Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -5 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -6 hours ago
Hael November 2026 Geert -6 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -11 hours ago

Len se Kruger Wildtuin beplanning vir in Mei 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om oor my opgewondenheid oor ons uitgestelde Kruger Wildtuin besoek in Meimaand volgende jaar te gesels.  Dis nou presies oor 159 dae wat ons by 'n Kruger Wildtuin-hek sal inry.  Ons besoek in 2019 is deur siekte in die wiele gery en 2020 se besoek is deur Covid-19  se inperking beduiwel.  Dit behoort dus vanselfsprekend te wees dat 2021 se Wildtuinbesoek iets besonders gaan wees.

Die plan is dat ons op Sondag 2 Mei uit Brackenfell, Kaapstad sal vertrek en die sowat 450km tot by Karoo Nasionale Park sal aflê om so teen middagete daar te arriveer.  Ons gaan net rustig verkeer en miskien so 'n draaitjie of wat ry.  Sou ons besluit om op die N1 te bly, is ons volgende stop 500km verder by Reyneke Park in Bloemfontein. (As alternatief kan ons die N12 ry tot by Riverside Lodge by Modderrivier, 30km duskant Kimberley).  Vandaar is ons volgende stop Pretoria waar ons 6 nagte sal oorbly.  Ons het heelwat vriende en familie in die omgewing en gaan hier 'n hond uit 'n bos kuier.  Presies waar ons die wa in Pretoria gaan trek, is nog onder bespreking.

Ons ingangshek is hierdie keer by Orpen en ons sal eerder nie die N4 en dan oor Lydenburg ry nie, maar eerder met die N1 en dan oor Tzaneen, daarna met die R36 en R521 tot by Klaserie en daarna met die R531 tot by Orpen.  Dis omtrent 470km se ry en ons sal seker eers laat die middag van 10 Mei daar arriveer.  As iemand dalk onlangse, eerstehandse kennis het van 'n oornagplek by Klaserie, sal ons oorweeg om daar oor te slaap, andersins sal dit maar Maroela by Orpen moet wees.  Ons het 'n klompie jare terug nie 'n goeie ervaring op 'n gasteplaas in die Klaserie-omgewing gehad nie.

Vir eers is dit genoeg.

.

 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 07/01/2021 - 10:07

Len, ek het 'n ou kaart byderhand by die werk. Dit is uitgegee en gedruk Jacana Education, 1996.

Wat is 26km nou tussen wildtuin vriende, seker maar net 13km.

Groete

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 07/01/2021 - 12:51

Middag Willem

Oppas net, ek vermoed jou blou roete loop ook buite die wildtuin, dis die gedeelte van Skukuza tot by Timbavati.

Ek dink ou Len verkies om die hele pad in die wille tuin op te ry, juis om al die informele nedersettings te vermy.

Groete

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 07/01/2021 - 13:34

Neem kennis van beswaar Meneer. Ek was al baie in die sop oor my manier van mense aanspreek.

Dit is eers problematies as die "ou" uitglip met die vrouegeslaglaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 07/01/2021 - 18:27

Ek het vir myself 'n beleid gestel, naamlik - gaan in by die hek naaste aan jou eerste kamp. Tweedens reken ek, teen my wildtuinspoed - veral met die karavaan, dat 180 km té ver is om op een dag in die wildtuin te ry. Ek beperk myself tot 125 km per dag.

Maar nou ja - dit is Chris Boucher wat so redeneer. Maar 'n 'stupid' ou klont. My vrou sê meermale ek het te veel riglyne vir myself gestel wat ek té rigied nakom.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 07/01/2021 - 19:56

Chris, ek het ook maar my ou standaard gebruike, maar gelukkig buig ek dit wel as dit sinvol is om dit te doen.  In hierdie geval wil ek by 'n vriend in Nelspruit kuier, maar ek wil ook graag by Maroela kamp.  Hier het ek twee alternatiewe naamlik, ek gaan nie meer kuier by my vriend in Nelspruit nie en klok in by Maroela in via Polokwane, Tzaneen en Swadini.  Ek het gekies om by my vriend in Nelspruit te gaan kuier.

Hierdie besluit laat my weer met twee verdere alternatiewe om ná my kuier in Nelspruit by Maroela uit te kom :  Ek ry deur die Wildtuin of ek ry buite om deur al die nedersettings, spoedhobbels, spoedbeperkings (en spoedlokvalle), bokke, varke en beeste. Dis 'n rit van ± 180km en normaalweg sal ek nie so 'n afstand binne die Wildtuin aflê nie.  Teen 30kpu sal dit ons 6 ure se ry neem en as ons 7vm by Malelane inboek kan ons 1nm by Maroela wees  -  met baie speling nog voor hek-toemaaktyd. Met hierdie rit het ons dus op dag 1 reeds 'n lekker "game drive" gedoen. Ons hoef nie vroeg by die kamp te wees nie want ons is bespreek net vir twee nagte en gaan dus nie formeel kamp opslaan nie.

Vir my lyk dit of dit 'n heel sinvolle besluit is om my eie opgelegde reëls iewat te ignoreer, by my vriend te kuier en by Maroela te kamp.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 08/01/2021 - 10:49

Len, ek dink ook dis die beste plan om by 'n kamp friend te gaan draai.

Ek dink nou terug aan toe WegSleep begin het.  Ons het die eerste Gauteng (Noorde) saamtrek gehad en toe sou die Vrystaat volg met die Kaap daar na.  Na diesaamtrek by Klei Paradys, Brits was dit my verlof tyd af Hartenbos toe, maar die ouens (Derick) het toe by Ouskip 'n saamtrek bymekaar geroep.  Dit is toe ek besluit om eers Ouskip toe te gaan vir die sasmtrek en dan die Maandag deur te gaan Hartenbos toe.

Daar het ek baie nuwr kamp vriende ontmoet.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 08/01/2021 - 11:08

Middag almal

Lyk my sommige van ons, ek ingesluit, het sterk vooropgestelde idees. 

Ek sukkel weer om planne te wysig. Byvoorbeeld, ek het beplan, bespreek en betaal vir my Kalahari vakansie. Nou kom neuk julle aan my om te oorweeg om eerder van my dae in Nossob te kampeer. Ek wroeg daarmee, en het nou besluit---as ek eers ingeboek is by Twee Rivieren, sal ek navraag doen oor die kans om plek te kry in Nossob.

Ek verstom my aan ouens soos Voortrekker wat sy hele vakansie sommer so gemaklik op ombliklike besluite laat gebeur. Ek wil weet waar slaap/kampeer ek vanaand. 

Het dit iets met die ouderdom te doene???    

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 08/01/2021 - 11:20

Ek wil weet waar slaap/kampeer ek vanaand. 

Het dit iets met die ouderdom te doene???

Ek sit in die selfde bootjie, dit is seker hoekom ek Instanhoudings Beplanner geword het na ek my ambag voltooi het.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 08/01/2021 - 11:52

Ek ook maar so ek sukkel om te skuif as ek se hier slap ek ek wil ook weet waar slap ek vandag more en volgende week

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 08/01/2021 - 13:33

Ek hou ook daarvan om lank voor die tyd te beplan, te bespreek en te betaal.  Maar boeta, dit sit my geensins  af om soos wat die tyd aanloop, wysigings aan te bring  -  presies wat nou pas gedoen het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 08/01/2021 - 14:15

Propper pre planning prevents poor performance,  en daarom beplan ek somtyds in te veel detail om bietjie avontuur te beleef. 

Een van ons beste trips was vir 6 weke in Engeland, week by dogter, 4 weke toer en weer n week by haar in London. Ek het vreeslik hard probeer om die maandlange toer te beplan, wou elke dag op n ander plek slaap en die hele Eiland deurkruis

 Daar gekom, het ons n kar gehuur, Trip Adviser app afgelaai, eerste aand in Bath bespreek en gery. Daarna het ons elke aand n roete beplan om soveel moontlik historiese geboue, landmerke en antieke dorpies te besoek en eers na 2uur in die middag die App gebruik om te kyk wat is beskikbaar waar ons opeindig die middag, en dan gebel. Hele maand so getoer, en was dit nie wonderlik nie.

Ons eerste toer met Jurgie was beplan van hier,  by Krokodilbrug in, en ons besprekings tot bo by Punda uit vooraf betaal.

Van daar het ons getoer so dwarsweg deur SA tot in die Kgalagadi, Weskus af tot by die huis sonder om te beplan, en dit was sonder probleme. 

So, nou beplan ons net die eerste stuk, daarna is dit fly by wire.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 11/01/2021 - 21:15

Vlak 3 inperking :-

Nouja, nog 'n struikelblokkie Wildtuin-toe in Meimaand is uit die weggeruim.  Na vanaand se CR-toesprakie is die provinsiale grense nog oop en nasionale parke is nie gesluit nie.

Trouens, noudat die aandklokreël verkort is, kan 'n mens darem al 'n bietjie vroeër wegspring oppad na jou vakansie-/oornag-bestemming.

Teen Meimaand hoop ek die drankverbod is al opgehef sodat 'n mens darem 'n biertjie saam met jou braai in die Wildtuin kan geniet.  Maar dis ook nie die ergste nie, want ek hou nogal van Heineken se alkoholvrye bier.

Nog 112 dae dan vertrek ons uit Kaapstad !

Letaba :-

.

Braaityd by Tsenze :-

.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 12/01/2021 - 08:00

Môre Len en ander

Dankie tog vir amper niksseggende boodskap gisteraand. Ons kan nog beweeg oor provinsies, en dus vakansies beplan. Ek hoop net dit bly so.

Ek kan sonder drank klaarkom, maar ek kry die wynbousektor en boere bitter jammer. Hulle betaal die prys omdat sommige landsburgers geen selfdissipline het nie.

Ek is eintlik huiwerig om vakansieplanne en besprekings te maak, want die situasie mag dalk in 'n oogwink verander.

Groete

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 12/01/2021 - 15:10

Middag Len en ander

Ek sien nooit die wille tuin so nie, bloot omdat ek in die winter gaan.

Van 'n wild kyk oogpunt, is dit egter sleg. Die veld het oral water, in spruite, dammetjies waar die wild kan suip. Dan ook, hoe ruier die veld, hoe moeiliker om wild te sien.

Ek sien egter steeds uit na 'n lekker wildtuin vakansie

Groete

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 12/01/2021 - 21:03

Vir my is daar weer 'n niks mooier natuurtoneel as 'n lowergroen bosveld en baie water nie  -  die  minder wild wat jy dan sien is dan 'n bonus.

Maar, ek verkies 'n winter Wildtuin besoek, seker omdat dit maar die tyd was wat ek sedert my kinderdae die Wildtuin besoek het  -  veral die weer is dan fantasties.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus