Staan 'n kans om 2 x Delux 150 kampstoele te waarde van R1000 elk te wen!
Ja jy het reg gelees, Een wenner 2 Stoele!
Hoe om in te skryf?
Gaan loer op die RTGear Delux 150 artikel (KLIEK HIER) en raai hoeveel weeg die Louw gesin (Anton, Lolla en 2 seuntjies) gesamentlik op hulle 150Delux Kampstoel!
Kompetisie eindig 30 September 2018
2 x RTGear Grid Stands troos pryse is ook te wen! 
Jy kan jou Antwoord / kompetsie inskrywing op hierdie draad lewer.
(LET WEL: Pos / aflewering kostes van die pryse buite Gauteng is nie ingesluit nie)
WEN RTGear Delux 150 kampstoele!
Voortreker, mag ek ook inskrywe? Net om te raai wat se gewig die Louw familie op die stoel is.
Dankie Kamp Forum en Voortreker.
RT Gear groette
JohnB, jy kan maar inskryf! …
JohnB, jy kan maar inskryf! As jy wen moet jy vir ons 2 kampstoele gee ![]()
Hier gaan ek deelneem👍Die…
Hier gaan ek deelneem👍
Die Louws se totale gewig is 195Kg, dit is nou een meorse gevaarlike issue die😂😂
Verkeerd getik, moet lees 175Kg😄
Kampstoel uitdaging
Dankie Voortreker
Ja my volgende offer aan julle sal ek met jou bespreek.
JohnB
Ek diskwalifiseer myself,…
Ek diskwalifiseer myself, met die fout wat ek gemaak het.😈
Ek kwalifiseer jou weer met…
Ek kwalifiseer jou weer met die regstelling wat jy gemaak het Johann ![]()
Wel Lolla weeg seker so 48…
Wel Lolla weeg seker so 48 kg, die twee laaities so 60kg saam en Anton so om en by 220kg, dus moet die gesin saam baie weeg?
Die is nie net so eenvoudig…
Die is nie net so eenvoudig nie.
Eers n paar vrae:
1. Asseblief `n sy profiel foto van beide oom Anton en tannie Lolla?
2. Hoe oud is die kabouters?
3. Hoe gereeld visit die gesin McDonalds en KFC
4. Het die kinders `n XBOX, maw hoe baie le hulle voor die TV.
5. Gebruik tannie Lolla Herbex?
6. Koop die huisgesin getrou die Huisgenoot?
7. Weeg hulle hulself nakend of word skoen aangehou?
Ander mense, help asseblief sodat ons die raaiskoot kan verfyn.
Groete
Kit Walker
Gesie, hul weeg hulself…
Gesie, hul weeg hulself slegs met onderklere aan, baie vroeg innie oggend, (voor tee / koffie).
Voortrekker staan met een voet op die skaal, een voet op die vloer, Lolla (om die skaal te laat registreer), trek 'n wintersjas aan, en die kabouters klim saam oppie skaal.
Groete
Knight Rider.
Dankie oom Michael, ja dit…
Dankie oom Michael, ja dit verfyn al die saak so bietjie, wat die saak kan affekteer is die winter of somer ding.
Vermoed oom Anton draai Long John`s in die winter as onderklere. (die se gewig)
Aunty Lolla, is sy skaam of nie. Indien skaam dra sy dalk `n wa vrag onderklere, bloomers en so voort.
Ja, voorwaar `n moelike saak. Ja wag laat ek gaan rook en dink oor die saak.
Hahahahahaha
O my soul, dis snaaks. Julle is baie oulik! Ek geniet alles... Behalwe dat daar na my verwys word na... TANNIE... Urggggg.
Ons dra glad nie onderklere…
Ons dra glad nie onderklere nie, dit het eenvoudig net te duur geraak. Ek hoop dit help? Ek verkies pizza, maar die kabouters hou van Mcdonalds en Lolla eet net slaai. Ek neem 2 suiker in my koffie en dra 'n nr 9 skoen. Kabouters is 2 en 5 jaar maar hulle dink hulle is baie ouer. Ek was ook toilet toe net voor die foto geneem is.
Dankie oom Anton, met sulke…
Dankie oom Anton, met sulke inligting kan mens begin werk maak.
Die Pizza, is dit die dik of dun kors tipe?
Ons moet ook ingedagte hou…
Ons moet ook ingedagte hou dat oom Anton half robot is en dat heelwat van sy liggaam uit yster bestaan.





Willem se Wen stoele
So dan moet hulle gesamentlike gewig 250kg wees !!!
Ok, ek het die vraag verkeerd gelees dit is nie John en sy vra van RT se gewig nie
So ek skat die Louw's op 173kg