Beter ontwerp
Die ontwerp is aansienlik verbeter tussen myne en joune Wessel. My wa het net een pyp aan elke kant van die stort wat in ‘n ander pyp inskuif, geen rollers nie. Dis omtrent ‘n gesukkel. Ek gaan bietjie onder inklim en kyk watse plan ek kan beraam.
Kavango geyser
Môre ChrisWH
My geyser werk net op gas, word aangeskakel met 12V sodra 'n warmkraan oopgedraai word. Dit is die "nuwe" soort, genaamd Girard - on demand. Dit is letterlik 'n deurvloei stelsel, geen tenkie nie. Nadat myne gediens en skoongemaak is, het die watertemperatuur heelwat verbeter. In my stelsel is dit 100% 'n funksie van vloeitempo.
Toilet --- een van die eksta gelukkies met die aankoop van my wa. Beterhelfte geniet en waardeer dit baie, soms ek ook
Deurvloei geyser
Wessel, jou stelsel sal heelwat gas spaar in vergelyking met myne wanneer ek sonder 220V staan. Hoe lank vat dit voor die water warm vloei, seker darem redelik vinnig? Ek dink aan die bietjie water wat mens verloor wanneer jy vir warm water wag wanneer jy bv stort, want ons is vier so ons gebruik die 120 l binne twee dae op.
Die voordeel met my stelsel is dat die warm kraan dadelik warm vloei. En natuurlik nie gas gebruik wanneer ons met 220V staan nie. Ek het geen klagtes oor my stelsel nie, dit vat wel so halfuur vandat ek afhaak voor daar warm water is, maar ons het dit nie in daardie tyd nodig nie. Dis net die stort se uit trek en veral terugstoot wat my batterye pap maak.
Warm water
Hello Chris
Omtrent dadelik, vandaar die naam---"on demand"
Uiteraard verloor ek ook so 'n bietjie lou water, die wat reeds in die pyp is tussen kraan en geyser. Ons het al geleer om die vloei so bietjie te "choke" om temperatuur te verhoog.
Die ander nadeel is egter die lang pyplengte van die geyser na die kombuis kraan, en selfs na die stort kraan, waar hitte verlore gaan. Daaraan kan ons egter niks doen nie.
Stelsels waar die geyser letterlik teen die stortdeur sit, gaan die warmste water lewer, want daar is weinig hitteverlies uit die kort pyp.
Groete
Chris WH ...
Probeer daai "chain lub". Maak als net eers mooi skoon en spuit dan aan, dit trek nie so baie stof soos ghries nie daarom gebruik hulle dit op motorfiets kettings.
Ketting smeermiddel
Dankie Willem. Ek gaan dit eers probeer. Sommer oor twee naweke wanneer ons langs die Breederivier gaan staan.
Goeie raad
Môre Willem
Dankie vir die raad, dit sal sekerlik beter werk as "elbow ghrease"
Groete
Chain spray
Het die Spanjaard produk ‘n silicone basis? Ek het probeer kyk op die www maar kon nie die inligting kry nie.
Ek het gesoek na dry lubricants en mens kry Q5 ook wat grafiet in het. Die eerste prys sal iets wees wat ‘n lagie vorm en nie afskuur nie, maar ek weet darem nie of so lagie daar sal bly onder die gewig van die stort en die skuur van metaal op metaal nie.
Nog n goeie produk is…
Nog n goeie produk is fietsketting lube. Dit is n nie oliebasis smeermiddel. Terloops ek gebruik so bietjie daarvan op karavaan se hak, maak nie grinding paste nie.
fietsketting lube Ek het…
fietsketting lube
Ek het daarvan tuis. Gaan bietjie eksperimenteer
Willie Grobler van Echo se raad
Ek het gisteraand bietjie op die www gesoek, en op ‘n paar drade oor Kavango kwessies op die 4x4community forum afgekom. Op een uit 2012 het Willie Grobler van Echo eienaars genooi om hom direk te kontak en sy selnr gegee. Ek het vanoggend ‘n kans gevat en vir hom ‘n WhatsApp gestuur. Hier is sy antwoord:
More , was baie skoon met water , dit is stainless steel pype - gewoonlik is dit jarelange vuilgoed wat binne pype ophoop wat die oorsaak is.
Beter na skoonmaak
Ek het vanmiddag die wa uit die motorhuis getrek en met die drukspuit bygekom. Toe het ek die pype met Handy Andy en ‘n naelborsel gewas en laastens met staalwol skoongeskuur. Hy loop nie nou soos my driejarige dogtertjie se neus nie (die arme ding het erge verkoue), maar aansienlik makliker as voorheen. Dit was nie die slimste ontwerp nie, en dis in die onderstel ingebou, so ek gaan dit nie self kan verander nie. Ek sal maar staalwol byderhand hou en die pype elke keer mooi skoonmaak voor ek oppak. Ek dink nie smeermiddel gaan op die langtermyn werk nie, want selfs dry lube gaan ‘n neerslag los en daar is maar min speling.
ñ Wenk vir jou Chris. Smeer…
ñ Wenk vir jou Chris. Smeer die staalwol met outydse Sunlight seep en vryf dan skoon. Saam bietjie water. Die kombinasie poleer die metaal so blink soos n spieël, sonder om fyn krappies te maak. So met die ou karre, gebruik ek die plan om klein roeskolletjies van chroom buffers, gepoleerde aluminium etc te verwyder sonder om dit vaal te maak.
Staalwol en Sunlight
Ek het Oom Neef se raad gevolg en onder die wa ingeklim vanoggend en sommer die binnekante van die pype waarin die stort se raam inskuif ook geskuur. Die stort skuif nou nog makliker uit en in. Dit haak wel met die ingaan so effens en dan moet ek op my sitvlak sit en met my bene stoot om dit verby die haak plek te druk, waarna dit weer maklik skuif. Ek dink een of albei van die raam se pype is dalk effens gebuig. Dis moeilik om te sien. ‘n Vorige eienaar het dalk gewig op die stortvloer gesit sonder om die stutte eers in te sit. Maar dit werk nou eindeloos makliker as voorheen en gaan my nie meer kwaad maak nie.





Pypwerk
Middag Chris
Myne lyk amper so, in beginsel.
Die linker en regterkant se pype is voor die stort [aangesig] ook met ongeveer 50mm diameter pyp verbind.
die 2 pype links en regs is seker so 45mm diameter dik, en loop ook in 2 ander pype in. Net voor dit in die ander pype inloop, loop dit oor rollers. Die rollers is in 'n ronding gevorm sodat die pype in die ronding loop oor die rollers. Die materiaal lyk na 'n swaardiens PVC, of dalk Vesconite.
Dalk moet mens gereeld die pype waarin die ander instoot met hoe druk water skoomspuit.
Groete