Wie stel belang om deel te wees van die Omgee groep ?
Hier is waaroor dit gaan.
Hier onder is waar die groep storie begin het.
Sou julle belangstel kan julle net julle inligting invul op die Excel spreadsheet wat aangeheg is en stuur vir my terug.
Hier is die oorspronklike begin:
Een Kersoggend (lank terug) het Dr Ernst Endres van Wonderpark gepreek;
"Dit is jou reg om verby te ry as iemand langs die pad staan met 'n pap wiel, maar dit is deernis om te stop en te help"
Dit het my geraak en ek het dit goed gedink om ‘n inligtings lys te begin, iets soos "Omgee Kampers se Inligting" so het dit als begin.
Onthou as jy deel wil wees van die Omgee groep / Lys moet jy julle inligting met my deel in ruil vir die ander se inligting, so stuur julle inligting en word deel.
Net so iets ingeval jy dit soos ek nie altyd kan onthou nie. Ek het die Groep onttrek van die twee forums weens politieke redes, maar ek is steeds betrokke en aktief op beide die twee forums. So het ek besluit om my eie groep te begin WilSur se Omgee Vriende.
Die Doel:
Om julle inligting met ander te deel sodat dit dan ‘n ondersteunings groep word.
Om jou inligting op datum te bring soos dit verander (verwittig my).
Om mede lede van die groep te ondersteun waar nodig en in geval van nood.
Om GEEN van die ander lede se inligting aan enige iemand anders bekend te maak nie.
Kommunikasie:
Ek het ook ‘n “Geslote Groep” op fb (facebook) geskep waar ons ook saam kan gesels en dan ook kampe daar reël. Ek het ook twee groepe op “WhatsApp” begin, een waar van die ouens klets (soms soos in baie) en een waar ons vinnig met lede van die groep kan gesels oor kampe, die is nie ‘n gesels groep nie.
Sodra jy julle inligting vir my gestuur het en jy het vir my aangedui dat jy op fb is en ook die WhatsApp nommer vir my gegee het koppel ek jou en as jy wil ook jou vrou (wederhelfte) soos van ons reeds gedoen het.
Om my data basis op datum te hou moet jy julle nuwe inligting vir my deurgee asb. ek het die dokument met almal se inligting nou op “Dropbox” waar jy gereeld die nuutste inligting kan aflaai want dit raak nou nogals rof as ek vir 100 lede elk ‘n e-pos moet stuur van 5 MB. As jy nie dit gebruik nie sal ek steeds op versoek die jongste lys aan lede stuur.
Inligting:
As jy voel jy wil nie jou/julle ouderdom met die ander deel nie gee dan net die dag, maand en die jaar as 3000 vir my.
O ja onthou jou “WhatsApp” nommer indien hy veskil van jou foon nommer, dan kan die wat wil daar saam gesels in die Groep wat ek geskep het. Daar is ook ‘n “fb” groep wat ek geskep het.
Ander:
Onthou net, dit is nie ‘n klub nie en daarom is daar geen koste of enige reëls nie, ons is net vriende wat dieselfde in gemeen het naamlik KAMP. Van tyd-tot-tyd kamp ons saam en geniet dit, daar is ook geen reëls want elkeen doen sy eie besprekings en sy eie ding by die kamp. Ons braai gewoonlik een keer saam en gesels lekker.
Indien jy inligting van ‘n instansie of persoon wat jy met ons wil deel soos “Silwer Solutions” in Brits, stuur vir my die inligting dan plaas ek dit op die ander “tab” naamlik “Inligting” wat jy langs die Kamper Data sal kry. Daar is ook die “Gegradeerde Parke” tab en dan is daar ‘n tab wat reg behoort te wees om te druk op “A4”wat jy in die voertuig kan hou, die “Druklys”.
WILSUR: Stuur vir my net 'n e-pos dan stuur ek vir jou die nodige.
Ons is tans so 100 lede op die lys.
ANDRE SMIT: Hi Willem,
Dit bly 'n uitsatekende idee.
Ek het gister weer daarvan gebruik gemaak om 'n makker te help.
Sterkte
Hoop die manne reageer.
Andre
LEN LOADER: Ek is ook al jare lid van Willem se Omgee Groep al woon ek in die Kaap - ek dink dit is 'n prysenswaardige gedagte en is geensins in kompetisie met forums nie. Dit is gerusstellend om dwarsdeur Suid-Afrika te sleep met die gemoedsrus dat daar feitlik altyd iemand in die omtrek is wat met 'n krisis kan help. Behalwe hier mag dit dalk lol :-
Tussen Sutherland en Ceres waar leiklip bande soos lemmetjies sny nadat dit geskraap is. Hier het die Pathfinder al 'n tweede band verloor op 'n Sondagmiddag en daar was geen selfoon-opvangs nie :-

JOHANN L: Ek is ook op die whats app groep, soos Lennie noem, dit het niks in gemeen met die forums nie, (geen botsende belange) maar dit is baie goed om te weet, sou jy en jou familie iewers hulp nodig kry, is dit 'n whats app (gratis) en jy kan geholpe raak deur'n betroubare persoon.
Willem [wilsur] ek het jare…
Willem [wilsur] ek het jare terug op jou groep geregistreer, is my registrasie nog geldig, en is dit nog dieselfde mense daar, my lys is seker al so 4 of 5 jaar oud?
Wilsur se omgee Kampvriende
Skies Arie ek sien nou eers jou boodskap, nee dit is 'n nuwe lys van ek by die forums weg gebreek het, stuur net weer vir my 'n e-pos na my huis Forum naam @ TelkomSA dot net
Dan sit ek jou weer op, sal kyk of ek nog die ou inligting het.
Die e-pos adres wat ek het werk nie meer nie ?
Wilsur sal jy asb vir my ook…
Wilsur sal jy asb vir my ook weer die lys stuur, Ek weet nie of ek nog op jou lys is nie. Daar het wel sekere goed verander van dat ek laas gestuur het
Dankie
Dankie. Het gekry sal gou…
Dankie. Het gekry sal gou more as ek by die rekenaar is inful en terug stuur
Ek ook daar en dit werk baie…
Ek ook daar en dit werk baie goed.
Wilsur se omgee Kampvriende
Onthou as jy wil deel wees van ons Omgee Groep stuur vir my 'n e-pos. Dit kan jy doen deur op my Forum naam te klik.
Ek en Surette gesels gister…
Ek en Surette gesels gister en sy vra hoekom maak ek nie 'n WhatsApp groep soos altd vir die Mei kamp nie ? Dit is wat ek altyd doen as ons 'n WilSur Omgee vriende kamp doen want dan het ek nie nodig om almal lastig te val met enige reelings nie. My andwoord aan haar was dat ek nie almal se kontak besonderhede het nie.
Nou wonder ek of dit nie sal baat as julle ook by die groep inval nie ? Want dan het ons mekaar se inligting ingeval van nood of plesier.
Lees asb. waaroor die groep gaan en sou jy belangstel stuur vir my 'n e-pos sommer van die forum af dan sal ek met jou kontak maak vir die nodige inligting.
Jy behoort al my inligting…
Jy behoort al my inligting ook te hê.
Willem, glo jy het ook al my…
Willem, glo jy het ook al my inligting, behalwe dalk die kleur van my onderbroeke?
Deon, ek kry niks van jou…
Deon, ek kry niks van jou nie, ook nie op die ou WegSleep lys nie ?
Arie, ja jou inligting is reg en op die lys.
ai tog, Deon het al weer van…
ai tog, Deon het al weer van die wa afgeval?
Dalk iets te doen met daai "Groot Muur" voertuig van hom?
Willem, jy behoort my…
Willem, jy behoort my inligting te hê, ek sien gesprekke op die "Kamp groep"





Ook Anders om.
Die groep werk ook "anders om", ons is almal ook gereed om 'n ander persoon te help waar jy kan.