Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -36 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -2 hours ago

SARS?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

As ek reg verstaan is belasting gaarder die nuwer woord vir tollenaar?

Dus kan ons aanneem dat almal wat by SARS werk tollenaars is.

Nogal opvallend dat orals in die Bybel word tollenaars altyd in dieselfde sin as sondaars gebruik?

Laat mens dink ne?

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 17/07/2017 - 09:23

Nogal waar.

 

Maar as mens mooi lees is almal mos sondaars. Word mos so gebore..

 

0

Almal is gebore as sondaars - die manne van SARS is net groter gebore sondaars, bleddie krooks, vat die kos sommer netso uit n man se mond uit, en n lekker siggie en dop for that fact!!

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Mon, 17/07/2017 - 19:00

Ek weet nie hoekom julle manne so kla oor TAX nie hulle het mos nou die die ou pampiertjie so maklik gemaak vir onse ou mensies die skrif is mooi groot en daar is net 3 vrae

1 hoeveel geld het jy gemaak laas jaar

2 hoeveel geld het jy oor

3 hoekom ? en stuur dit aan

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 05/02/2018 - 13:07

Nou ja, ek en my vrou gaan nou vandag vir die vierde keer Vereeniging SARS toe,  hulle skuld  haar 'n paar rand. 

Elke keer as ons daar weg is, nadat ons alle bewyse en stawende dokumente weer in gedien het, belowe  hulle, "tussen 5 en 21 werk dae sal julle die geld hê ",  dan as die tyd verby is, en ek GEEN nota (notification op E-Filing) ontvang het nie, dan bel sy, net om te hoor, julle sal weer moet terug gaan vir nog iets wat sars soek. Niemand kan vooraf  ook sê wat de don/^r sars soek nie, behalwe  die eerste keer, bewys van adres, tweede keer bewys van huweliks staat. Ons gaan nou ALLES weer saam vat.

Ek het Nov / Desember op Maroela Media gelees dat daar baie klagtes oor vertragings tegniek van sars is, lyk my dit is waar.

Ek gaan die jaar, net vir die grap,  petrol eis van sars kantore toe en  terug..

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 05/02/2018 - 13:35

Hulle het ook besluit om sommer 'n klomp geld minder vir my terug te betaal.  Dispuut ingegee en is aanvaar maar nog niks weer gehoor nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 05/02/2018 - 14:12

Interessant dat oor die jare heen, selfs in die Bybelse tyd, is belasting invorderaars altyd gesien as skurke, uitbuiters en oneerlikes.  Met die uitsondering van 'n paar hansworse soos Tom Mojane, is SARS darem oor die algemeen nie te "bad" nie.  Daar is heelwat gevalle wat skree vir veranderde prosesse, soos die tou-stanery as jy gedwing word om 'n SARS kantoor te besoek.

Betaal maar aan die Keiser wat hom toekom, dis nie lekker nie, maar die regte ding om te doen.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 05/02/2018 - 16:36

Betaal maar aan die Keiser wat hom toekom, dis nie lekker nie, maar die regte ding om te doen.

Die vraag bly staan.....  kom dit die keiser regtig toe....  Volgens die manier wat dit aangewend word beslis nie.  

Die keises kan met baie minder oor dei weg kom as dit beter aangewend word.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 05/02/2018 - 20:43

Ek het nie 'n probleem om belasting te betaal nie,  mits dit reg aan gewend word.

SARS skuld my vrou geld, sy moet terug kry.

Vandag het ons gewag tot net voor toe maak  tyd,  en toe daar in gestap, was nog nooit so vinnig gehelp  nie.  Geen toue, en  byna niemand daar nie.

Ons  moes toe weereens bewys van bank besonderhede  in dien,  toe ek  sê, "reg, ek gaan gou bank  toe om weer een te kry" , beveel ek my vrou om net daar te sit en wag terwyl ek gou die nodige dokument  gaan haal . Snaaks, toe kom hulle op die dokument af wat 15 Desember in gedien is, en sie daar, nog 'n belofte dat ons die geld nou binhe 'n week sal kry.

Sal nou maar kyk wat gebeur .

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 06/02/2018 - 05:45

Johann, ek het my belasting in 2009 via e-filing in gedien. navraag gedoen en toe is daar vir my gesê dat ek nie geregistreer is op e-filing nie. Vertel toe vir hulle dat hulle mt epos gestuur het wat lui dat ek welkom is op e-filing. Gaan toe self na die kantore toe en doen dit persoonlik self. hulle maak toe vir my afskrifte van alles wat ingevul is. 'n Maand later bel SARS my en vra waar is 2009 se opgawe dan. Vertel toe vir hulle ek het dit dan nou al twee keer in gedien. Eenkeer via e-filing en tweede keer persoonlik. Gee teo vir my 'n faks nommer en vra dat ek dit weer moet doen. Dit gedoen en vra dat hulle moet bevestig dat dit ontvang is.

Wag nou nog vir die bevestiging. Dit was gelukkig die enigste keer

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 06/02/2018 - 08:10

 Mens moet een derde van jou kinders se roomys en lekkergoed eet.  Maak nie saak dat hulle daaroor huil nie.  Die maak hulle sterker vir as hulle begin belasting betaal.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 06/02/2018 - 08:41

Die vraag bly staan.....  kom dit die keiser regtig toe....  Volgens die manier wat dit aangewend word beslis nie.  

Die keises kan met baie minder oor dei weg kom as dit beter aangewend word.dd 

Stem saam dit wat deur SARS ingevorder moet word moet nie vermors/gesteel word nie.  Maar dit is die politici, staatsinstellings en semi-staatsinstellings wat ingevorderde belasting vermors, nie SARS  nie, wat bloot opdrag van die Parlement kry om die nodige fondse in te vorder.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 17/07/2019 - 22:15

Ek het nie geweet nie en verkies om liewer nie van hierdie absurde goed te weet nie.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 17/07/2019 - 22:58

Ek het darem laas week n vet bedrag terug gekry van die tollenaar. Kan n klein motortjie met dit koop, maar dan moet ek weer iets aan hom terug gee.

Het maar geld vas gesit vir my ou dag.

Moes egter 14 maande wag vir dit. 

Ongelukkig die bedrag genoem hier by die huis, maar nou wil almal n stukkie hê, kom hulle glo toe. Weet nog nie hoe werk hulle dit uit nie. Dit is eintlik maar net my tax geld wat ek teveel betaal het en ook vir pyn en leiding om saam met almal te lewe in my huishouding.

Van my semi aftree het daar nie veel gekom nie. Ek neuk maar aan en werk saam met die staf. Eendag sal dit seker gebeer of dit is voete eerste uit by die kantoor.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 18/07/2019 - 06:37

So hou ons die land aan die gang en regering se sakke vol die land van melk en heuning

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 08/08/2022 - 13:07

Dankie.... vir SARS wat my genoeg vergoed het om vir twee maande in Oom Paul se tuin te kan kuier.

Weereens 'n pluimpie vir hulle want dit was net  8 minute vandat ek hulle kantore betree het totdat ek weer uit is. Het eise gehad wat ek ingehandig het. 

Geld sal glo binne 72 uur in my rekening wees.

Elmarie gaan nie hiervan weet nie😅😅

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 08/08/2022 - 14:55

Ek wag nog vie my IRP5 toe kry nou die anderdag 'n inbetaling van hulle, hoop nie hulle vra dit later weer terug nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus