Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -17 minutes ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -6 hours ago

Februarie 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Koffie en tee is oppad.

Lekker dag

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 07/02/2018 - 11:29

Oom Arie daai een ken ek nie, het nog nooit gehoor van Brown Cow nie maar dit kan dalk lekker wees.

Moet dit probeer.

Hoe is die volumes ? Byvoorbeeld, 1 volume kondensmelk en dan 2 volumes coke ?

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 07/02/2018 - 12:04

Goeie môre al die deelnemers aan Kampforum !

Dis nou al ou nuus dat al waaroor ek kan praat is die knellende droogte wat ons hier in die Kaap ervaar.  Dan sien ek in die aand op TV en hoor op sosiale mediaplatforms hoe lekker reën dit oral in die land, behalwe hier by ons in Kaapstad.

Ek glo ons beurt sal kom  - die weervoorspelling  voorspel 'n ligte bui of twee vir ons Vrydag tussen 17:00 en Saterdag 05:00.

Almal hier gee maar op met hul tuine.  Ek het my grasperk met plaveisel vervang, maar so lyk my buurman s'n wat hy altyd met 'n Professional rol-grasnyer gesny het :

.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 07/02/2018 - 12:10

Met tyd glo ek dit sal weer draai Oom Len. Daar is nou so baie fake news wat nou rond vlieg.

Het oom Len die een gehoor wat se dat die Kaapstad area `n woestyn gebied gaan word ?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 07/02/2018 - 14:17

'n Vriend van my het jare terug ook 'n tuindienste gehad in ou Pietersburg toe die droogte hulle ook geslaan het.  Die mense se grasperke was van welig groen tot net 'n rou stuk grond.  Hy moes noodgedwonge sy huis en als verkoop.  Dink dit was mid '90's ?

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 07/02/2018 - 14:23

Ons het laas nag so 23 mm gehad. Dis die eerste keer dat ons 3 storms in een nag gehad het. Ai dis sleg dat die kaap so droog is. Ons hoop en bid maar vir genade.....

Groetnis

0

Gesie, jy moet maar rondspeel, maar ja so een op een werk vir my. Eek raak deesdae lui, nogal n gemors om die goed aan te maak. Gooi nou sommer net n glas coke in en eet die kondensmelk so uit die blik met n teelepel, vat dan kort, kort net n sluk coke.

Ek maak so blikkie in een sitting leeg en doen dit so een keer n week, daai suiker gee jou lekker energie!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 08/02/2018 - 05:12

More almal julle moet n gatskop dag he sien Anton het Koro Koro kompetisie aan die gang neem deel dis n puik puik oord die koffie loop soos stroop vanoggend

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 08/02/2018 - 05:27

More Shaun en almal wat inkom.

Tee gaan goed af en koffie is besig om te prut.

Verlede nag weer lekker gereen. Hek is darem nou weer reg. Die oorsaak was miere. Miere het grond in gedra tot bo-op die bearing van die ratkas en dit het die bearing laat oppak. R35.00 later is dit weer reg.

Lekker dag vie elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 08/02/2018 - 06:02

Môre môre!  Hello Stoffel, Segekok en Gesie ....  en almal wat nog hier gaan lees!   Julle moet 'n lekker dag hé.

Len en Kapenaars, ek hoop die reën kom gou nader.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 08/02/2018 - 07:30

Goeie more mense en mensinne, geniet julle koffie en tee.

Hier het ons ook 'n woeste storm gehad gister laat middag, 37mm in paar minute, kon nie die straat sien van die stoep af nie. Baie dankbaar.

Ek sien daar is 'n groot moontlikheid van baie goeie reens vir die Wes Kaap die naweek, opvang gebiede kan tot 30mm verwag.??

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 09/02/2018 - 02:28

Ja dis een van dae dae ek glo julle ken hom jy le so dan draai jy so maar slaap is min julle moet n lekke vrydag he en sterkte Johann en Willem wat reeds ingeskryf het vir Koro Koro kopetisie dis voorwaar n puik oord glo ander lede sal ook inskryf . My beker koffie staan hier en man vanoggend stel hy nie teleur hy loop soos stroop. Frede

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 09/02/2018 - 05:23

Goeie more.

Tee is gemaak en koffie is aan diegang. Sal nou nou gereed wees.

Alweer Vrydag. Dit is asof die dae nou se dae te vinnig verby gaan.

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 09/02/2018 - 06:54

Goeie more Shaun en Stoffel, ook die ander wat nog gaan kom koffie of tee drink.

Mooi naweek vir elkeen, wees veilig, en geniet dit wat julle doen.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus