Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Gunsteling seisoen vir Kruger wildtuin

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Na aanleiding van die lede wat tans (eerste week van Mei 2021) in die wildtuin is en nie veel sien na die goeie reën nie, begin ek die onderwerp. Nie om te bepaal wanneer die “regte” tyd is om die wildtuin te besoek nie, maar waarom jy die tyd kies wanneer jy gaan. Ek sal begin:

Ek sal verkies om permanent in die wildtuin te wees, maar ek kan nie. Enige dag, enige tyd van die jaar is vir my lekker daar en ek was al reg deur die jaar daar toe ek daar gewerk het in toerisme. Ek verkies dit egter om tussen Julie en September te gaan. My kinders begin nou gebonde raak aan skool termyne. Alhoewel ek glo hulle leer meer op ‘n kampeer toer as in die skool (veral in die eerste paar jaar van skool), wil ek hulle nie te lank uit die skool hou nie. Dus kies ek tans Julie om te gaan.
 

Dis weliswaar van die koudste maande daar, maar dis kortbroek koud. Die veld begin al droog genoeg raak dat wild makliker te siene is - beide vanwee beperkte waterbronne wat hulle dwing om uit die bos te kom en omdat die bos minder dig is. Daar is ook ‘n laer risiko van malaria en minder goggas. Lg pla my nie so vreeslik nie, maar ek en Salomien was een Desember in Tsendze en sy het gou haar humorsin verloor. Eers het bye wat in ‘n appelblaar naby ons staanplek nes gemaak het haar gesteek en toe was dit mopaniewurms orals en op alles. Die drukkende hitte het nie gehelp nie. Vir lg rede sal ek eerder nie tussen Oktober en Desember weer besoek nie. Ek het nog nooit goed gevaar in hoë humiditeit nie, en na ses en ‘n half jaar in droë Worcester het ek nog minder lus daarvoor. Gee my eerder 45° in die Kalahari as 25° op die Noordkus. 
 

Die lente is ‘n lieflike tyd in die bosveld. As al die knoppiesdorings vol blomme is en die trekvoëls kom terug en die voëls bou nes en daar is lewe en die tekens van nuwe lewe orals voel ek ook sommer lewendig. Ek weet egter nie wanneer ek weer in die lente daar sal uitkom nie. 
 

Januarie tot Mei is daar wel lekker baie voëls en dis mooi groen, maar dan kan die baie water in die veld en digte bos dit moeilik maak om soogdiere te sien. Ons is nie van die soort wat voel ons het ons tyd gemors as ons “niks” sien nie, want ons geniet dit om net daar te wees en mens sien nooit “niks” nie. Daar is altyd landskappe en bome wat nie kan beweeg nie en as jy lank genoeg stil sit sal jy selfs in die mopanieveld lewe sien.

Goed; julle beurt. 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 07/05/2021 - 14:35

Beste tyd om Kruger toe te gaan?

1 Januarie tot 31 Desember.wink

Ek dink vir my gaan dit oor twee dinge.

1. Wil ek daar wees vir wild besigtiging of, (om eerlik te wees - ek glo ons almal verkies dit)

2. Natuur geniet.

Ek verkies om vir wild besigtiging tussen Augustus en November daar te wees, vir die natuur as geheel verkies ek Desember tot April.  (Junie tot Julie is te besig vir my) 

Vir wild hou ek van die suide, en vir natuur, hou ek meer van die sentraal tot noorde.  Alhoewel ek die meeste cheetahs nog in die noorde gesien het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/05/2021 - 15:08

Dis ‘n belangrike faktor wat ek uitgelaat het. Vir eers is ek klaar met die Suide, juis omdat dit te besig is. Die Noorde is glad nie so besig in skoolvakansies nie, daar is te min verblyf. Ek gaan nie vinnig weer Suid van Letaba nie, tensy ek by Balule plek kry of tensy ek heeltemal buite seisoen kan gaan - maar dit is uit vir die volgende 13 jaar. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 07/05/2021 - 15:15

Middag wildtuin liefhebbers

Ek verkies die winter maande, dus hier van Mei tot middel Augustus. Ek het al warm gekry gedurende September in Berg en dal.

Lugreeling in die hutte en voertuie maak dit draaglik, maar ons wat kampeer, is mos eintlik buite. Ons sal so tussen 12 en 15hoo in wa gaan rus, met lugreeling, maar verder is mens mos buite.

Voordele [vir my ten minste] aan wintermaande is koeler dae, weinig muskiete, veld minder ruig en minder water oral in die veld. Dus is jou kans om diere by damme, rivier lope en suipings  te kry soveel beter.

   

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 07/05/2021 - 15:31

Middag Chris en ander

My keuse van watter deel word bepaal deur padtoestande en gedrag van plaaslike bewoners aanliggend aan wildtuinhekke, tog jammer nê!! Kyk nou weer wat Chris B geskryf het.

Daarom is my besoeke tot hede beperk tot kampe maklik bereikbaar vanaf Phalaborwa hek, Malelane, en Krokidilbrug. Die hoogste wat ek dus nog met 'n woonwa besoek het, was Balule kampie.

Ek het my egter voorgeneem om volgende jaar Noord te gaan. Ek stel gladnie belang om tussen die mopaniestruike om Letaba na wild te soek nie. Dus, sal ek eerder mik vir Shingwedzi en Punda. Ek is bevoorreg om nie meer skool/universiteit gebonde te wees nie, en sal dus deur wildtuin op en af ry. Ek het GEEN geduld vir mense wat betoog en my lewe daardeur versuur nie.

Op die noot----ek vermy ook Numbi hek soos die pes.

Ek hoop eintlik dat SANPARKE begin besef hoe die naasbure hulle besigheid nadelig raak, en gryp in. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 07/05/2021 - 20:53

Vir jare al gaan ons einde April begin Mei Kruger toe en nog altyd genoeg wild gesien. Veral rondom Satara maar ook Laer Sabie. 

Hierdie jaar was dit bietjie anders maar dit is maar toe te skryf aan die goeie reën wat geval het. By Satara het ons nog wild gesien maar rodom Skukuza was dit skaars. 

Verlede jaar was ons in September in die Kruger maar verkies Mei.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/05/2021 - 09:24

Ek kom al vir etlike jare gedurende Mei/Jun wildtuin toe. Die feit dat ek die laaste klompie jare vir gryskop-afslag kwalifiseer gedurende genoemde periode, is beslis 'n bonus. Maar Mei is vir my 'n lekker tyd wat klimaat aanbetref en dit het nog altyd gepaard gegaan met goeie wildbesigtiging. Vanjaar is 'n uitsonderlike jaar na die goeie en laat reëns. Die noorde beskik nie oor dieselfde wild-digthede as die sentrale en suidelike dele nie, maar soos boontoe genoem word wild beslis moeiliker gevind weens die ruie groen veld - of liewer bos. Maar dit is mooi om die veld so te sien en te weet dat die wildtuin gaan 'n goeie winterseisoen in.

Persoonlik hou ek nie van Aug/Sep nie. My persoonlike ervaring is dat dit neig tot meer winderigheid (m.a.w. stof), baie van die gruispaaie is na die winter stormloop voos gery en die beheerde brandseisoen is op sy hoogtepunt - met groot swart-gebrande dele.

As ek reg onthou, was ek al in elke maand van die jaar in die wildtuin. En nooit is 'n besoek te versmaai nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 08/05/2021 - 10:23

Vir my met Wijan op skool hou ek van die September vakansie.  My rede is dit is kott voor die eerste reën wat beteken die veld behoort op sy droogste te wees wat dan die minste water in die veld het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus