Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 minutes ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Rona... Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Vaalpark

Johann L

Thu, 18/05/2017 - 08:54

Al amper middag sê vriene en vrieninne, ek is darem al lankal op, maar sit en suig die een koppie na die ander.?

Freda en Frans, bly julle het nou kennis gemaak, ek sal ook een of ander tyd die voorreg he om vir Frsns en Linda persoonlik te ontmoed. Ongelukkig, sedert my pa se dood, kom ons nie juid meer in Klerksdorp nie, maar sal moet plan maak.

Dennis, eet maar daai gesondheids broodjie, gister weer my cholestrol getoets en sukkel om dit onder 7.4 te kry. Nou wil die dokter my vertel om minder rooi vleis te eet en ook sommer daai mooi stuk wit vleis wat so drip as jy die biltong so kou uit te sny.

Jy kan mos nie vir jou mede mens so vieslike ding loop staan en beveel nie.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 18/05/2017 - 19:25

Johann, Ek wag vir daai KUIER!!!

Gaan nou so lekker moerkoffie aanmekaarslaan, in stede van suiker sommer stywe Whisky gebruik! Effe koelerig vanaand hier!!!

Sal dalk bietjie môre Wildernes se kant toe ry, was vandag Hartenbos se kant toe, gaan inkopies doen. Beplan dalk volgende Donderdag Mosselbaai toe, daar gaan rondry, posboom ens. Gaan Sommer Dan diesel gooi vir terugkeer. Agri Tak daar so R1.00 per liter goedkoper.

0
Centurion

Dusty

Fri, 19/05/2017 - 04:33

Goeie more aan al die koffie en tee drinkers

Vrydag het weer gekom. Vanoggend nie so koud nie. Sien die temp op die pad het gewissel tussen 8 en 12°. Lyk of ons 'n lekker naweek gaan geniet en more is juis weer potjie dag

Lekker dag vir elkeen en geniet die naweek

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 19/05/2017 - 08:32

More aan almal.   Hoop julle het lekker geslaap en geniet die koffie.

Lekker Vrydag vir julle en sien uit na die naweek.   

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 19/05/2017 - 08:44

Alweer VRYDAG??

Jinne, tyd VLIEG!!!

LEKKER NAWEEK!!!!!!!!!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 20/05/2017 - 08:16

Goeie môre, hoe is dit so stil hier? Lekker koffie gemaak (gemoerde koffie!).

Die see is WEG!, Soos daai ander forum!!! Skoon weggesleep!

Spierwit van die mis!!!!!!

Hoop hy kom terug!!!

Lekker dag!

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 20/05/2017 - 08:48

More Frans & Voortrekker.  Dankie, ek is al op my tweede koppie.

Frans, hier by ons ook al van gisteraand af mistig.   Ek wonder wat dit beteken?  Dat dit warmer gaan word?   My blomme is nog net so mooi, laat my heeltyd aan julle dink.smiley

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 20/05/2017 - 09:06

Freda, ek's bly die ruikertjie hou, ons ook altyd mal oor iets wat Proteas in het! Tuis sit Ek gewoonlik " Butcher's Brush" saam in. Dit is iets wat tot 6 maande en Langer hou! As jy nie ken sal ek foto neem in huis tuin en vir jou e-pos!

Voorie, ons het gister by winkelsentrum buite George die  moerkoffie voorraad bietjie aangevul!! Net jammer die bodum? koffiemaker hier effe Klein, ou moet kort-kort ene laai en maak, tuis maak masjien darem so 6 koppies!

 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 20/05/2017 - 09:55

More vir al die ore, sit ook nou met derde beker en net bietjie kom kyk wie is al wakker.

Lyk my die mense kry koud op die heerlike dag.?

Frans julle moet die see geniet, tyd gaan so vinnig verby, voor jy kyk is jy weer besig met volgende planne?

Freda, ons hier, wens ons so na die see sit en kyk, kyk maar sommer namens ons ook.?

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 20/05/2017 - 10:09

Johann, ons sien gladnie die see hier waar ons kamp nie, kan hom darem hoor.  Maar ons ry gereeld na die strande hier by Hartenbos en Mosselbaai om te gaan kyk.  Ek geniet om die surfers dop te hou.   Ek sal kyk namens jou ook, hoor.   Frans is gelukkig om die see heeldag te sien van sy huis af.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 20/05/2017 - 11:09

Johann, hierdie is plek waar ek/ons baie waardeer! Vol  see-uitsig vanaf sitkamer asook 2 slaspkamers, en braaiplek!

Ek moet net nie te veel uitpraat nie, is al amper moeilik om te bespreek! Mense wat hier was, kom weer en weer! Prys buiteseisoen vir ons bekostigbaar, en omdat jy NIE sleep nie, makliker en heelwat besparend wat brandstof aanbetref. Ek het met komslag so by 17km/liter gekry.

So vinnige foto uit sitkamer!, Ons sit en kyk vir branders met voete op vensterbank!!!

.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 20/05/2017 - 11:16

Het Donderdag darem paar dolfyne gesien, vorige keer BAIE gesien!

Ek dink dis nou nie regte seisoen vir dolfyne en walvisse. Maar nieteenstaande, jy sien ALLES met Groot gemak!  Hier is ook Stoep/balkon bokant ons blyplek, waar mens met toestemming ook pragtige uitsig het, uitstekend vir fotos neem!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 20/05/2017 - 11:27

En daar, pas Na my kommentaar, kyk ek op oor water, en daar kom Walvis tevoorskyn!! So 3/4 keer opgekom, en weer weg. Gelukkig kon Linda ook sien!!!!

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 20/05/2017 - 11:52

Ons bure hier by Dibiki het nou die dag baie opgewonde teruggekom na hul bietjie see toe gery het, omdat hulle dolfyne gesien het.   Om dolfyne te sien is nie vir ons meer snaaks nie, ons sien dit gereeld.  Hulle kom van Gauteng, so mens kan dit verstaan.   Toe sê ek vir Colin ek wag om 'n walvis te sien wanneer ons by die see gaan sit.  Ons wou nou die dag op 'n bootrit gaan waar jy natuurlik robbe sal sien en moontlik dolfyne en walvis.  Ongelukkig vat hulle 'n breuk op die oomblik en maak eers 28 Mei weer oop vir bootritte.  Dit is 'n paar dae voor ons van hier vertrek, so kan dit moontlik nog doen.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 21/05/2017 - 08:12

More sê van uit 'n heerlike koel,  maar sonnige Vaalpark. 

Wie is vir 'n bekertjie boeretroos, skink maar en geniet een saam.

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 21/05/2017 - 08:25

Johann, dankie, Ek gaan Sommer beskuitjie saam neem!

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 21/05/2017 - 08:37

Dankie, ek is besig met 'n warm koppie koffie.   Die tent is koud vanoggend.

Mag julle almal 'n baie aangename Sondag geniet.

0
Centurion

Dusty

Mon, 22/05/2017 - 04:31

Goeie more almal,

'n Nuwe week vir ons. Sit nou en tee drink en net so 3 minute dan is die koffie ( soos Frans se gemoerde koffie) ook gereed.

Die temperatuur die afgelope klompie dae is maar dieselfde. Koel maar nog nie koud nie

Lekker dag vir elkeen

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus