik oor nog water-besparing en die faait tussen die DA en Auntie Pat wie nou eintlik wat moet doen. Ons het vriende wat by ATKV Hartenbos kamp en dit reën nou al vir dae aanmekaar in die omgewing. Ek hoop teen die tyd dat ons daar kom is die gras al mooi groen en dat dit nog steeds reën - dit sal 'n wonderlike gevoel wees.
Môre sê julle Kampforumiete,…
Môre sê julle Kampforumiete, ![]()
Hier in Pta. is dit bewolk, koffie (2) was heerlik.
Len, julle moet Hartenbos geniet en voorspoedig ry.
Geniet julle dag in vrede.
Gryswatertjies, jy kry vol…
Gryswatertjies, jy kry vol punte vir jou toets ?
Toets 4 5 6 ....
Goeie more forum lede, ek lê…
Goeie more forum lede, ek lê in die kooi met staar siekte, dog ek sal maar solank more sê.
Wanneer julle ontwaak moet julle die koffie en tee geniet, ek gaan beslis.
Môre almal…
Môre almal
Johann jy is nie die eenigste nie. Lelike ding die staar siekte. Ek bring maar my kantoor werk opdatum.
Mooi dag vir almal
Goeie more Johann en Deon en…
Goeie more Johann en Deon en die res.
Jip, die staarsiekte darem. Tee is lekker weer vanoggend. Koffie 'n bietjie later.
Het die afgelope twee dae gehelp om 'n "plant" op te rig. Gelukkig nie te swaar nie. Die hele eenheid weeg maar 40 ton. dit is die hantering wat dit moeilik gemaak het. Beslaan 'n groot area.
Vrydag is alwwer met ons. die wat gaan kamp geniet en ry veilig. So ook die tuisblyers soos ek.
Lekker dag en naweek
More ou staatmakkers
Sterkte vir die dag lekke naweek vir almal die koffie loop soos stroop
More, is hier nogsteeds nie…
More, is hier nogsteeds nie iets sterker as koffie en tee nie? Het 'n dop nodig
More Spekkies
Laat loop met die whiskey innie koffie bly om van jou te hoor dog jy lotto gewen en jy is land uit
Spekkies, die manne vertel…
Spekkies, die manne vertel maar net nie van die spyker wat hulle in die koffie gooi nie! ![]()





Sit nou en tee drink. Koffie…
Sit nou en tee drink. Koffie ook amper klaar.
Nuwe maan het begin en oon 'n nuwe maan.
Het gisteraand nie gekyk nie. vandag is die lug vol wolke