Perspektief
het jy 'n spesiale daktent, wat breer is as die normale Kavango s'n?
Wessel, ek glo nie. My afdak strek van die agter (laagste) kant van die opwip dak tot by sy nok en van daar tot by die voorste (laagste) hoek van die stormseil oor die voorste bed se tent. Ek dink dis dieselfde as joune en ander? Dalk is dit foto se perspektief misleidend. Die selfoonkameras het ‘n geneigdheid om goed wat van naby afgeneem word bietjie te distort. Neem ‘n foto van jou gesig van naby en een van so meter ver en jy sal reeds die verskil sien.
Ek let op dat jou tent die hele area toemaak, dis nou sodat mens nie die voorste uitslaanbed en venster kan sien nie.
Ludwig is baie puntenerig. Ek het vir hom gesê die wind gaan in elk geval inkom deur die gaping tussen die voorste bed se tent se dak en sy stormseil en was nie te gepla indien dit van die A-raam se kant af nie heeltemal toe is nie. Hy het dit egter reggekry om dit baie netjies toe te maak. Hy het eers gevra of dit my gaan pla dat daardie venster van die tent dan toe is Aangesien daar nog twee vensters is pla dit my egter glad nie.
Ek is ook baie bly daaroor dat die dak nou mooi styf gespan is en dat die tent ‘n raamwerk het. Dit behoort makliker op te slaan en gaan vir seker stewiger staan. Ek en Salomien is albei lang mense, so ons gaan ook nie meer met gebuigde nekke onder die afdak hoef te loop nie.
Links na regs
Hello Chris
Ek het eintlik bedoel van links na regs, of dan van waar jy instap tot teen die wa se deur/kant. Dit is nou my omskrywing vir die "breedte"
My figuur is elkgeval "distort", so as ek afgeneem word, lyk ek ook normaal![]()
Breedte vs lengte
Ek het jou misverstaan. Ek weet nie, die afdak is in 2018 deur Echo gemaak. Ek neem dus aan dit is standaard. Ek het ‘n 6x3m grondseil, en die afdak se pale staan op die grondseil. Ludwig het die dak gemeet, maar ek kan nie onthou presies hoe breed dit was nie. 2,25m of so iets.
Voltent gaan haal?
Hello Chris
ek wag in spanning om nog fotos en detail van jou nuwe voltent te sien.
Hoe lyk die vensters, met gaas toe, en dan nog toerits met "seil" ook? Het dit ook deursigte plastiek om lig in te laat maar wind en reen uit te hou?
Lekker eksperimenteer
Foto’s van my voltent
Wessel vra nou al lank, hier is ‘n paar foto’s van hoe my voltent inmekaar steek. Ek sien uit daarna om dit Vrydag by Dwarswegstrand die eerste keer op te slaan en te gebruik.
Hier is die nuwe paal van die hoogste punt van die opwip dak na die middelste regop paal toe. Ek het nou ‘n hele klompie nuwe pale

Van die paal hier bo is daar vyf pale wat skuins af loop na die horisontale pale waaraan die regop panele aan die kort kante van die tent hang. Een is sigbaar op die foto hier bo. Dit loop af na ‘n nuwe hoekpaal wat by die voorste hoek van die bedtent se stormseil staan. Dan is daar die twee wat van die middelste regop paal na die ander twee hoekpale van die afdak aan die twee hoeke wat nie aan die karavaan se kant is nie loop. En twee wat in die middel van die breedte van die dak afloop na die horisontale pale waaraan die regop panele aan die kort kante van die afdak hang (sigbaar op die foto hier onder).

Hier is ‘n foto van die tent van binne, geneem van die agterste hoek van die wa af. Ludwig (ook op die foto) moet nog die vensters in die twee regop panele aan die kort kante uitsny en gaas inwerk.

Aan die lang kant van die tent is daar groot vensters en ‘n deur. Almal het gaas in, en kan toerits met seil. Die deur se seil is nie opgerol op die foto nie.

Op die foto’s hang die tent net aan die raamwerk wat die nuwe pale vorm. Dit sal vasgemaak word wanneer ons kampeer met toue van die hoekpale af grond toe, ‘n stormnet oor die dak en penne deur die lussies aan die onderkant van die regop seile. Die onderrok wat wind onder die wa deur keer hang aan Velcro lussies om die raamwerk van die wa onder sy dop en Velcro vas aan die twee regop panele aan die kort kante. Die regop panele rits vas aan die afdak, en aan mekaar op die twee buitenste hoeke. Op die wa se hoeke ryg dit in rope rail in. Die een aan die voorkant van die wa vou om die nuwe hoekpaal by die bedtent se voorste hoek om die gat tussen die voorkant van die tent en die wa se dop toe te maak. Dit Velcro ook vas aan die stormseil van die bedtent bo.

Ek is heel in my skik. Ek wonder of daar nog ‘n boswa is met so netjiese voltent. Dit het bietjie meer gekos as wat ek gedink het (R8 500 met alles wat aangekoop is en R3 000 vir arbeid vir Ludwig en sy vrou ingesluit by die totaal, wat ek dink heeltemal te min is vir die hoeveelheid ure wat hulle ingesit het). Echo sou my egter seker drie keer soveel gevra het.
Really well done
No doubt about it, that tent will stand up to the weather....
The pole structure is preportional to the square area of the fabric, the fabric is very good material
nice!
![]()
Warren.
Baie geluk
Môre Chris
Baie netjies, die ou het voorwaar 'n netjies taak gedoen. Ek is veral be-indruk met die pale werk.
Jy gaan weilswaar effe langer op en afslaan, maar dit gaan nie soos my plakkerskamp [slapsak] lyk nie. Ek dink om na aftrede jou palestruktuur te kopieer.
Groete
Pennekas en pale bergplek
Afgesien van die ekstra gewig en spasie opgeneem deur die panele van die voltent wat nou moet saamry, is daar die nege ekstra pale wat lêplek moet kry.
Ek het ‘n hele ruk gelede so swart en geel Big Jim plastiek gereedskap kis gekoop by PnP, net omdat dit op uitverkoping was. Soos die geluk dit wil hê, pas dit netjies op die trappie binne die Kavango se deur, en dit gaan nou my pennekas raak. Daarin sal my tentpenne, toue, hamers, boor, boorpunte, tentpen lap, tentpentrekker, handskoene en die koppelstukke vir die pale op die hoeke van die tent kom.
Dan moet ek ‘n Saterdag vir myself kry om ‘n plan te maak vir die ekstra pale. Hulle gaan nie almal onder die kant van die opwipdak inpas aan die teenoorgestelde kant van waar die afdak se seil oprol en onder die dak geberg word nie. Ek sal moet kyk of hulle in ‘n PVC pyp gaan inpas, en waar ek dit kan vassit. Anders sal ek vir Ludwig vra om vir my ‘n seil sak te maak daarvoor. Dit is my volgende projek. ‘n Karavaan is lyk my soos ‘n huis. Daar is altyd nog iets...
Swak wiskunde
Dit het bietjie meer gekos as wat ek gedink het (R8 500 met alles
My wiskunde het my iewers in die steek gelaat. Toe ek dit nou op Excel sit tel alles op na R6 865,27
Pale berg
Môre Chris
Het jou Everest 'n dakrak op? Indien wel, sit die pale in 'n pyp daarop vas. Gaan soek rioolpyp, dis mooi wit en met groot diameter. Mens kry ook die "blanks" wat jy die oopkante mee kan toemaak.
Laat maak 'n tentsak vir die bykomende seil dele, en laai agterin die Everest, of op die agterste bed.
Jou totale uitgawe bly goedkoper as wat ek by Echo betaal het, en jy het daai netjiese pale struktuur op die koop toe.
Groete
Netjies Chris julle
Netjies werk Chris julle gaan lekke kamp sodra daai tent klaar is daai ou mag maar tente maak
Pyp op dakrak
Het jou Everest 'n dakrak op? Indien wel, sit die pale in 'n pyp daarop vas.
Die Everest het ‘n dakrak, en dit is ‘n plan waaraan ek ook gedink het. Ek moet net eers tyd kry om mooi te kyk watter en hoeveel pale pas in die ruimte onder die Kavango se dak in, en vir hoeveel ek nog plek benodig.
Middag Chris , dit lyk nou…
Middag Chris , dit lyk nou regtig netjies , jy gaan daai wa nou werklik geniet en ten volle benut.![]()
Wat die ekstra pale betref, jy kan gerus kyk na 210, of 150mm pvc riool pyp. In allbei mates kan jy 'n op skroef "end cap" en ook 'n soliede "end cap" wat baie handig is kry.
Jy kan dit onder die wa monteer, na aan die as, waar dit nie maklik sal grond raak nie, dan is dit ook sommer permanent aan die wa, waar dit hoort.![]()
Ek hou van die idee
Ek het in 2014 dié by TO Strand gesien
Ek sal net moet kyk waar kan ek dit op my wa inpas, en die pale mooi moet uitsoek sodat alles pas - van hulle in die ruimte onder die opwip dak en die res in die pyp. Dit gaan egter nie gebeur voor ons Vrydag ry nie, en ek mag dalk maar net vir die toer die pyp op die Everest se dakrak vasmaak, Ek dink net my fiets gaan saam die keer, die kayak bly tuis.
Vir Wessel se aandag
Ek dink om na aftrede jou palestruktuur te kopieer
Ek dink jy behoort dit redelik maklik te kan doen. In my geval het ek nou 12 pale in plaas van drie, en vier koppelstukke wat ek nie voorheen gehad het nie waar die hoeke is. Dis ekstra gewig en ruimte, maar nou kan ons regop staan onder die dak en dit lyk spiekeries.
Afgesien van die ekstra pale moet jy net sleeves seil aan jou afdak werk waardeur die horisontale pale skuif.
Hoe my ou afdak gelyk het
Ek het kantseile gehad wat deur Echo gemaak is in 2012, wat saam met die oorspronklike afdak gewerk het. Die oorspronklike afdak het net die lengte van die opwipdak geloop.
Ek het nooit die oorspronklike afdak gebruik nie, maar het ‘n foto uit ‘n ou brosjure gekry wat wys hoe dit gelyk het. Dit sou darem ‘n beknopte ruimte gewees het.
Beknop beslis
Môre Chris
Goeie griet, dit was voorwaar onprakties. Ek voel reeds met my huidige vollengte tent ingeperk, so kan jy dink hoe 'n gesukkel sou dit gewees het.
Dis baie duidelik dat die klem met die eertydse boswaens, Kavango beslis, beslis was op die een nag oorslaap, en aan beweeg die volgende dag.
As jy deesdae kyk na enige boswa, is die klem baie meer op skadu en reen beskerming, as daardie dae. Mense gebruik hulle boswaens al hoe meer vir lank oorstaan op 'n plek.
Dankie vir die historiese terugblik.






Dit lyk breed
Middag Chris
Ek verkyk my aan jou voltent.
Dit lyk baie breed, het jy 'n spesiale daktent, wat breer is as die normale Kavango s'n?
Ek let op dat jou tent die hele area toemaak, dis nou sodat mens nie die voorste uitslaanbed en venster kan sien nie.
Ek hou die messte van die "gespande " dak.
Nou gaan julle lekker kamp, al is dit ook onweer.
Groete