Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Double cheese burger November 2026 Geert -19 minutes ago
30% November 2026 Geert -6 hours ago
see water November 2026 Geert -6 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -15 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Len se Kruger Wildtuin beplanning vir in Mei 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om oor my opgewondenheid oor ons uitgestelde Kruger Wildtuin besoek in Meimaand volgende jaar te gesels.  Dis nou presies oor 159 dae wat ons by 'n Kruger Wildtuin-hek sal inry.  Ons besoek in 2019 is deur siekte in die wiele gery en 2020 se besoek is deur Covid-19  se inperking beduiwel.  Dit behoort dus vanselfsprekend te wees dat 2021 se Wildtuinbesoek iets besonders gaan wees.

Die plan is dat ons op Sondag 2 Mei uit Brackenfell, Kaapstad sal vertrek en die sowat 450km tot by Karoo Nasionale Park sal aflê om so teen middagete daar te arriveer.  Ons gaan net rustig verkeer en miskien so 'n draaitjie of wat ry.  Sou ons besluit om op die N1 te bly, is ons volgende stop 500km verder by Reyneke Park in Bloemfontein. (As alternatief kan ons die N12 ry tot by Riverside Lodge by Modderrivier, 30km duskant Kimberley).  Vandaar is ons volgende stop Pretoria waar ons 6 nagte sal oorbly.  Ons het heelwat vriende en familie in die omgewing en gaan hier 'n hond uit 'n bos kuier.  Presies waar ons die wa in Pretoria gaan trek, is nog onder bespreking.

Ons ingangshek is hierdie keer by Orpen en ons sal eerder nie die N4 en dan oor Lydenburg ry nie, maar eerder met die N1 en dan oor Tzaneen, daarna met die R36 en R521 tot by Klaserie en daarna met die R531 tot by Orpen.  Dis omtrent 470km se ry en ons sal seker eers laat die middag van 10 Mei daar arriveer.  As iemand dalk onlangse, eerstehandse kennis het van 'n oornagplek by Klaserie, sal ons oorweeg om daar oor te slaap, andersins sal dit maar Maroela by Orpen moet wees.  Ons het 'n klompie jare terug nie 'n goeie ervaring op 'n gasteplaas in die Klaserie-omgewing gehad nie.

Vir eers is dit genoeg.

.

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 30/12/2020 - 08:20

As die verskil in afstand nie veel saakmaak nie, sal Riverside altyd 'n beter opsie wees. My 2 keer se ervaring by Reynekepark was beide maar "minder goed". Die eerste keer moes ek ook my privaat-ablusie met ander deel en die tweede keer moes ek my karavaan se dak laat sak ten einde die voerfabriek oorkant die pad se stofafsuiging-siklone se geraas tot 'n mate die hoof te bied. Maar na Riverside sal ek in Kimberley wegswaai op die N8 na Bloemfontein. Ek het met my afgelope November-trippie met die noordwaartse sowel as suidwaartse reis daardie roete gery (vanaf Mokala en weer na Mokala) - 'n uitstekende pad om te sleep. Maar ek sal nie sommer weer verder as Kimberley met die N12 sleep nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/12/2020 - 14:55

Dankie Chris, interessante voorstel.  Ons hou ook van die N12 maar anderkant Kimberley is dit 'n "no go"  -  stem dus saam.

Ons het ook al die N8 gery, maar wel van Blmf na Kim en vind dit ook 'n pragtige pad.  Vanaf Brackenfell tot in Pretoria via Kimberley (N12) en dan oor Bloemfontein (N8) is 1433km.  Vanaf Brackenfell op die N1 oor Bloemfontein tot in Pretoria is 1549km, dus 116km verder.

Ons sal maar nader aan die tyd 'n finale besluit neem.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/12/2020 - 15:25

Ten spyte daarvan dat ons lanklaas by Pretoriuskop gekamp het, het ek 'n baie sagte plekkie vir hierdie lieflike kamp.  Ongelukkig is dit weer nie op ons kamplysie in Mei nie.

Hier staan ons in die noord-westelike hoek van die kampterrein, teenaan die heining :-

.

'n Ander voorkeur staanplek in Pretoriuskop is aan die heel onderste (verste ) punt van die kampterrein.  Hier is 'n foto daarvan :-

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 30/12/2020 - 18:01

En so tel ons baie waardevolle inligting op, ek is self nie opgewonde oor die N12 noord van Kimberly nie.

Maar na Riverside sal ek in Kimberley wegswaai op die N8 na Bloemfontein. Ek het met my afgelope November-trippie met die noordwaartse sowel as suidwaartse reis daardie roete gery (vanaf Mokala en weer na Mokala) - 'n uitstekende pad om te sleep. Maar ek sal nie sommer weer verder as Kimberley met die N12 sleep nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 30/12/2020 - 20:36

... alhoewel ek nog nooit daar gekamp het nie, en ook 'n kamp is wat ek relatief min besoek, het Pretoriuskop 'n besonderse nostalgiese ou plekkie in my hart. Ek "love" die kamp, selfs die omgewing, maar ek het maar nog meestal die spreekwoordelike kort strooitjie getrek t.o.v. wildbesigtiging - alhoewel, dit is my enigste kamp/omgewing waar my eerste "sighting" (met die inkoms by Numbi) 'n maanhaar-leeu was - selfs voor ek nog 'n rooibok kon sien.

Ek het lekker herinneringe van verblyf in Pretoriuskop. Dit was die eerste kamp waar ek en Ralie (in 1978) in die wildtuin oorgebly het. Dit was haar eerste kennismaking met die wildtuin - en ek dink vandaar die nostalgiese verbintenis met dié kamp.

Deesdae het ons 'n groter affiniteit met die noorde en kom ons ongelukkig selde in die Skukuza/Pretoriuskop-gedeelte van die wildtuin.

Jy kan maar laat loop met nog 'n klompie wildtuinfoto's - net om die verlange verder aan te wakker. Jy draai dalk net my arm daarmee om Januarie gou weer 'n vinnige draai te gaan maak as ek kliënte in die noorde moet gaan sien.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/12/2020 - 21:32

Ek is bly jy geniet ook die fotos want ek is besig om myself behoorlik "op te sweep" vir hierdie besoek in Meimaand.  Ek het gehoop dit blaas 'n bietjie lewe in die forum in en jy maak dus my dag !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 31/12/2020 - 08:40

Ek wonder of ander mense  daardie eerste paar meters in die Wildtuin nadat jy pas deur die ingangshek is, so ervaar soos ek  -  elke keer so opgewonde soos 'n kind !

Dis die gesig wat jy kry as jy deur Phalaborwa-hek is, net na 6-uur :

.

En kort daarna kry jy 'n helse bonus, 'n tropie spelende wildehonde in die pad :

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 31/12/2020 - 08:45

Ek wonder ook of ek ooit weer so 'n groot swerm voëls teen die agtergrond van 'n pragtige sonsopkoms naby Skukuza sal sien :-

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 31/12/2020 - 08:51

En hierdie toneel sal ek heelwaarskynlik weer Meimaand sien :  dis nie 'n veldbrand nie, maar wel sonsondergang op die nuwe S147 naby Balule :

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 31/12/2020 - 09:33

 ek kon nie jou distansies verstaan nie en het toe ook op Google Maps gaan kyk.

Van my huis tot in Brackenfell via N1 is 1442 km (heelpad N1).

Van my huis tot in Bloem. dan Kimberley dan Beaufort West na Brackenfell is 1547 km.

Dit gee my 105km verskil.  So lyk my jy het die afstande net omgeruil ? wink

Ons het ook al die N8 gery, maar wel van Blmf na Kim en vind dit ook 'n pragtige pad.  Vanaf Brackenfell tot in Pretoria via Kimberley (N12) en dan oor Bloemfontein (N8) is 1433km.  Vanaf Brackenfell op die N1 oor Bloemfontein tot in Pretoria is 1549km, dus 116km verder.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 31/12/2020 - 09:42

Ons het al 'n paar keer sulke groot swerms rooibek-kwêleas in die wildtuin raakgeloop. Ek onthou die eerste keer was dit in die Satara-omgewing en dan ook eenkeer by die Grootvleidam. In beide gevalle het dit amper soos 'n wolk gelyk wanneer die swerm opstyg.

Vanjaar het swerms voor ons chalet, op die oewer van die Pionierdam by Mopani saans kom slaap. Skemertyd was dit 'n grootskaalse gekwetter. Ek het een aand 'n klip in die lig gegooi sodat dit met 'n dof-sware plof op die grond geval het - net om te sien hoedat hulle opstyg en dadelik weer hulle sitplek kom inneem.

In sekere landbou-areas is hulle 'n grootskaalse pes. 'n Koringland word binne ure kaalgestroop. Die Landbou Navorsingsraad het in die verlede'n afdeling gehad wat hulle net op die beheer van rooibek-kwêleas toegespits het. Hulle broeiplekke was geteiken met 'n verskeidenheid metodes om hulle in sekere areas te verminder.

Ons het 'n paar jaar gelede, veral in die Onder-Sabie-gebied, groot swerms lelspreeus opgelet. Dit was 'n eerste en enigste keer wat ek dit in die wildtuin gesien het. Soos wat jy soms 'n uitbraak van krieke, duisendpote en spruinkane kry, het met amper die indruk gekry dat daar 'n uitbraak van lelspreeus was.

So van uitbrake gepraat - ons het 'n klompie jare gelede ook 'n uitbraak van koringkrieke in die noorde van die wildtuin gesien. Hulle was ral op die paaie en jy moes omtrent "duck & dive" om hulle mis te ry. Dié wat doodgery was het ander gelok, want dit was duidelik dat hulle kannibalisties is.

Wildehonde as eerste "sighting", en dit nogal in die Phalaborwa-omgewing, is darem 'n groot geluk.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 31/12/2020 - 09:52

More Len

Ek sal 'n nuwe wildtuin kaart moet koop, ek sal solank die pad moet inteken.

Is dit die pad wat 1 rigting loop agter om Ngotso suipings???

Ek is mos Julie maand hoofsaaklik in Balule bespreek. Sien ek darem uit daarna!!!!

Groete

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 31/12/2020 - 09:57

Dit gee my 105km verskil.  So lyk my jy het die afstande net omgeruil

..... ek glo jy's reg met jou aanname dat Len die twee omgeruil het. Ek het gou op my Garmin sagteware gekyk na die afstand tussen Drie Susters en die twee onderskeie genoemde plekke - tot waar die N8 by die N1 in Bloemfontein aansluit. Kimberley-langs is 105 km verder, maar na my mening (wat verkeer aanbetref) 'n baie lekkerder roete om te sleep tot Bloemfontein. Al wat my afsit van die Kimberley-roete is die gebrek aan goeie geriewe t.o.v. 'n piepie-stop. Op die N1 kan mens met groot gemak vanaf Drie Suster deurdruk tot Colesberg, wat netjiese stopplekke het. Op die N12 druk ons maar tot by Kambro padstal waar ons gewoonlik ietsie te eet of drink koop. Ons het die afgelope November vanaf Mokala (Lilydale) tot by Kambro gery waar ons 'n heerlike "brunch" geëet het . Myne was twee van hulle springbokpasteitjies en "chips" - lekker!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 31/12/2020 - 15:20

.... is sover my kennis strek, die jongste toeristepad in die wildtuin en die enigste wat ek nog nie gery het nie. Ek hoop om dit tydens my verblyf gedurende Mei 2021 in Satara te gaan ry. Ek het al wonderlike verslae oor hierdie eenrigtingpad gelees.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 31/12/2020 - 15:41

Ek het toevallig in 2018 op die pad afgekom. Oppad terug na Satara, sien ek die dowwe paadjie, en vat dit. So 'n ent weg seg my vrou---sy dink die bordjie het gewys- verbode. Ek is mos 'n gehoorsame ou, en draai toe om. 

Ook maar goed, want ek het dit van die verkeerde kant begin ry.Hierdie jaar gaan ek 'n punt maak om dit in regte rigting te ry.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 31/12/2020 - 21:10

Net na die sonsondergang foto hierbo, loop ons hierdie kêrel raak :-

..

Daar is ook 'n pragtige luiperdwyfie met 'n welpie wat kort-kort op dié pad gesien word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 01/01/2021 - 10:04

'n Mens is ook nooit tevrede nie.  My "count down" teller sê dis nog 120 dae dan vertrek ons hier uit Brackenfell Wildtuin toe.  Eers kon ek nie wag dat die tyd moet aanbreek nie en nou is ek bevrees, in die lig van die tweede vlaag van die Covid-epidemie, dat die tyd te gou gaan aanbreek vir die virus om tot bedaring te kom.

Dis natuurlik buite my beheer om iets daaromtrent te doen en kla daaroor gaan niks verander nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 01/01/2021 - 10:36

Ek bly maar (versigtig) optimisties dat ons wel sal kan haak. Ekself beplan om reeds mid-Apr te vertrek. My grootste wens (veral Ralie s'n)  is egter dat ons in Julie sal kan vlieg om vir ons ver kinders te gaan kuier. Ek hoop van harte dat hierdie lelike ding (Covid-19) onder beheer kan kom.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus