Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -5 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Wie doen wat as julle kamp?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Hoe deel jy en jou wederhelfte die werkies in en om die karavaan?   Ek en Colin het al in so roetine verval met wie wat doen, dat elkeen sy dinge outomaties doen en nie eers verwag die ander een moet daarmee help nie.  'n Paar goedjies wat net ek gereeld doen is bed opmaak, skottelgoedwas, die karavaan binne skoon hou en die tafeltjies en ander goeters in die tent skoon hou.  Die enigste skottelgoed wat Colin was, is die swartpot.   Hy gaan sit die wasgoed in die masjien, hang dit op die draad en gaan haal dit weer af.  Hy hou die vloer van die tent skoon en sorg vir ander dingetjies met die tent en buite.  Hy was ook die karavaan en tent se vensters as dit nodig is.   Kosmaak is albei se ding, soms net hy, soms net ek en soms doen ons dit saam.   Hy maak die vuur en doen die braaiwerk.  Omdat ek nie die Isuzu bestuur nie, gaan doen hy soms die inkopies op sy eie.  Ons is albei redelik geordende mense en hou die plek netjies en verwag nie die een moet agter die ander opruim nie.  Colin sal bv nie 'n vuil koppie of bord los op die tafel nie, hy sal dit altyd in die bak gaan sit saam met ander vuil skottelgoed.

As net twee mense kamp, is die werk eintlik min en word sommer gou gedoen.  Ek gaan skoon bederf wees na die lang kamp om weer al die pligte van 'n huisvrou te gaan doen.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/05/2017 - 14:01

Laat ek dink....  ons doen maar elkeen alles. Natuurlik leun dit na die swaarder werk na my kant toe en die ligter werk na my vrou se kant toe.  

Help mekaar is ook 'n goeie beskrywing.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 15/05/2017 - 14:17

Ons doen basies dieselfde, maar as dit by opruim en skoonmaak kom, vat ek eerder pad.

Geraldine is te presies en alles wat ek doen bly maar altyd verkeerdblush.

Moet darem byvoeg, met opslaan is sy 'n danige opslaner. Sy help die tent inruig, pale deur sit asook vashou. Sodra alles staande is, gaan sy aan met haar eie ding terwyl ek die penne kap en toue span.

Ek moet darem byvoeg, sy ''spark'' met opslaan. Ons het die modern L-Shape tent en ons twee maak hom staande binne 15 minute.

Kyk, as sy begin ''springclean''', staan ek maar eerder baie ver weg.

Sy sorg ook vir die pak van die karavaan en ek sorg vir die tegniese goed buite die karavaan.

As ons by 'n kamp arriveer, dan neem sy my eers vir 'n staptoer deur die karavaan en wys my waar is my ''onnies'', my sweetpakke, my T-Shirts, my broeke ens.. en ek moet nie waag om weer te vra, waar is dit nieblush

Vuurmaak, is ek mee baie sleg, daarom maak sy altyd die vuur en ek braai of maak 'n pot.

Inkopies gaan doen ons saam omrede ek altyd die helfte van die goed vergeet, maar ek vergeet nooit die whiskey nielaugh.

Baie woorde val gewoonlik, maar ons bly lief vir mekaar en respekteer mekaar. Ons wissel woorde gewoonlik net so vir maksimum van 10 minutelaugh, dan is alles weer vergete.

Ons wissel ook so woorde dat nabye kampers weet nie eens ons wissel woorde nie en dink ek en sy het 'n geweldige goeie gesprek aan die ganglaugh.

Ons geniet nog altyd elke oomblik van enige kamp en lag gewoonlik na die tyd oor alles.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 15/05/2017 - 14:44

Ons doen gewoonlik alles saam. Ek doen die vuurmaak en die braai. Maak ook self die braaigerei skoon. Sal help met die bed opmaak en ook wasgoed was wanneer dit gedoen moet word sowel as die skottelgoed.

 Rally of tent doen ons twee saam. Tafels en stoele uipak doen ek.

Ek glo dat wanneer ons kamp dan kamp ons altwee. Nie ek kamp en sy moet werk nie. Tel nie hoeveel keer ek dit of dat doen nie. Dit word net gedoen

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Mon, 15/05/2017 - 14:52

DK ek dink ek sal graag saam met julle wil kamp .Ek is maar altyd Smokey the bear ek moet vuurmaak mamma sal sorg dat die "cooldrink" altyd byderhande is maar bygese nie 1 van ons is groot drinkers .Vroutjie is die 1 wat die karavaan pak want as ek pak kom ons net daar met 12 onderbroeke vir my ,Januaraie ,Februarie ,Maart ens .Sy help ook fluks om karavaan op te slaan moet se my vroutjie is nie n lui mens .Ons was die skottelgoed saam ,braai saam ,soms slaap ons saam lol maar net as dit koud is .So ook sal ons saam wasgoed was en sy hang dit op ek doen dit mos verkeerd .Woorde gehad Jaaaaa baie maar is ook baie keer net kyke en sulke sis geluide .Kan nie aan enige iemand anders dink om saam te vat es ek gaan kamp ons is nou 37 jaar getroud die 7 sakke sout lankal opge-eet net die sakke wat oorgebly het

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 15/05/2017 - 15:18

Ek moet ook darem noem dat sy my GPS ook is. Ek beplan die roete vooraf en vertel haar hoe ons gaan ry en sy wys roete aan.

Soms gaan dit nogals moeilik, as sy noem jy moet nou hier draai, maar dan is daar 'n pad wat links en regs draai????

Daar word nie vir my gesê, draai links of regs nie, net draai hier!!!!

Dit is wanneer ek dan begin kook soos 'n kar wat ''overheat'', maar as daar niks gesê word nie neem ek aan, sharp jy het gelukkig reg gedraai.

Jaaaa, by die skottelgoed moet ek maar seker so af en toe gatkruip en dan droog ek maar met swaar hande afblush, maar verrig maar die ou takielaugh.

O heng, ek moet ook nie noem ek is nou ''Dors'' wanneer ons, ons bestemming bereik nie, kyk dan word daai lefiete behoorlik vir my gelees en vertelsurprise.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 15/05/2017 - 15:56

Van ons in 1971 getroud is, het ons die reeling dat Petra alles in die huis doen, julle weet mos daai vroeu joppies.

Ek sorg vir die tuin en dat alle instandhouding gedon wod.

Met die kampery is dit nog so, Petra maak kos was skottelgoed en asgoed maak de wa en tnt skoon, gooi koffie en dop in en al daaii vroue joppies. Ek versorg die tuin (gelukig geen tuin met die kampery) doen instandhouding op die wa en beskerm haar.

Gn wonder dat ek saans so moeg is nie!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/05/2017 - 18:55

Ons het ook nie regtig voorkeer take nie behalwe die anker toue en penne is my taak, die rangskik van die "meubels" is my vrou se taak.

By kos - by kosse my vrou sin, vuur maak en braai myne, skoon maak, doen ons saam.

Skotelgoed doen ons saam,  ek was en sy droog af,  voor ons gaan slaap, is alle skottelgoed gedoen.

Die bed is my taak,  ek maak op 'n manier op en slaap nie in 'n bed wat nie reg op gemaak is nie.

Buite: tent en braai is heeltemal my plesier. Niemand krap in die neus kas nie, dit is oorlog soek.

Wanneer net ons twee kamp werk dit soos bo genoem, maar as die kinders saam is loop alles maar net soos dit wil. Dan is dit meer 'n gespeel om die tent op te kry as iets anders

 

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 15/05/2017 - 20:52

Nee Johann, ek bypass bed opmaak.

In die weermag moes my makkers my bed opmaak, want die ding het gelyk soos ń "H" se handsak en dan kry almal straf agv my.

Die neuskas is ook my privaat plek, niemand krap daar behalwe ewinklaughk????

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 16/05/2017 - 04:40

Voor ons ry, die wa word deur my gepak. As ek dit vir die vrou los pak sy die helfte van die huis in. Ek maak seker dat die nodige in die neuskas is. Daar krap ek allen in

In die wa is die tafels en stoele ens. reeds in. Dit is net die klere wat gepak word. Ek pak myne en sy hare. Die tent en/of Rally word in die voertuig gelaai saam met die kos.

Sodra die tent staan kry ons elkeen 'n stoel en drink 'n glas koeldrank. Dit gooi sy vir ons in terwyl ek die penne inslaan.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Tue, 16/05/2017 - 07:13

My motto is om soveel moontlik in die voertuig te pak. My voertuig moet sleep en nie die karavaan die voertuig nie.

Daarom pak ons (my vrou) die proviant, klere ens.. in die karavaan en ek pak soveel moontlik in my voertuig.

My pale is gewoonlik 'n probleem om in die voertuig te kom. Met tafels het ons redelik afgeskaf. Ons het gewoonlik amper 'n half dosyn tafels saam geneem en ondervind dat die helfte bly gewoonlik in die voertuig agter.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 17/05/2017 - 12:24

Kamp besluit ons saam waar die pak van trailer doen ons saam Daar gekom pak ons alles uit slaan tent op saam dan pak Berdien alles uit terwyl ek yskas en krag uitsort pak die houd op braaier sy skink n koue een walla span bou saam alles doen jip kamp ou Freda bly koning

0
Florauna, Pretoria
Profile picture for user chris dupreez

chris dupreez

Thu, 18/05/2017 - 12:48

Ons doen ook maar meeste van die goed saam. ek sal vuurmaak en braai, ma sal help met die ander kos, Ma sal bed opmaak en wa en tent uitvee, ek sal goed regpak of rondskuif wat nodig is. Ek was skottelgoed en ma droog af en pak weg. Ek maak altyd kofie, ma maak slegte koffie winklaugh. As ons opslaan of afslaan doen ons dit saam as daar nie ander hande is om te help nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 12/01/2018 - 07:57

Nou dat net twee van ons is wat gaan kamp  Freda sal ek maar seker soos Arie moet maak maar die meeste van opslaan werk moet doen dis mos maar hoe dit moet wees sy moet maar koue een nader hou soos benodig Berdien kan darem tent penne inslaan ek caravan laat staan soos sy wil eish kamp is hare werk of hoe

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 12/01/2018 - 08:32

Shaun, as jy vir Arie luister, gaan Berdien jou los binne die eerste jaar van jul groot kamp.laugh

Kyk hoe lekker het DK op hierdie draad gesels.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/01/2018 - 14:39

Freda, ek wonder hoekom het ek hierdie draad verlede jaar gemis ? Normaalweg is Mei-maand my Wildtuin maand, maar verlede jaar was ons eers in Julie in die Wildtuin.  Iets moes gebeur het dat ek dit nie gesien het nie.

Ewenwel, as ons ons staan by die kamp gekry het, gaan my pligte voort. (Ek het mos bestuur en die wa tot by ons bestemming gebring, by die kantoor ingeboek en daarna die "mover" bestuur soos Skattie dit wil hê.) 

Dan prop ek die krag in en laat die stutte sak.  Daarna haal ek 'n stoel uit vir Skattie en plaas dit onder die naaste koelteboom.  Ek haal die grondnette uit en Skattie sal dan daar vanuit haar stoel onder die koelteboom roep : "Kan ek help ?"  Die hulp word  aanvaar en ons lê die grondnette neer.  Skattie keer terug na die stoel en ek begin die grondnette styf span en vasslaan.  Daarna haal ek die tent of rally dak uit die Pathfinder en maak gereed om dit in die karavaan-gleuf in te ryg.  Ek moet op 'n trappie staan om bo by te kom.  Na die tweede trek, haak die toevoerpunt vas en ek klim van die trappie af om die hakplek uit te sorteer.  Daarna weer terug op die trappie en na nog twee trekke haak die bliksem weer vas. Weer af van die trappie en toe daar vanuit die stoel :"Kan ek help". Antwoord :"Verdomp, natuurlik asseblief !"  Skattie voer en ek trek die dak suksesvol deur die gleuf.  Skattie terug na die stoel en ek begin die tentpale uithaal en op die grondnet groepeer.  Voor hulp weer aangebied word vra ek hierdie keer vooraf om hulp.  Ons kry die pale in posisie (Skattie hou net vas waar ek vra sy moet) en ek slaan die ankertoue vas.  Hiermee is Skattie se taak afgehandel en verdwyn sy binne-in die karavaan waar sy dadelik die lugversorger aanskakel want dis baie warm buite.  Daar hou sy haar besig om dinge in orde te kry, maar eintlik was alles al in orde voor ons vertrek.

My volgende taak op 70-jarige ouderdom is om ons 42 liter Edesa-vrieskas (vol vleis) uit die Pathfinder te haal en te dra tot voor die karavaan se wiele waar dit geplaas word. Dan aan die krag te koppel nadat ek met blokkies seker gemaak het dit staan waterpas.  Intussen bied Skattie vir my "'n heerlike koppie koffie" aan vanuit 'n lekker koel karavaan, maar nodeloos om te sê, ek verkies 'n bier.

Ek sal dan die twee sykante en die "skirting"aanrits en die penne vasslaan.  Die ander stoele, skottelgoed-wasrak en twee tafels word uitgehaal en op hulle plekke geplaas.  Daarna die tuinslang aanlê en die watertenk vul.  Die porta-potti is reeds by die huis ge-"charge" en het dus nie nog aandag nodig nie. Dan 'n navraag van binne die karavaan : "Wanneer  gaan jy die DStv koppel ?"  Ek los dan maar waarmee ek besig was en stel die skottel op en soek 'n sein.  Uiteindelik is ons gesettle.

Binne-in die karavaan help ek aan die een kant met die bedopmaak en ek was ook die skottelgoed in die tent of afdak.  Ek droog dit ook af en gee dit aan vir Skattie wat dit dan wegbêre.  Ek het niks met kosmaak te make nie (dis nou Skattie se koningkryk) want ek weet niks daarvan af nie, maar ek doen die braaiwerk.

Wasgoed is voluit Skattie se verantwoordelikheid.

En so kamp ons lekker al vir 48 jaar en is nog altyd lief vir mekaar !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 12/01/2018 - 21:42

Lees ek nou, na ons veilig terug is by die huis,  nog so voor ek kom naand sê, die storie so van daar bo af tot hier onder, en kom tot die slot som.

Ons kan gerus by Arie leer hoe om te deligeer. PUNT?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus