Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -12 minutes ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Aktuarisse & die ekonomie

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is soos meeste van ons gatvol vir Covid-19 gesprekke omdat dit die media totaal en al oorheers.  Daarom het ek die bogemelde opskrif gekies oor 'n baie interessante onderwerp, naamlik burgers van 'n land se lewensverwagting gemeet in omstandighede van 'n ernstige pandemie teenoor hongersnood.

  • Die meeste aktuarisse is verbonde aan versekeringsmaatskappye waar omstandighede (insluitend statistiek) van die verlede en die huidige in 'n betrokke land en ook in die wêreld gebruik word om die lewensverwagtinge van verskillende vlakke van burgers van 'n land te voorspel. Dit word gedoen om lewensversekeringmaatskappye instaat te stel om polispremies te help bepaal gemiddeld hoe lank 'n polishouer sal bly leef en wanneer sy polis moontlik uitbetaal moet word. 
  • Die aktuasisse voorspel dat massas sterftes lê nog vir Suid-Afrika voor en inperking sal dit nie keer nie.  Die inperking was nodig om tyd te koop om mediese voorbereiding te kan doen vir die vloedgolf siekes en steftes wat ons gaan tref.
  • Ons weet dat in die geval van die Covid-19 virus, kom daar wêreldwyd feitlik geen kindersterftes voor nie en bitter min sterftes onder jongmense.  Dis hierdie groepe mense wat nog 'n lang leeftyd voor hulle het en beskik oor die vermoë om ekonomies produktief te kan wees.
  • Ons weet dat die die Covid-19 hoë risiko groep bejaarde mense is met 'n beperkte verdere leeftyd van ogeveer 15 jaar

Die aktuarisse sê :

  • Maak dit enigsins sin om 'n hele ekonomie in duie te laat stort en sodoende te veroorsaak dat kinders en jongmense met 'n lang leeftyd voor hulle, van honger moet omkom en sodoende ouer mense met 'n beperkte verdere leeftyd van die die Covid-virus te beskerm ?
  • Maak eerder die ekonomie nou oop met basiese hiëgene in plek sodat kinders en jongmense met nog 'n lang leeftyd voor hulle nie van honger sterf nie en beskikbaar bly om ekonomies aktief te raak
  • En as die ekonomie oop is en ouer burgers tree onverantwoordelik op in die oningeperkte omgewing, dan  sal hulle dade die gevolge van sterftes tot gevolg hê, miskien iewat vroeër as hulle oorblywende kort lewensverwagting.

Gevolgtrekking : 

Die aktuarisse se bevinding en aanbeveling maak vir my absolute sin.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 07/05/2020 - 15:43

Ek stem 100% met die aktuarisse se sienswyse. Ek val self in die riskante groep en is bereid om die "bullet" te "bite" ter wille van my kinders en kleinkinders se toekoms. Hulle gaan in die toekoms nog lank en duur betaal om hierdie sinnelose vernietiging van die ekonomie om te keer.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 07/05/2020 - 16:14

Len, nou stem ons 100% saam,  ek sê dat persoonlike higiene die enigste ware oplossing is?

Ek was gister nood gedwonge Sasol toe, lyk soos 'n "Black Friday" soos die mense toue staan, waarvan 80%  masker bo-op die kop  (soos 'n hoed) dra. Sekeriteit het hulle hande vol om beheer uit te oefen.

Terug by jou punte, ek is oortuig dat die oorspronklike 5 weke van totale inperking voldoende was.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 08/05/2020 - 08:53

Na julle insette en wildehond se artikel stem ek saam stop lockdown maak alles oop kyk na jou self leef gesond

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 08/05/2020 - 10:46

My aanvanklike kommentaar het ek geskryf na aanleiding van Waldimar Pelser se gesprek op Woensdagaand met een van die aktuaris-groep  -  uiters interessant.  Die artikels hierbo sit dit ook mooi uiteen.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 08/05/2020 - 17:43

Dalk van die punt af maar. Jong aktuaris, aangetroude familie, het met die uitbreek so donker prentjie verkondig dat neef gedink het die einde is hier. Selfs die " if you can't put values in numbers, you don't understand your problem" of so iets, aangehaal.  Wat hy probeer oordra het, was dat aktuarisse n baie beter begrip het van so n pandemie as die wetenskaplikes. I beg to differ.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 09/05/2020 - 19:45

Hoe som mens ‘n aktuaris se funksie op? Hy/sy moet probeer bepaal hoe lank jy gaan lewe (op watter ouderdom jy gaan sterf). Ek sou dus reken hulle is gekwalifiseer om hulself uit te laat oor die uitwerking van die pandemie en die inperking. Is dit moontlik dat hulle ‘n verskuilde agenda het? Vir seker. As meer mense vroeër (jonger) sterf as wat hulle veronderstel was verlaag dit hulle werkgewers se winsgrens, aangesien die verhouding tussen wat hulle uitbetaal op lewenspolisse en die premies wat ingesamel is voor die uitbetaling verander. Is dit ‘n rede om hulle nie te glo nie? Inteendeel; dit bewys dat volgens hulle kundigheid meer mense vroeër gaan sterf as wat hulle moes. Dit affekteer nie net hulle werkgewers se winsgrens nie, maar die kollektiewe bydrae wat die bevolking tot die land se welsyn kan maak. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 09/05/2020 - 20:50

Ek kan aan geen rede dink hoekom 'n klompie professionele mense, aktuarise in hierdie geval en 'n paar medeci, 'n verskuilde agenda sou hê nie.

Daar is tog niks mee fout om jou kundigheid te gebruik om 'n ander perspektief aan die regering voor te lê nie ? "Take it or leave it".

Soos ek dit verstaan gebruik aktuarisse beskikbare statistiek van oral oor die wêreld en in Suid-Afrika en pas dit dan toe op  verskillende modelle om die moontlike toekomstige uitwerking  van die virus en die inperking te probeer bepaal.  Dit is heeltemal in lyn met wat 'n aktuaris daagliks doen.

Die eintlike punt wat vir my baie interessant is, is dat ons weet dat mense met nog 'n lang leeftyd voor hulle (kinders en ander jongmense, insluitend dié wat werkloos is), dat hulle die meerderheid in die land is en hul kanse om die virus op te doen is skraal.  Aan die anderkant het jy die bejaardes in die land wat in die minderheid is, met 'n beperkte lewensverwagting en wat die hoë riskogroep uitmaak.

Vir my (en blykbaar die aktuarisse ook) maak dit mos nie sin nie om die ekonomie so te vernietig dat 'n groot deel van die bevolking wat nog 'n lang leeftyd oor het, van honger te sterwe sal kom net om die bejaarde groep (meestal ook ekonomiese onaktiewe burgers) met hul heelwat korter leeftyd teen die virus te beskerm.

Chris, jou argument kon dalk sin gemaak het as SA geen werkloosheid gehad het nie want dan sou die vroeë honger-dood van die jong werkendes wat almal premie-betalers sou wees, 'n invloed op versekeringsmaatskappye gehad het.

Tot dusver is die aktuarisse reg, die een na die ander ekonomiese entiteit sluit hul deure agv die inperking, miljoene mense verloor hul inkomste EN die virus kan nie gestop word met inperking nie, dit kon wel suksesvol vertraag word om mediese sorg kans te gee om gereed te wees. Hulle verdere vooruitskatting is besig om te gebeur, die virusgevalle verdubbel feitlik daagliks en die tempo gaan nog toeneem.

Neewat, ek dink dit is 'n opregte poging om 'n ander perspektief op die tafel te sit.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 09/05/2020 - 23:46

Oom Len, ek het geensins probeer om die aktuarisse se mening verkeerd te bewys nie. Ek het duiwelsadvokaat gespeel in reaksie op Oom Neef se kommentaar voor myne. Ek stem heelhartig saam met die aktuarisse se mening en is lynreg gekant teen verdere inperking en verdere skade aan ons ekonomie. Ek staan voorsorg voor, maar dit terwyl almal van my haarkapper tot die wildtuin, oorde, die myne, die fabrieke, regeringsinstellings en klein besighede (formeel en informeel) verantwoordelik besigheid doen. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 10/05/2020 - 07:16

Mooi so Chris  -  jy het my op 'n dwaalspoor gesit met "Is dit moontlik dat hulle (die aktuarisse) ‘n verskuilde agenda het ?  Vir seker "

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus