Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -8 minutes ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -3 hours ago

Mosambiek

Submitted by Servaas on
Forums

My jongste broer word 60 in Januarie. Hy woon in Mosambiek by Santa Maria. Dit is reg oorkant Maputo-baai op die punt. Hy het die hele familie genooi om sy verjaarsdag by hom te kom vier. Een totale logistieke nagmerie maar ons planne loop goed. Alle broers, susters, kinders en die se aanhangsels is genooi en moet sorg dat hulle 6 Januarie in Maputo is by die hawe waar alamal se motors gestoor sal word. Vandaar sal my broer ons kom haal met sy boot en oorneem na Santa Maria. Daar sal ons die volgende 10 dae spandeer .

Ons was nog nooit daar nie en sien vreeslik uit daarna. My gesin sal vanaf Kaapstad vlieg Jhb toe, ry tot in Pta waar ons by my jonger broer sal bly tot 6 Januarie.  Dan sal ons saam met my jonger broer se familie vroeg die oggend van 6 Januarie mik vir die grens. Vandaar ry ons tot in Maputo sodat ons vroeg genoeg die boot kan kry om, voor die gety te laag is,  by Santa Maria uit te kom. Dit is die plan. As dit nie uitwerk nie sal ons oornag in Maputo om die gety reg te vang die volgende dag.

Die ander familie kom vanaf Durban en ons sal hulle inwag by Maputo. Die grens by Kosibaai is nog nie oop nie en sal hulle dus ook deur Komatipoort hulle weg moet vind Maputo toe.  Ons sal in totaal so 20 mense saam wees.

Blykbaar is alle voorrade (kos; drank; et) daar beskikbaar, teen 'n prys,  maar vars groente is 'n probleem en sal ons maar moet saamneem.

Ek sa fotos neem en 'n verslag saamstel en terugvoering gee as ons terug is. As alles goed verloop.

 

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 14/12/2020 - 09:20

Dit klink na een groot party Servaas ek kan glo om almal so bymekaar te kry vat n kop krap of twee julle moet geniet en gooi maar n foto of 10 asbwink

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 14/12/2020 - 09:56

Ek praat gister met ‘n vriend wat in PE bly. Sy gesin en sy twee susters se gesinne het ‘n huis by Ponta do Ouro bespreek gehad vir die 2de helfte van Desember. Die een sussie bly in Windhoek, en sy en haar man het nou albei Covid. Met dit en die grens by Kosibaai wat toe is het hulle besluit om te kanselleer. Nou vra die agent hulle 30% kansellasiefooi as hy die huis verhuur kan kry, anders 100% Die simpel pandemie maak net amok. Ek hoop julle kan deurdruk met julle planne. Dit klink na ‘n fees!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/12/2020 - 13:00

..... lekker trippie wat vir julle voorlê Servaas. My seun en sy vrou het verlede jaar op 26 Des Maputo toe gevlieg. Hulle het verlede wintervakansie bevriend geraak met 'n paartjie van Witbank wat 'n lodge op Inhaca-eiland besit. Dié het hulle toe genooi om by hulle te kom kuier in die lodge. Hulle situasie was bykans soortgelyk, maar hulle het 'n taxi van Maputo-lughawe na die hawe geneem waar hulle gasheer hulle ook met sy boot kom haal het. Hulle ervaring was een van ongemaklike hoë temperature met uiters hoë humiditeit. Hulle het maar ge-"struggle".

Beide is egter kranige hengelaars, asook hul gasheer en hulle het bedags op die see met die boot "geboer" (en baie vis gevang).

Jy en Martie moet julself geniet.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 14/12/2020 - 19:06

Servaas, hoe gaan julle die Covid permitte hanteer? Van die SA kant is dit doenbaar om met n vars dokument by grens aan te kom. Maar daai omdraai om huistoe te kom ??? Soos ek verstaan eindig jy in n staatskwarentynkamp op as jy nie een het nin.

0

Neef, jy moet 'n toets onderneem 72 uur voor jy oor die grens gaan. Dit is dan geldig vir 14 dae om weer terug oor die grens te kom. My vroer se kinders is op hierdie oomblik besig om oor die grens te  gaan en dit is wat hulle ingelig is. Ons sal maar by hulle hoor of alles glad verloop.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus