Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -32 minutes ago
Jan Meyer Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -48 minutes ago
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -1 hour ago
Huur Help met kamp beddens en… Geert -4 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -6 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago

My liedjie oor die laeveld

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Ek kan so bietjie kitaarspeel en glad nie sing nie maar ek het ‘n liedjie oor my gunsteling plek op aarde geskryf toe ek daar gewoon het jare gelede. 

video
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 17/07/2019 - 22:11

En wat sal ek nou sê ?

Net dit : Jy speel mooi kitaar !

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 18/07/2019 - 08:33

Ek deel jou sentimente oor die Laeveld (waar ek tans bevoorreg is om nou te wees hier by Eiland Spa).

Maggies, ek het nou so lus vir 'n kamp, gaan sommer volgende Sondag vir 'n midweek Buffelspoort toe. Sal net 'n net oor die bier gooi😃

Gaan jy rêrig Buffelspoort toe Johan? Ek is 29 & 30 Julie daar (in 'n rondawel). Ek moet een van my verskaffers in Midrand gaan sien en terselfdertyd ook 'n kliënt in Rosslyn besoek. Dan weer terug vir die laaste maand-en-'n-half by Eiland.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/07/2019 - 09:04

Chris, ek dink ernstig daaraan om 28 Julie tot 2 Aug te gaan, net 'n paar klein dingetjies probeer klaar kry, indien moontlik, dan gaan ek volgende Vrydag kyk hoe dit staan.

Wildehont, ons hunker na fotos?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 18/07/2019 - 09:38

Môre Chris en Johann

Ek kamp van 25 tot 28 Julie in Pilansberg, en moet my kos verdien die volgende week.

Julle ouens moet maar die warm water en speelgoed geniet in Buffelspoort, ek sal maar gaan diere soek in die wildtuin.

Veilig rondrits

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 18/07/2019 - 09:43

Chris, hoe gemaak om ook 'n gifsmous te word want wraggies, om werk en plesier so te kombineer is die absolute antwoord ?

0

Wanneer hoor ons die ongesensorde een

Wanneer ons mekaar raak kampeer en iemand het ‘n kitaar byderhand. Vandat ek pa geword het is daar nie meer plek om myne saam te vat nie...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus