Ek hoop iemand kan my help. My karavaan se water pompwerk nie. Alle smeltdrade is normaal. Iemand seg daar is 'n lug-slot, maar ek suig aan die krane, en daar kom water uit, maar geen inskop van waterpomp nie! Ek is ook nie seker waar die waterpomp is nie! Tussen die wiele, onder, is die water tenk, wat vol is. Is die waterpomp IN die tenk? Moet ek die tenk afhaal om die pomp te vervang, of self net om by die krag drade uit te kom om te toets vir krag?
Help asselblief!
Dankie
Deon bel gerus
Deon bel gerus Comet Caravans in Boksburg hulle dienspan baie kundig hoop jy kom reg
Dankie
Hello Johann
Dankie vir jou inset! Ek het al die "fuse" vervang, kan nie die pomp hoor nie, en as jy enige kraan oopmaak dan hoor jy die "click" van die skakelaartjie. Ons het darem 'n soortgelyke plek hier in die Strand (CaraKamp) wat al voorheen vir my goeie werk gedoen het. Maar, om die wa soontoe te sleep is maar 'n bietjie van 'n "hassle"!! Ek gaan vandag daar aandoen (sonder die wa) vir hulle moontlike hulp.
Hallo Deon !
Hallo Deon !
Ek vermoed jou pompie het gegroet. Die Whale pompie is geïnstalleer aan die buitekant van die watertenk, naby die uitlaat in jou waterpyp na die krane. Dit is wit van kleur en omtrent so groot soos 'n groot "Pritt"-gombuis. My Exclusive s'n sit agter die linker wiel(e).
Dis eintlik 'n maklike takie - dit gaan jou omtrent R800 kos en jy sal dit by Cara-Camp kry. Voor jy dit koop, haal die ou pompie af en koppel dit direk aan 'n 12V battery om seker te maak dit het die gees gegee.
So lyk die pompie

Sprite Tourer SP waterpomp
Soos Len tereg sê is dit maklik om te vervang.
Iets wat ek ondervind het op my Exclusive is dat die "fuse" nie lekker kontak gemaak het nie en dit het veroorsaak dat die pomp oppak. Wat ek gedoen het is om 'n gewone Big pen se "spring" voor in uit te haal en so 3-4mm lengte te knip en dit saam met die "fuse" in te sit.
Ek sien op Take-a-lot is daar van hulle baie goedkoper.
- TAKEALOT 1 - R 289
- TAKEALOT 2 - R 399
- Exclusive Varswater Tenk
Die laaste een is inligting oor my varswater tenk.
Deon...
Deon, ek het 'n foto opgespoor om te wys presies waar hierdie pompie normaalweg geïnstalleer is, by die watertenk se uitlaat.
Die wit draad uit die pompie is 'n bietjie verder aan (minder as 'n meter, regs buite die foto) gekoppel aan die krane se bedrading. Hier kan jy toets of die krag tot daar kom as die krane opgedraai is. Draai sommer al die krane oop vir ingeval een se mikroskakelaartjie gebrand het.
Het jou wa 'n badkamer in en hoeveel krane is daar ?
As die krag wel tot by die nie-werkende pompie kom, laat weet ons eers voor jy 'n ander Whale-pompie gaan koop.

Shurflo
Deon, ek het so twee maande gelede my Whale-pompie wat ook die gees gegee het met 'n Shurflo-pomp vervang. Lees gerus hier die gesels daaroor as jy sou belangstel.
Weereens dankie!
BAie dankie, julle: ek het soort van reg gekom. Danksy Len en Willem kon ek die pomp opspoor, en uithaal. Dis 'n Whale pomp, maar die aanhegtings pypie naaste aan die invoer, het skoon afgebreek! Hoe kon dit gebeur het? Miskien 'n klip gevang - bietjie van 'n frats ongeluk, dink ek!?
Ek sal graag die pomp met nog 'n Whale pompie wil vervang. Met my navorsing op die web, klink dit daar is verskeie ander opsies, maar dit bring ook ander probleme mee (relays, "accumulators", ens). Probleem is: ek kry nerens op die web 'n Whale pompie nie. Daar is wel ander op die web (soos Willem seg), maar lyk my ek sal die Whale moet invoer. (Ek was nog nie by CaraCamp in Somerset Wes nie - dis dalk duurder daar, maar ek sal maar net te bly wees om die regte ding te kan koop!).
Op 'n ander punt: Ek sien Len het 'n pyp gekoppel aan die drein van die tenk. Goeie idee - my Tourer SP sleep 'n bietjie neus swaar (is blykbaar so ontwerp?). Ek hou nie hiervan nie, en maak altyd seker my neus gewig is minder as 100kg. Dus maak ek seker my tenk is leeg voordat ek vertrek. Met die dat ek gekoopte ge-ioniseerde water in my tenk gebruik, is dit 'n duur opsie om elke keer daardie water weg te gooi. (Moet byse, Len: ek hou ook nie van jou manier van koppel nie - gaan daai besproeings pyp nie maklik afbreek nie?Ook nou met betrekking van wat met my pomp gebeur het (soos hierbo gemeld)). Sou dit nie 'n beter idee gewees het om 'n T stuk naas die tenk (maar voor die pomp) te installeer nie? (Ek vra maar net.......).
Dankie, julle: ek hoop ons loop mekaar eendag raak op 'n kamp, maar ons van die Kaap kom maar selde daar bo by julle uit! (Dis 'n groot jamerte, want ek is 'n gebore Gautenger......)
Deon
Deon, ek is bly jy het die pomp-probleem opgespoor. Dit kan moontlik 'n klip wees of die pyp was te styf wasgeklamp aan die pompie wat 'n kraak kon veroorsaak het wat naderhand afgebreek het. Jy sal beslis 'n Whale-pompie by die bekende handelaars kry.
Wat my dreinering-pyp betref, dis iets wat ek by Willem afgeloer het. Die pyp is gekoppel aan die dreinering-uitlaat van die tenk (met 'n groter opening vir vinnige dreinering) en nie aan die kleiner uitlaat wat die pomp voer nie. Die foto is iewat misleidend en lyk of daardie koppelstuk baie laer is as wat dit werklik is. Myne sit daar vir minstens 40 000km se sleep sonder probleme, maar ek ry natuurlik net teerpad. Jy kan iets anders prakseer deur 'n L-vormige koppelstuk in die tenk-uitlaat in te skroef. Ek het eers 'n reguit-koppelstuk gebruik en toe 'n L-koppelstuk wat die pyp natuurlik laer bring.
Waterpomp
Hello Len
Soos ek reeds genoem het: ek hou van die dreinerings pyp. Ek gaan daarmee eksperimenteer soos jy voorstel. Net een vragie: drein dit nie AL die water nie? Wat ek bedoel is: die Whale pompies moet blykbaar heeltyd IN water gedompel wees om te kan werk. Beteken dit nie dat mens dan elke keer van die "airlock" moet ontslae raak voordat dit begin pomp nie? Behoort daar nie iewers 'n een rigting kleppie te wees nie?
Water Tenk
Deon, het jy na die draad (skakel) van my "Exclusive Varswater Tenk" gaan kyk ? Daar wys ek wat ek gedoen het om die "airlock" probleem op te los.
Ek kan nie onthou wat die Whale pompie se lewering is nie maar glo daai een op Takealot sal werk.
280 GPH. Op Takealot se web foto's is altwee die selfde model pomp.
Die....
Die Whale-pompie se lewering is 6 liter per minuut. As die pompie soos op my foto geïnstalleer is (nie hoër as die tenk se laagste uitlaat nie), behoort jy nie 'n "air-lock" probleem te hê nie want die water vloei vanself tot in die pomp. Maar jy is reg, as ek die tenk dreineer, tap elke druppel water daaruit en ek verkies dit so.
Die non-return valve sit in die waterlyn, net buite die pompie se uitlaat kant - foto hieronder. Ek het myne uitgegooi omdat die pompie onmiddellik water kry as die tenk gevul word.

Hallo Deon. Is jy tevrede…
Hallo Deon. Is jy tevrede met jou SP. Ons het week terug ons SW gaan haal in Mosselbaai. Die Tourer is darem n lekker wa. Hoop jy kom reg met pomp.
Jeanne Jones





Deon, ek hoop iemand wat…
Deon, ek hoop iemand wat kennis van die SP gaan jou kan help, klink my daar is een van verskeie probleme wees.
12V kring voltooi nie, (fuse geblaas of draad af ens)
Pomp het die gees gegee,
Mikro skakelaartjies het gegroet, redelike algemene probleem,
Kan jy die pomp hoor start as jy kraan oop draai?.