Baie geluk aan die wenners!
Baie dankie aan RTGear / Johnb vir die borg van hierdie lekker pryse! Die gesamentlike gewig van die Louw's op die die Delux150 kampstoel was 183 kg
Die wenners is soos volg! ![]()
![]()
187kg - 3rde plek - Len Loader - Braai Grid stand
180kg - 2de plek - Freda - Braai Grid stand
184kg - 1ste plek - Riaan - 2 x Delux150 kampstoele !
Wenners kontak asb vir anton@kampforum.co.za om te reël vir die aflewering / versameling van julle pryse.
OORSPRONLIKE KOMPETISIE ADVERTENSIE
Geluk Riaan!

Genugtig !
Genugtig, ek is wraggies ook 'n wenner ! Baie dankie RTGear/Johnb vir my prys !
Mag ek asb. vra dat my prys by Willem Brits (WilSur) in Daspoort, Pretoria afgelewer word dan het ek weer 'n rede om in Meimaand oppad Wildtuin toe by hom 'n draai te gaan maak. Willem kamp ongelukkig (alweer !) vir die skoolvakansie dus ons moet net wag tot die skole weer begin.
Hierdie braai grid stand sal dan dadelik by Tsendze op die proef gestel word !
Willem, ek hoop nie jy gee om nie, maar dan sien ek jou mos weer in Mei 2019.
Dankie Freda, dit is nou 'n…
Dankie Freda, dit is nou 'n baie eerbaarlike ding om te doen! ![]()
![]()
Baie geluk aan die wenners…
Baie geluk aan die wenners. Geniet julle pryse. Dankie ook aan die borg.
Baie geluk vir al die…
Baie geluk vir al die wenners, baie bly vir julle.
Aai Antie jy is darem eerbaarlik!
Sit bietjie foto van die braai grid staander, wil ok sien hoe lyk die ding?
Spook, ek het al gehoor van …
Spook, ek het al gehoor van "Nou sit jy met die gebakte pere" maar lyk my jy is nou sommer die gebakte eiers?
Hehehe oom Arie, Die ghost…
Hehehe oom Arie, Die ghost is nou toast.
Geluk aan al die wenners ! …
Geluk aan al die wenners ! Ek was mooi 10kg uit. ![]()
Len, geen probleem.
Baie geluk Riaan. Ek moes…
Baie geluk Riaan. Ek moes bietjie meer tyd spandeer het aan my berekeninge soos jy![]()
Lyk my ou Voorie is so paar kilos dikker as wat ek hom geskat het...![]()
![]()
Baie geluk aan al die…
Baie geluk aan al die wenners. Ek het ook die Louw's bietjie ekstra gewig gegee. Weet nie of ek die bulletjies se wig oorskat het en of dit Anton was...![]()
![]()
Baie geluk!!!
Baie geluk aan die 3 wenners. Julle is wenners. En wenners wil ons wees.
Baie geluk aan al die…
Baie geluk aan al die wenners, jammer dat ek nie daai stoele gewen het nie maar Riaan het dit seker meer nodig as ek. Dan sal ek maar twee nuwes moet gaan koop want myne is amper op gekamp of is dit dalk ekke wat te swaar is.
Wonder ek nou wat het van…
Wonder ek nou wat het van riaan geworre? ![]()
WOW, baie geluk julle drie…
WOW, baie geluk julle drie wenners, dit is awsome pryse om te wen![]()
![]()
Ai Freda, doen jy nou 'n baie eerbaarlike ding.
Baie dankie aan RT Gear vir die gawe pryse en ook aan Kampforum.co.za wat die admin doen vir al die lekker pryse op ons baie lekker forum.
Yes yes yes
Yes yes yes yes yes nou hoef ek nie meer na kratte te soek vir die Desember vakansie nou upgegrade gaan nou soos 'n koning sit...........
Goeie naand almal.
Dis nou die heel beste nuus wat ek ontvang het............. ek kan dit regtig nie glo nie. (Lyk my daai somme maak het toe gewerk ha ha).
Eerstens aan almal wat deel geneem het dankie vir julle sportman gees en grappies ek het dit regtig baie geniet.
Voortrekker baie dankie dat ek kon deelneem en dat jy kan somme maak ha ha.
RT Gear vir die pryse en Kampform.co.za bly tops.
Baie dankie almal.
Grid stands?
Ek dink die Grid stands is 'n handige ding, veral met die ploeg skottel braaiers wat mens so gereeld by die kamppeerplekke kry - as jy nie die oopswaai rooster wil gebruik nie, maar wel jou eie toeknyp rooster op die ploeg skottel wil plaas en daar nie bakstene of gelyke klippe byderhand is nie.
Sal die persone wat dit graag wil hê vir ons asb. hier sê.
Freda, ek sal jou prys met graagte oorneem ![]()
Dis joune Voories. Hoop hy…
Dis joune Voories. Hoop hy kom handig in en die eerste keer wat jy dit gebruik, weet ek, sal jy aan my dink.
Baie dankie ook aan RT Gear, julle is 'n ster!






Baie geluk, Riaan.
Na al die "calculations" wat Riaan gedoen het, verdien hy om te wen.
Ek moet vir julle sê, ek het die dag gaan sit en geskat wat elkeen van die Louw gesin se gewig is. Ek kom toe op 183.3 kg. Toe besluit ek om dit af te rond tot 185. Ek behoort teen die tyd al te weet, 'n vrou moet haar eerste instinkte vertrou.
Ek waardeer baie die feit dat ek 'n braai grid stand wenner is. Ek dink ons is bietjie vêr om dit te courier, glo nie dit sal die moeite werd wees nie. Sal die persone wat dit graag wil hê vir ons asb. hier sê. Dan moet Anton asb die name in 'n hoed sit en Anton Jnr een laat trek.