So het die einde van die jaar 2019 (vir die wat nie geweet het nie
) ook al weer aan gebreek.
Dit is lekker nat hier by ons en die laaste paar stuiptrekkings van die jaar, en die begin van 'n nuwr jaar, gaan besig wees vir my.
Môre moet ek die Penta was, Dinsdag en Woensdag is ons op die plaas by my swaer-hulle.
Donderdag moet ek gras sny (reen of te nie) en die Penta uit haal vir die rit natal toe.
Wat beoog julle vir hierdie week?
Wil my light level in…
Wil my light level in Destiny 2 ten minste tot by 950 kry, Soos oom Voorrie met my fiets speel en beslis moet daar ook n hele paar biere gedrink word.
n Myner se werk hou ook nooit op nie.
Grassny lê vir my ook voor…
Grassny lê vir my ook voor. Die tuindienste is vir 2 weke gesluit en reken om dan nog 2 weke agter skedule te wees.
En bykans 80 vk meter rubberteëls se installasie in my voertuie sowel as karavaan se garages lê voor. Gelukkig het ek my skoonseun hier wat nogal handig is met sulke dinge. Maar om eers alles uit te pak en vloere skoon te maak voor die proses kan begin, is nogals groot werk.
Ai tog, kon toe net 35km…
Ai tog, kon toe net 35km vanoggend ry want ek het 'n groot gat in my agterwiel gekry wat nie heeltemaal wou seël nie. Ek het hom so 0p- 15km "geplug" en weer opgepomp met 'n C02 cannister en toe nog so 10km gery nader na my huis se omgewing. Toe ek sien dit lyk of die plug hou het ek besluit om maar aan te gaan. So 10 km verby en van my huis af toe spoeg die plug uit en sealant spuit oral. Ek het 'n spaar C02 cannister gehad en weer probeer oppomp maar die plug het die gat te groot gemaak om genoegsaam te kon seël. Enigste opsie was om maar 'n backup binneband wat ek altyd saamry in te sit om te probeer tot by die huis kom.
Gelukkig kom daar toe dieselfde tyd 'n ander fietsryer verby ('n mountainbiker). Een ding van die mountainbikers is dat hulle altyd goed toegerus is vir noodgevalle en ook altyd baie gewillig om te help. Sy naam ook Anton, gee toe vir my 'n C02 cannister en ons plug toe weer die gat en pomp hom op. Die band het darem toe goed gehou en kon ek die 10km huistoe ry.
Ek kon net Anton die samaritaan se naam kry en nadat my band reg was het ek dadelik gery. Gelukkig gebruik baie fietsryers deesdae GPS tegnologie wat ook gekoppel is aan hartklop en trap revolusies ens. waarmee elke rit se data dan na die tyd afgelaai kan word om die rit se inligting te vertoon - bv. afstand, totale styging, kilowatts, calories ens. Hierdie data word dan met 'n aanlyn program gesinchroniseer. Ek gebruik STRAVA en meeste fietryers doen ook so. 'n Funksie wat STRAVA ook het is "flyby's" waar mens op 'n topografiese/ pad kaart kan sien hoe jy die roete gery het asook watse ander lede dit gery het en waar en wanneer jy hulle verby gegaan het op die roete. So kon ek dus na die tyd gaan kyk het en kon ek Anton die samaritaan opspoor as 'n "flyby" Ons is nou vriende op STRAVA en kon ek hom aanlyn bedank vir die hulp.
Kliek hier om die "flyby" kaart te sien en hoe die 2 Anton's vanoggend gery het asook waar hulle ontmoet het op die roete ![]()
Ek sal mðreoggend weer vroeg uitgaan en my 110km aanpak. Die 110 km is juis 'n uitdaging wat op STRAVA is om dit te doen voor die einde van die jaar en word dan aangetoon op 'n lid se profiel as uitdaging wat voltooi is.
Kon darem vanoggend 104 km…
Kon darem vanoggend 104 km doen - nou is ek moeg
Dit is goed gedoen. Dit is…
Dit is goed gedoen. Dit is Potties toe en terug vanaf Polokwane.





'n 110 km fietsry uitdaging…
'n 110 km fietsry uitdaging voor de jaar verby is. My waentjie moet ook seker gewas word en bande gepomp word. 'n Paar biere moet gedrink word.