Die vraag is ietwat onduidelik dit kan ook vertolk word dat dag besoekers "binne" die staanplekke toe gelaat moet word, dan sou ek nee stem, maar ek verstaan die vraag as:
Moet dag besoekers binne 'n oord toe gelaat word?
Dankie Johann, ek verstaan…
Dankie Johann, ek verstaan en gaan dit regstel.
Dag besoekers speel 'n…
Dag besoekers speel 'n belangtike rol in kamp staanplekke se pryse, maar moet beheer word, en glad nie tussen die kampeerders (lees staanplekke) toe gelaat word nie.
As daar 'n algehele verbod op dag besoekers is, sal kamp pryse drasties verhoog, veral by die gewilde (baie om te doen) oorde.
Wat word bedoel met "dag…
Wat word bedoel met "dag besoekers" ?
Is dit die ou wat vir die dag by sy vriende kom kuier wat daar kamp.? Is dit die mense wat met buste daar aankom? Of dalk die enkel pa wat sy kinders vir die naweek het?.
Almal is dag besoekers.
Daar is n neiging om net die wat met die bus aankom as dag besoekers te beskou...
Ek dink dagbesoekers in die…
Ek dink dagbesoekers in die konteks verwys na die nie-kampers wat die oord vir vir dag besoek uitsluitlik vir hul eie genot, en nie om vir kampers kom kuier nie?
Netso Johann. Daai groepe…
Netso Johann. Daai groepe of families wat die oggend vroeg uitsak met braai goed en cooler bokse ens. vir die dag se uitspan en baljaar, en dan laat middag weer huis toe gaan. Met geen verhouding met oornag kamp of kampeerders nie.
Ek glo laat leef
Ek se altyd gun elkke een die son oor hom of haar kom, maar ongelukkig is daar maar daai dagbesoekers met wat se reels in plek ook al, voel hulle niks vir ander en hulle besittings nie maar ja die oord moet geld so ook insamel anders trek hulle ook swaar
Ek het nie 'n probleem met…
Ek het nie 'n probleem met dagbesoekers nie, solank die oord die getalle intoom hou en hulle nie toegang het tot die kamp nie.
Dagbesoekers
As ek sien hoe die kinders van die dagbesoekers hulself geniet, dan gun ek dit vir hulle. Hul ouers het nie 'n karavaan nie maar hulle wil darem ook graag die dinge doen wat die kampeerders se kinders kan doen. Hul woon dalk iewers waar hul nêrens het om iets lekker te gaan doen nie en dit is seker vir hul ouers ook lekker om die familie vir die dag uit te neem vir 'n treat.
As 'n oord voorsiening maak vir dagbesoekers en daarvoor ontwerp is, dink ek dit is selfsugtig van die kampeerders om aan te neem die oord behoort eksklusief net aan hulle.
Daar moet reëls wees en die bestuur van die oord moet toesien dat dit streng toegepas word. Dagbesoekers moet nie in die kampeerarea toegelaat word nie en moet nie die kampeerders se ablusiegeriewe gebruik nie. Ek dink die twee dinge wat die meeste onmin veroorsaak is alkoholmisbruik en 'n oorvol swembad waar die dagbesoekers die kampeerders verdring. Die oorde moet dringend aandag daaraan gee.
Te lui om te tik ----- stem…
Te lui om te tik ----- stem saam met die Antie hier bo.
Voted...
Does not worry me, I camp miles from anyone...
But from experience, One cannot run a place on camper's alone, you don't get enough income.
There has to be a mix of day / campers and a few perminent people
HOW THEY ARE MANAGED.... makes all the difference.
Totally agree Warren…
Totally agree Warren.
HOW THEY ARE MANAGED.... makes all the difference.
Nou weer roer
Dag besoekers is verseker ook n inkomste maar daar moet duidelike riglyne wees waar hulle mag wees en hoe laat hulle uit die oord moet wees as daar nie beheer is nie raak dit soms over crowd mense raak ongeduldig en kom ons wees eerlik volgende keer dink jy twee keer voor jy die oord besoek hoekom want jy gaan kamp om te rus jy gebruik die swem bad , put put bane ens om te ontspan





Ek die al ook geroer
Johann dagbesoekers moet daar beheer oor wees getale so laag moontlik en hulle moet weg bly van kamp terein dis maar my openie