Hierdie verslag oor ons besoek aan Addo is nie wat ek (of selfs julle) verwag het dit sou wees nie.
Die bed was opgemaak maar ons het nooit daarin geslaap nie. Die kos nie geëet nie, die drank nie gedrink nie, die hout nie gebrand nie.
Maar nou loop ek die storie vooruit. Len het gesê ek moet volledig verslag doen, so laat ek begin by die begin.
Kinderliedjie-"mensies in 'n hokkie"
Middag Len
Mens se verstand staan amper in eerbied stil vir die redenasie vermoë van die groenes. Dit verstom my hoeveel mense in onse land gee soveel meer om vir die regte van diere, teenoor die regte van mense. Dit grens aan die aanhang van 'n "cult".
Dalk moet jy maar die kinderliedjie herskryf;
"daar's 'n apie op 'n stokkie" na "daar is is mensies in 'n hokkie in oom Paul se tuin"
Groete
Wesselop
Wessel, baie skerp, nou so…
Wessel, baie skerp, nou so lekker gelag😂
"daar's 'n apie op 'n stokkie" na "daar is is mensies in 'n hokkie in oom Paul se tuin"





Chris...............
Wat my FB gesprek oor prbleem ape en bobbejane in wildtuine en vakansie-oorde betref, dit het 'n stortvloed reaksie tot gevolg gehad wat my naderhand tot die volgende gevolgtrekking gebring het : Die probleem sal netso bly bestaan die volgende 50 jaar netsoos die voorafgaande 50 jaar want apie en bobbie aktiviste reken ons moet maar daarmee saamleef. Stupid idees is aan die orde van die dag soos om hokke te bou waar toeriste kan kuier, braai en eet sonder dat hierdie gediertetjies naby kan kom ? Bid jou aan hoe sal Skukuza of Tshokwane binne-in 'n hok pas ? 'n Ander mens-aap reken om hulle uit te wis sal die genepoel verklein en hulle gaan uitsterf !
Met so 'n genepoel van stupid mense gaan jy nêrens kom nie en ons sal maar met die situasie moet saamleef tot 'n kind in een van die wildtuine gedood word want dan sal almal regop spring.