Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -30 minutes ago
Bo Umfula Johann L -33 minutes ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -54 minutes ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Ons nuwe tent.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Soos baie seker al weet, ons is nou in ons 7 de jaar van voltyds kamp.

Mens het maar jou up en downs, gelukig darem voorsiening gemaak toe ons begin met die storie.

Het maar eenkant geldjie bele vir goed wat ek weet sal opduik;

Geldjie vir nuwe meubels, het van al ons meubels ontsae geraak toe ons die blyplek verhuur.

Voorsiening om ten minste een keer die karavaan te vervang.

Voorsiening om ten minste een keer die sleepvoertuig te vervang.

Voorsiening om so elke ses jaar tent te vervang.

Dit is nou die groot goete, maar so bietjie geldjie opsy gesit vir onvoorsiene breeke en ander skade.

Ons tent het darem so amper 7 jaar gehou, maar moet nou dringend vervang word.

November laasjaar tent by Campworld Pta bestel, sommer so ekstra extension voor vir bietjie groter stoep, ek is mos lief om met my pyp en Rum oppie stoep te sit?

R15000 dep [50%] en belofte tent sal hier wees einde Februarie 2018, almal happe en vol smiles.

Na hoeveel oproepe dreigemente en wat nog is my tent toe nou hier. Parkeer die Penta by Shammah, sit niks op nie - ons gaan mos nuwe tent opsit. die ou tent bemaak aan die wit plakkers kamp by Bon Accord.

Ry gister Pta toe, moet so bietjie anner besigheid ook doen en weer bietjie by klein kinders kuier, bel Camp world se ek sal 10 vm vandag daar wees hulle moet tent opsit ek wil sien.

Kom vanoggend daar, hulle haal sakke uit, slaan tent op, lyk pragtag, vra nou waar is extension dan, nee daar is hy innie sak! Se nee sit ook op, maar nou moet hulle eers 'n Exclusive wegstoot.

Nooi ons om koffie te drink terwyl hulle gou opsit, klaar koffie, gaan kyk die extension is 'n heel ander skakering grys as die hooftent.

Daar verloor die kaaskop toe nou sy sin vir humor!!

Einde van storie, ek vat net hooftent, betaal nie vir extension en beding nog R3500 afslag anders gaan ons maar hof toe.

Nou ja nog steeds nie lekker groot stoep, maar darem so R3500 waarmee ek Petra so bietjie kan bederf. Ek dink aan 'n lekker "Free Flow uitlaat pyp op die Pajero, so V^ klink darem mooi met so oop pyp, en ek glo Petra sal baie in haar skik wees met die geskenk.

More vroeg terug Shammah toe sodat Petra kan kamp opsit terwyl ek die omgewing verken.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 04/08/2018 - 14:15

Sit in die hoekie en dink oor my sondes, nee wat, wag maar vir oom Arie, hy kan dinge beter explain vir die virgin mary's hier rond 😢

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 04/08/2018 - 14:25

Maar ek is onskuldig, Gees!   Ek dink en dink aan die verband tussen "dit" en "tent opslaan", maar kan nie mooi  uitpluis nie.  Behalwe as dit iets te doen het met die tent wat regop spring of stokstyf staan???   Of is daar 'n tent betrokke by "dit"?  laughlaugh

As jy nie die moed het om dit uit te lê nie, moet Len dit maar doen.  Kom Len, jy soek mos nie na woorde nie.wink

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 04/08/2018 - 14:59

Mygesie self, ń army ouers se kind, gaan nie so mooi uitkom as ek tent opslaan probeer verduidelik, gaan rof raak, veral as die tentpen sy eie kop het, lelike woorde, No ways. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/08/2018 - 15:52

Ek is nou deurmekaar,  ek weet nie waarvan julle praat nie. As 'n mens op jou rug in die bed lê en jy trek jou been op (sê maar van 'n kramp) dan vorm die lanken en/of kombers mos 'n tent.  As jy dan koffie drink soos wat Gesie gemaak het, ontspan die styfgetrekte kramp en die "tent" slaan af.  Ek weet regtig nie waar kom "kampopslaan" nou vandaan nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 04/08/2018 - 16:22

OK, sorry, met my eerste navraag het ek verkeerdelik gesê kamp opslaan.  Daarna weer tent opslaan gesê.

Ek het dus die kat aan die stert beet.   Verstaan nou beter.   Gees het vanoggend in die bed gelê.  Net gelê, niks gedoen nie.  Toe trek iets styf (dalk van 'n kramp) en toe vorm die komberse 'n tent.  Hy kon nie opstaan om koffie te maak nie (hy het mos 'n kramp), so sy vrou bring toe vir hom 'n koppie koffie, toe lê en drink hy dit (want hy lê mos nog onder die tent).   Die warm koffie help toe dat die kramp weggaan.

Klink vir my maar na 'n wolhaarstorie!

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 04/08/2018 - 16:46

Dit is presies wat gebeur het tannie Frieps, maar ek het ander idees gehad hoe dit moes uitgewerk het, aai die lewe en sy twists. Byvoorbeeld as ek tent staan maak, doen ek dinge voor die tyd.

Foreplay, if i may, kap eers n klein pennetjie in die grond, sit dan die hoofpaal daaroor en maak dan stewig vas. 

Storie dan goed geheg.!

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 04/08/2018 - 17:55

Flippet oom Seg, met die dnge wat kinders leer  op skool, en nog meer met selfone en internet sal ek nie verbaas wees as hul meer insig het as wat ons  hier gesels nie. 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 04/08/2018 - 18:00

Magties maar die klomp kampers is vol idees angel   Hier word gedroom van  nog daai ou Bell tent opstoot, helaas, die ou mas gaan dalk knak. Deesdae is die tentpale maar "suspect" waneer dit weer rof raak, buig maklik uit shape uit.

0
Meyerton

Segekok

Sat, 04/08/2018 - 18:02

Gees ek praat nie van WW nie...  Neee. Die Deurmekaar Kêrel.....  Sal maak dat die mense weer by die hoof moet gaan draai maak.laugh

 

Is waar Gees ek staan soms verwonderd oor die kennis van die kinders...laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/08/2018 - 18:17

Stem saam met Freda, dis maar 'n wol-harige besigheid dié !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus