Ek merk verskeie opmerkings oor beurtkrag oral in die land danksy gebrekkige bestuur by Eskom.
Hier by ons in Kaapstad geld die volgende :-
"LoadsheddingPlease note: Eskom has implemented stage 2 loadshedding. However, due to spare generation capacity, the City has suspended loadshedding.
Loadshedding power outages generally last for about 2 hours and 30 minutes, with one area being affected at a time during stage 1 and up to four areas being affected at a time during stage 4. Help to reduce the electricity load and risk of loadshedding by switching off all non-essential appliances, including your geyser, where possible."
Ons moes gister drie gehad…
Ons moes gister drie gehad het, maar het net van 2 - 4 nm gehad. Die een wat ons vanoggend moes gehad het, het ook nie gebeur nie. Ons het gister die kragopwekker aangesit. Ek wens eintlik hul wil hou by hul skedule, dan weet jy waar jy staan. Jy tref voorbereidings vir die krag wat gaan af wees, dan wag en wag jy en niks gebeur nie. Dit is beter om te weet as die onsekerheid.
Petrol dorp
Ons beurtkrag begin die 6 desember ons muncipality is agter met 1.2 miljard rand agter met water en krag volgens ons DA streeklid ons skedule se tot 6 ure bedags en 6 ure nags gaan hy af wees ![]()
Hoor vanoggend op die nuus…
Hoor vanoggend op die nuus dat stage 2 gestop is. Wonder of dit nie maar net is om die 5% vehoging op krag te regverdig wat Eskom wil implementeer nie.
Ek kry nie meer beurt krag…
Ek kry nie meer beurt krag nie, ek kan "off grid" gaan vir 6 plus ure (hang af van wat gebruik word), of solank die son skyn. Solar gieser was nog net twee of drie keer die af gelope 5 jaar op krag gewees.
Ja, daar is geen te kort aan krag by eskom nie, net die bestuur, swak betalings, en verhogings wat moet af gedwing word, en niemand gaan my anders oortyg nie.
Ek het......
...............te gou gepraat Eerste beurtkrag is om 18:00 vanaand ingestel.
By ons weer vandag vanaf…
By ons weer vandag vanaf 17h00 tot 19h30. Wil maar weer my LED ligte regkry.
Ons was af van 5 tot 7:30 pm…
Ons was af van 5 tot 7:30 pm hier inWarmbad
Ons het Donderdag- en…
Ons het Donderdag- en Vrydagaand deurgeloop. Donderdagaand was dit slegs van 20:00 tot 21:00 en Vrydagaand van 20:00 tot 20:40. Indien dit môre weer Fase 2 is, is ons krag van 10:00 tot 12:00 af. Ons het egter môre 'n familiebraai by my broer in Sandbaai (Hermanus) waar die krag van 12:00 tot 14:00 af sal wees.
Jinne mense, wat kla julle, …
Jinne mense, wat kla julle, daai krag wat is vir n paar uur, dit is vir my avontuur, geniet dit, wyfie kla ook glad nie, sy sê dat sy wens dit gebeur meer. Steek nie eers draad met julle, dit is lekker vir ons.
Glo nie ons krag wat alweer…
Glo nie ons krag wat alweer af is, is beurt krag nie.
Seker al 7 ure.
As dit lyk na reen, gaan die krag af.
Hulle werk ook net daaraan as dit werks ure is. Geen oortyd nie.
Harry, ja daar word nie meer…
Harry, ja daar word nie meer na ure daaraan gewerk nie. Ek dink die dat stadsrade so sukkel met finansies kan hulle nie meer na ure salaris betaal nie. Wanbestuur?
Ons sit ook maar elke dag so…
Ons sit ook maar elke dag so twee keer met beurtkrag, kan ook nie se dit pla Petra of my vreeslik nie? sit lekker buite en kyk virrie sterre in die aand, en in die dag sit ek en kyk vir die sterre van die dames wat verby stap.
Die enigste ding wat pla is die water, werk hier met 'n drukpomp, dus as krag af is ook g'n water nie.
Arie, as jy nou moet sê,…
Arie, as jy nou moet sê, watter sterre is nou vir jou die mooiste en die beste om na te kyk?
Dit hang af van die ouderdom…
Dit hang af van die ouderdom - te oud dan hang dit te veel af?
Ons eerste...............
...................beurtkrag was toe wraggies gister 6nm tot 8.30nm af, maar dit pla geensins nie. My inverter aangeskakel met die druk van 'n knoppie en ons het 'n inverter-lig in elke vertrek in die huis asook inverter-krag in my studeerkamer vir die rekenaars, drukker en modem . Ons het ook krag vir ons radio-klankstelsel, TV en dekodeerder. Ons het 'n gasstoof en kookwater en kokery is dus nie 'n probleem nie. Ons het ook 'n sonkrag-geiser en warmwater is dus ook nie 'n probleem nie.
Trouens, dit was nogal lekker om na jare weer ons bystand-toerusting te kon gebruik.
Ons krag was net van 4 - 6…
Ons krag was net van 4 - 6.30 nm af vandag. Het my niks gepla nie, lekker gaan lê en lees. Ons het net nie internet konneksie as die krag af is nie, die ADSL lyn is dood. Wat ook nie noodwendig 'n slegte ding is nie.
Ek het darem 12V ligte…
Ek het darem 12V ligte regdeur die huis ingesit so 2 jaar terug. Gas stoof al seker vir 5 jaar en het vroeër vanjaar ook vir my 'n Gas Geyser laat installeer. Sal sien wat ek nog gaan maak met die yskaste. TV's pla my gladnie en ons kan ook radio luister.





Ons het hom ook gister hier…
Ons het hom ook gister hier in Heidelberg gehad en my ouers in Krugersdorp Donderdag aand vir 4 ure.
Die gennie is vol en getoets en reg vir aksie!