Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfoon fotos Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 minutes ago
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -8 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -11 hours ago

Braai rooster

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Sien die Braai Buddy

.

Die prys maak my net nie opgewonde nie.

Get your Buddy to do your dirty work. Cleaning a dirty and greasy braai grid has never been that easy.

Hurry up and get your Buddy while stock lasts on this Easter Special.

Regular Price R1472 Big Buddy | R1127 Standard Buddy 

Save on delivery costs and pick your Buddy up from our pick-up spots.

Centurion: Endecon Ubuntu Centurion – 257 Jean Ave, Die Hoewes, Centurion, 0157

Pretoria: Pexmart – 1 Piet Pretorius St, Rosslyn, Akasia, 0200

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 05/04/2021 - 14:42

Dis heel oulik Willem, maar die prys en die onmoontlikheid om dit saam te neem om te gaan kamp, sit my af.  Ag wat, in my geval nadat ons by die huis gebraai het, maak ou Sebiena my braairooster die volgende dag mooi silwerskoon.  Wanneer ons kamp braai ons so baie dat skoonmaak van die rooster nie ter sake is nie !

Ek sien ander ouens het sulke grênd vlekvrye-staal roosters waarvan die handvatsel kan inskuif  -  dan pas dit sommer in die skottelgoedwasser ook !  (Die koste daarvan is gelyk aan 'n sleeptrip met die Pathfinder en Exclusive se diesel vanaf Kaapstad tot by die Karoo Nasionale Park in Beaufort-Wes !  Dus werk my gewone ou braairooster maar netso goed.)

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 05/04/2021 - 15:19

Baie oulik, maar baie duur, dankie Willem.

Ek maak ook my rooster skoon na dit gebruik is, maar dis 'n klein roosertjie (een van daai vlek vry staal by Checkers) wat in die tassie op vou.

Rooster
So lyk hy, lekker vir tot 4 mense op 'n slag.

Dan het ek ook die groot rooster wat net gebruik word as ons meer mense is.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 05/04/2021 - 16:15

... dit is 'n oulike kontrepsie. Tot my spyt (net soms) het ek 'n klompie jare gelede ook oorgeskakel na vlekvrye staalrooster - vir die enkele kere wat ek wel op 'n gewone braaivuur braai (meestal vis). Dit het al só tweede natuur geword om die rooster te was na 'n braai - ek het ongelukkig nie 'n Sebiena nie. Met 'n Weber (wat ek meestal gebruik) het jy nie 'n keuse nie, want jy't met brikette nie sodanige vlamme dat jy die rooster kan brand nie. Ek gebruik vlekvrye staal skuurwol om dit weer blinkskoon te kry. In sommige moeilik-bereikbare hoekies kry jy mettertyd aanbrandkolletjies. Maar 'n bietjie onverdunde soutsuur los daardie probleem ook op.

As ek die slag lui is vir die skoonmaak het ek myself al meermale verwens dat ek nie meer 'n gewone rooster gebruik wat jy sommer "skoonbrand" in die vlamme nie. Dit was vir jare goed genoeg maar nou hou ek my mos apstêrs om elke keer op 'n skitterblink rooster te braai. Jis - mens kan darem maar "stupid" wees.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 05/04/2021 - 17:25

Ek gebruik tuis ‘n gewone rooster, brand dit en borsel dit dan skoon. In die Kavango is ‘n vlekvrye staal rooster. Dit spuit ek met Spray ‘n’ cook voor die braai en maak dit die volgende dag skoon met Cadac se skoonmaak middel in ‘n spuitblikkie. Dit vreet sommer die vet en dan kom alles maklik met ‘n nael borsel af. Lg gebruik ek net vir die rooster- nie vir naels nie. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 05/04/2021 - 17:54

Ek hou van die nael borsel idee, ek vernietig elke was een splinter nuwe skuur sponsie.

kom alles maklik met ‘n nael borsel af.

Nooit daaraan gedink nie, ek het permanent 'n staal borsel in die neus kas, vir wanneer ek die oord se roosters gebruik.

 

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Tue, 06/04/2021 - 18:07

Ek het 2 klein roosters, 1 ou staal rooster vir braai broodjies en 1 vlekvrye staal vir vleis, maak lekker skoon. Het baie gesukkel om die rooster in opwasbakke by kampplekke te was en toe so paar weke gelede my eie ding gemaak want die braaibuddy is groot en duur. Dis nog 'n proto tipe (nog net een keer gebruik) gemaak van materiale in my motorhuis. Bietjie water en seep in die sak, skud en laat staan oornag. Die bek van die sak maak te wyd oop en ek dink nog aan 'n oplossing daarvoor, sal wel die oplossing kry.

Ek hou daarvan dat my roosters die oggend na die braai skoon is en terug in hulle sak.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 06/04/2021 - 18:56

Naand Koos, ek sit ook my roosters in sakke wat my vrou vir ons gemaak het, die wat permanent in die wa bly, 1 x 6 broodjie rooster en 1 x groot braai rooster, plus 'n spit braai rooster in 'n apparte sak.

Ek hou nogal van jou "was sak", gaan bietjie kyk na die idee. Soos jy sê, die roosters pas nie in 'n normale opwas bak nie, en is 'n bietjie van 'n slep om skoon te kry.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 06/04/2021 - 20:03

Daai saklyk na die oplossing, kannie wag vir die oplossing/uitkoms nie. 👍

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 06/04/2021 - 20:58

As ek volgende maand daar by jou inklok, bied ek aan om jou proto-tipe in die Wildtuin te gaan toets !

Ek vervoer my braaier in 'n Campmaster seilsak, maar plaas altyd die rooster in 'n swartsak voor ek dit in die Campmaster sak plaas.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 07/04/2021 - 11:15

Johan ek het ook so braai soos joune vat min hout / houtskool en vou lekke op en vat min spasie jip Willem nice maar duur

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 07/04/2021 - 12:17

Ek sukkel met sulke klein braaiers, miskien moet ek eerder oorgaan na houtskool toe en nie gewone hout nie ? sad  My swaer gebruik ook sulke klein braaiers, ek sê altyd y is te suinig om vuur te maak en gebruik net 5 brikette.

Rooster

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Wed, 07/04/2021 - 21:48

Ek weet nie wat die materiaal genoem word nie. Dit lyk na 'n geweefde plastiek, gegiet in 'n plastiek laag, dis waterdig. Die sak lek bietjie deur die soom op die een onderste punt.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 18/03/2024 - 09:40

Ek het elders genoem van die alkaliese skoonmaakmiddel wat ek gebruik om my VVS rooster skoon te maak. Die goed se naam is SDR. ‘n Liter kos R60 by Kaap Agri, en ek verdun dit 1:3 met water in ‘n plastiek spuitbotteltjie. Ek spuit die rooster die volgende dag daarmee met die sproeikop van die botteltjie op fyn sproei gestel, wag so 5 tot 10 minute en was dit dan met ‘n gewone sponsie se growwe kant maklik skoon. Aangesien dit alkalies is hoef mens nie handskoene te dra nie, en dit brand nie jou neus nie soos van die ander middels se walms nie. Dit kan ook gebruik word as degreaser of vir ander skoonmaak doeleindes. 
 

A

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/03/2024 - 11:16

Ek het laasweek vir die 1ste keer fisies die braai buddy in lewendige lywe gesien. Dis beslis nie n kampeer item nie....ek dink hy is meer as 2x my volledige braaier se gewig en is n groot item. Ek gebruik as beginsel basies nooit n toeknyp rooster nie....net soms as ek starpack hoender braai en dan braai broodjies. Ek sal volgende hoender starpack braai Wildehont se idee gebruik om eers spray en cook op te spuit. Ek verkies dit om my vleis met braaitang op gewone braai rooster om te draai....daai rooster word nie gewas nie....hy word skoon gebrand

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/04/2025 - 13:56

Sit sommer en lees deur ou gesprekke, oor braaiers en Smokey Joe. 

Deur die jare het ek maar nog altyd tuis en met kampeer op 'n braaier gebraai waar mens die rooster hoogte bo die kole kan verander. Dit werk baie lekker om hitte te beheer, na gelang van wat mens braai.

My huidige kamp braaier se hoogte is verstelbaar, maar die rooster area is effe klein. Ek kan nie juis iets warm hou[maak] daarop, terwyl ek nog my vleis wil braai nie. Ek kyk dus rond vir 'n alternatiewe braaier. 

Smokey joe kan dalk werk, maar met die ronde bodem, hoe kry mens egalige hitte onder vleise op die rooster. Die kante is mos nader aan die kole.!! Dieselfde probleem kry mens met 'n skottelskaar braaier, soos in KrugerNP.  

Ek het ook so 'n reghoekige vlakkerige opvou braaier, maar die ding se roosterhoogte kan nie verstel word nie. Dit het egter spasie om potjie, houer, bakkie vir warm hou/maak te sit, terwyl ek nog eenkant braai.

Ek aanvaar mens reguleer die hitte en braai tempo deur meer of minder kole onder die vleise te stapel. Ek moet nog die katoeter en metode bemeester.

 Wat gebruik julle, behalwe nou handige Smokey joe's???  

    

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus