Ek soek 'n resep vir 'n lekker skaappootjie-dis. Nie kerrie nie.
WW, braai die pootjies so…
WW, braai die pootjies so bietjie saam met uie, knoffel, naeltjies, swartpeperkorrels en braaisout. Voeg hoenderaftreksel en water by en kook tot die pootjies sag is. Meng 'n lekker sousie van jou keuse, voeg by en kook tot die sous dikkerig is. Party pootjies kook vinniger sag as ander. Dit kan dalk nodig wees dat jy hulle op 'n stadium uithaal en weer byvoeg wanneer almal sag is.
Nou wat maak mens dan met…
Nou wat maak mens dan met die ding se pote as dit sag is, lym????
Surely eet mens nie 'n dier of wat ook al se pote nie!!!!??!!!!??
Nee sies man, hier lees kinders ook!
Ek voel ook so Arie. Laat…
Ek voel ook so Arie. Laat my dink aan 'n trippie China toe en die mense wil my toe beindruk rondom een van daai groot ronde / draai tafels met baie drank en waar jy jou kos nog lewendig kies terwyl hy vir jou loer, toe hulle vir my die "main treat " bring - Sulke lekker groot vark pote ! Eish!
Ek en my wyfie eet geen…
Ek en my wyfie eet geen afval nie, maar leef en laat leef, julle moet maar geniet.👍
Ek sal ook 'n rilling ervaar…
Ek sal ook 'n rilling ervaar vir varkpote. Maar snaaks genoeg - ek het nie 'n "issue" met skaappootjies nie. Dit is maar deel van skaapafval - waarvoor ek baie lief is. Ek is per slot van sake met 'n Karooboer se dogter getroud. Ek't ook aanvanklik maar langtand aan afval geëet, maar my oorle ou skoonma kón dit lekker voorberei. Ek verkies dit gekerrie terwyl WW spesifiek 'n resep sonder kerrie soek.
Moet sê dat die Antie se voorstel klink nie sleg nie.
Anton sou waarskynlik soetrissies bygooi.
Anton sou waarskynlik…
Anton sou waarskynlik soetrissies bygooi.
Nie ek nie, Noddy! ![]()
Noddy eet brand rissies,…
Noddy eet brand rissies, soet rissies (geel, groen of rooi) brand glad nie, ek is weer baie lief daarvoor, veral in noodle slaai.
ek is weer baie lief…
ek is weer baie lief daarvoor
Moenie dat Chris dit hoor nie
Anton, Chris moet maar sy…
Anton, Chris moet maar sy ore toe druk as hy hier lees😂
Moenie dat Chris dit hoor nie
![]()
Ek sal maar eerder nie…
Ek sal maar eerder nie herhaal wat ek op 'n ander draad gesê het van diegene wat reken dat soetrissies is lekker. Ek kan 'n matige brandrissie hanteer. Maar 'n soetrissie?? Hulle lieg as hulle sê dit is lekker. Hulle sal oor ander goed ook lieg. Aag jissie, daar sê ek dit alweer. Ekskuus.
Ja WW?? - jy moet eers die…
Ja WW?? - jy moet eers die skaapstront afwas.
Ag nee, julle, skaappootjies…
Ag nee, julle, skaappootjies is heerlik! Ek het dit nog nooit op sy eie gekook nie, altyd as afval saam met die pens. Natuurlik moet dit baie goed skoongemaak wees en tussen die twee tone is daar 'n kliertjie wat jy moet uitsny. (As jy die by 'n goeie slagter koop, is dit gewoonlik reeds uitgesny en die pootjies mooi skoon) Dan kan jy dit vir 'n uur of so in asynwater laat lê. Dit help vir die reuk. Genoeg naeltjies help ook vir die reuk.
WW, dit is maar so, die reuk van afval is een van die hoofredes hoekom mense dit nie eet nie. Nou na jy die reuk oorwin het, hoe het dit gesmaak en kon jy dit darem eet? ![]()
Ek stem saam met die Antie…
Ek stem saam met die Antie. Afval is koningskos.
Ai, ek was nog nooit so bly…
Ai, ek was nog nooit so bly dat ek nie 'n koning is nie. Shame is dit wat die arme blikskottels elke dag moet eet???
Ag nee sies man, verstik ek…
Ag nee sies man, verstik ek nou aan my marmite broodjie.
Ek hou gladnie van afval nie, ek verkies die opklim





Hallo WW, Skaap potjie of…
Hallo WW,
Skaap potjie of skaap pooitjie wat sy hoewe is?