Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -12 minutes ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -44 minutes ago
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -55 minutes ago
Water November 2026 Geert -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -3 hours ago

SATERDAG SAL ONS SIEN!!!!

Profile picture for user janwillem
Submitted by janwillem on

Gaan ons as 'n nasie weer in sak en as loop lê as die bokke verloor ? Gaan ons die afrigters slag en die keurders op die hourstapel verbrand en die skaidsregter en sy kamerade na die galg neem.? Of gaan ons die bokke  gelukwens as hulle goed speel, en nogtans verloor en sê die toekoms lyk baie goed? Ek dink ons gaan verloor, maar ek is ook oortuig dat die bokke nie sal gaan lê nie. As hulle wen ------dan  dan dan steek ek die vreugde vure aan. Waar staan julle?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 14/09/2017 - 13:26

Saterdag gaan alles ontbloot word.    Dan gaan ons beter sien waar staan ons in Wêreldrugby.

As hulle wen, drink ek 'n hele bottel sjampanje op.

As hulle verloor maar goed speel, drink ek 'n hele bottel sjampanje op.  Ek gaan tevrede wees en weet die toekoms lyk goed. 

As hulle swak speel en verloor, drink ek 'n hele bottel sjampanje op.  To drown my sorrows!

Ek staan agter die Bokke en weet hulle kan dit doen!

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 14/09/2017 - 17:36

Ek kan net dink dat dit baie seer en moeilik moet wees om die teleurstelling so te moet afwag?  Ek probeer aan iets dink om dit vir al die Rugby / bokke supporters maklike te maak, maar het nie woorde nie

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 14/09/2017 - 19:27

Voorlangs sal ons saam praat maar die AllBlacks se agterlyn met Laone op 11 is dit nag ons moet balle uitskop en nie in hulle keelgate skop nie

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 14/09/2017 - 20:00

Ek het ongelukkig nie hoop vir 'n wen nie, die Bokke se geesdrif is te wispelturig.  Wat my lam gemaak het in verlede Saterdag se wedstryd is die aanmekaar balbesit wegskop sodat hul teenstaanders 'n aanval kan loods.  Ek voorspel 'n uitslag van 38/25 in die AB se guns.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 15/09/2017 - 12:14

Waar is die goeie ou dae toe daar nog jong dametjies was wat bereid was om oor die krieket of rugby veld te hardloop, of "streak" soos dit bekend was?

Goeie vriendin van ons het nie n geleentheid laat verby gaan om te streak nie, en sy mog maar, die mooiste lyfie gehad, seker al die hardlopery en probeer die sekuriteit vermy!

Vra ek haar nou die dag of sy darem nog streak, reken sy op haar ouderdom "stroll" sy nou!

Wat die rugby Saterdag betref, my hart se ons sal wen maar my brein stry met my hart.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 16/09/2017 - 11:36

Wat 'n slagting !  Ek was toe myle verkeerd met my telling van 38/25 in die AB se guns.

Moenie vir my vra wat is fout nie, want daar is net te veel goed  -  ek is stomgeslaan.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 16/09/2017 - 11:56

Wat n vernedering¡!!!!!!!!!!!!!!!

Maar kom ons gee erkening, die eerste 4min het die bokke goed gespeel, dit is maar net in die laaste 76min wat hulle die plot verloor het.

Een ligpunt, met daai tipe spel kon dit baie maklik 100/0 gwees het, iets om voor dankbaar te wees.

0
Centurion
Profile picture for user Lolla

Lolla

Sat, 16/09/2017 - 13:09

Gaan nou maar tennis oefen om van my frustrasies ontslae te raak. Die Springbok tennis spelers vaar beter as die rugby op die oomblik.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 16/09/2017 - 13:33

 

Stap ek so pas ‘n draai deur die kamp, sowat van teleurstelling en absolute wanhoop het ek nog nie gesien nie, nie eers in die oorlog in die destydse Rhodesia nie.

Orals sien jy mense met so lee uitdruking op hul gesigte, hulle kyk vir jou met oge wat niks sien nie. Hier en daar is daar iemand wat ‘n poging aanwend, hulle het so siek verwese glimlag om hul monde, maar mens kan sien die trane le vlak, daar is diep pyn en totale verslaantheid in hul oge. Almal is maar bleek van die absolute skok en ongeloof, so iets het ons ou volkie nog nooit getref nie, mense weet nie hoe om dit te hanteer nie.

Ek voel die ergste vir die arme kindertjies, hul verstaan nie, hulle sien die totale verslaantheid op hul ouers se gesigte en houding. Hulle is te jonk om te bessef wat aangaan maar tog voel hulle die wanhoop aan, hulle is bang, die heel kleintjies huil omdat hulle nie verstaan nie. Groot mans wil wil huil, maar die klein bietjie trots weerhou hul nog daarvan! Baie trek maar die Whiskey bottels nader en probeer vertroosting in alkohol vind, kan ons hul kwalik neem, ons het nou alles verloor, hoe staan ons weer op uit die as uit?

Hier en daar is daar iemand wat so half verwese die drade van hul lewe probeer optel, maar jy kan sommer sien dit is sonder enige regte hoop vir uitkoms, hulle dwaal rond sonder enige rigting, niemand weet regtig waar of hoe om weer te begin nie.

Nee kyk so ramp het nog nooit voorheen ons eens trotse nasie getref nie, wat nou, hoe begin mens weer van vooraf bou? Is daar regtig nog enigsins hoop?

Ons is vuisvoos geslaan, waarheen nou??

Ek het geen antwoorde meer nie!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 16/09/2017 - 15:21

Wraggies, so down in the dumps gaan ek myself nie toelaat om te wees nie.laugh   Jy sal ernstig iets moet doen om daai depressiewe mense op te beur, netnou speel 'n tragedie hom af daar in julle kamp.laugh

Nick Mallet het na die wedstryd gesê, hy maak nie verskonings vir die Bokke nie maar enige span in die wêreld sou ver verloor het teen die All Blacks soos hulle vandag gespeel het.

Daar was oral probleme met die span vandag maar ons skakelpaar was, volgens my, waar die probleme begin en daarna eskaleer het.    Hougaard is swak en Paige niks beter.   Maar op die ou end het almal swak gespeel.    

Een ding is waar wat jy sê, Arie.  Vir trotse Bokondersteuners was vandag 'n nagmerrie om na te kyk.  Hul verdien nie om deur so iets te gaan nie.   Ek voel jammer vir die mense wat R950 betaal het vir kaartjies vir die Nuweland wedstryd, wetende wat kan wag na vandag se voorskou.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus