Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Johann L -52 minutes ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel November 2026 Johann L -1 hour ago
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago

Len & Annatjie se Kruger Wildtuin-trippie in Mei & Junie 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen.  Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19.  "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie.  Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees.  Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.

Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien.  Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars.  By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)

.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 14/06/2021 - 11:22

More Len

Dankie vir die terugvoer oor die 2 parke.

Ek is bly om te hoor dat Reynecke park nog steeds op standard is. Dit bly 'n gerieflike oorslaap plek.

Ek is verbaas oor jou info van Smutshuis. Hoe het jy die sekuriteit daar ervaar. Ek sal erg bekommerd wees om daar te staan. Daar is baie veiliger plekke rondom Pretoria om te oorweeg, soos binne Dinokeng.

Het julle toe nie by Allemanskraaldam oorgestaan nie? 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 14/06/2021 - 13:45

Net so verbaas Len oor die goeie ervaring by Smuts Huis (Oom Slim Jannie se plek!). Ek woon seker so 4 km van die plek af naby die Irene melkplaas en het altyd gedink dis nie te veilig daar nie. My vorige trokkie amper daar op 'n Sondag middag in 2017 gesteel. Nooit weer terug gegaan nie, maar nou klink dit asof daar dalk 'n verbetering ingetree het. Sal moet gaan kyk!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 14/06/2021 - 13:56

Middag Grootwind

Ek is huiwerig om te vra, maar nuuskierigheid kry mos altyd die oorhand.

Wat se trokkie het amper voete gekry, en wat het die wegloop gekeer?

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 14/06/2021 - 17:26

Len hoe was die beeld gewees ?

Ek het my tru-kamera hoër opgeskuif tot net onder die lugversorger en is baie nuuskierig om die verbetering van die beeld te sien as ons eers ry.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 14/06/2021 - 21:14

Wessel, soos ek aanvanklik gesê het, ek kla nie op die forum nie, ek deel bloot my ervaring met my Kampforum-vriende.  Ek sal opbouende kritiek met foto-bewyse aan die korrekte senior personeel by SanParke stuur.

Smutshuis Museum & karavaanpark :  Ek weet van geen skaflike karavaanpark in Pretoria  wat met Smutshuis kan kompiteer nie.  Dinokeng is 40km noordoos van Pretoria en Inkwe (oos van Pretoria) hopeloos te ver van Pretoria-noord waar ons kuiermense woon.  Fonteine en Joos Becker is 'n "no go" vir ons.  Die sekuriteit en geriewe by Smutshuis is wat my betref, puik  -  ongelukkig ook 'n bietjie ver van Pretoria-noord.

Geert, ja ons het by Balule gekamp en soos voorheen, maklik daar reggekom met die Exclusive.  Wat die grondpad betref, was dit heel skaflik  -  selfs die 24km grondpad waar ek te vroeg afgedraai het en toe maar moes deurdruk.  Maroela was ook heerlik, alhoewel baie vol en die ablusie het gesukkel om by te bly.  Regs van die inganghek was egter 'n slordige opset van vullis en werker-blyplek  -  skep nie 'n mooi indruk nie.

Willem, trukamera : Die beeld was absoluut puik en dit was 'n reuse verbetering om die kamera op te skuif tot onder die lugversorger

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 15/06/2021 - 08:05

More Len

Ek sal bietjie oplet na die werker opset by beide kampe. Ons staan net 'n aand in Maroela, en ek het nogal gedink om sommer naby die hek te staan, vir maklik vertrek.

Ek kan nie onthou dat daar tevore by Maroela so 'n opset was nie. Ek weet dat die werkers by Balule se woon-opset by die ablusieblok is, maar dit het nooit slordig/vuil voorgekom nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 15/06/2021 - 08:36

Maroela : Wessel, hier is ons staanplek by Maroela, regs van die ingangshek.  Die P/F staan in die rigting  van die Timbavati-rivier en die ingangshek en slorsige vullis en personeelplek is regs agter die Exclusive, buite die foto. 'n Kragpunt is gerieflik naby, links voor die P/F, ongelukkig ook net buite die foto.

Ek het 'n video-clip van 'n olifant wat oopmakers van die hek skrik op die lyf jaag wanneer hy laat-middag by die hek aan die bome daar kom smul.  Kan dit ongelukkig nie laai op die forum nie.

.

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 15/06/2021 - 08:47

Hello Len

Ge-oordeel op jou foto lyk dit of Maroela effe leeg was. Ek is bekommerd want met al die skuiwe van die skoolvakansie, is ons nou daardie tyd in die wildtuin.

Ek verkies egter 'n stiller tyd, maar deesdae is die wildtuin altyd vol. Selfs met jou besoek het jy hierbo genoem dat Maroela vol was, met die gepaardgaande druk op die ablusie. Dink jy dat daar meer persone per tydstip toegelaat word, en dit is die rede waarom die ablusie sukkel.

Sekerlik nie meer staanplekke nie, maar dalk meer persone per staanplek? 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 15/06/2021 - 10:54

Ons Maroela staanplek : 

Die bogemelde foto dui aan waar ons net vir twee nagte wou oorstaan  -  nie 'n voorkeur staanplek vir die meeste mense nie, maar het aan ons behoeftes voldoen.  Die kamp was stampvol met baie mense, veral groepies van meer as een karavaan wat saamkuier.

0

Wessel, dit was 'n Ranger. Ons het die Sondagmiddag daar gaan eet en die bakkie was slegs sowat 30m van waar ons gesit het geparkeer. Daai tyd was daar geen veiligehidswag van 'n dag oud nie (dalk is daar nou?). Die Ranger se bestuurderdeur is opgeforseer deur die slot te breek met wat ek glo 'n Allan T-Bar of groot skroewedraaier. daarna het hulle die aansit slot ook so geforseer. Normaalweg sal dit nie die enjin aansit nie aangesien dit die regte sleutel en afstandsbeheer benodig. Geen probleem egter vir die karakters nie, hulle prop hulle eie rekenaar by die diagnostiese prop in en kanselleer die regte afstandsbeheer en her-programmeer hulle eie ene in. Ek dink hulle was gesteur en het toe die lot net so gelos (alarm se draad was ook afgeknip). Uiteinde was die trokkie is op 'n "low-bed" na Ford toe en iets soos R11000 se nuwe slotte en ander herstel werk later het hy weer geloop...net om 'n jaar later by die Centurion Sentrum wel gesteel te word.

My nuwe Ranger is nou ernstig gedokter, die bestuurder deurslot se een belangrike komponent is verwyder en 'n staaldop is oor die slot gemonteer, onmoontlik om die deur nou oop te forseer. ook is die diagnostiese prop geskuif en in 'n staalkassie toegesluit met die alarm ook geskuif waar dit nie maklik is om by te kom nie. En dan is die enjin se ECU ook deur 'n staalplaat beskerm. Ek het nog 'n paar ander truuks wat ek bygevoeg het! (niks wat gedoen is het 'n invloed op die waarborg nie, skuif net die diagnostiese prop teru waar dit moet wees en verwyder die staalkassie as trokkie ingaan vir 'n diens). Alles in alles gaan dit hulle nou 'n paar uur neem om die trokkie te steel, behalwe as hulle hom ook op 'n low bed wegsleep.  Maar ek is nou paranois oor pap batterye en het altyd een of meer remote spaar batterye in my beursie, en hou die trokkie se battery ook met 'n valk oog dop dat die nooit afloop nie. Uiteinde is dat ek nou ietwat van 'n spesialis is hoe mens 'n Ranger kan steel! Jou Toy is ongelukkig ook 'n model wat maklik wegloop...stel voor jy verhard hom ook deur minstens die diagnostiese prop te beskerm, as die kriminele eers hulle rekenaar daar kan inprop is jou trokkie ook weg binne 'n minuut of so. groot fout wat ons maak is om te dink die ouens is dom, glo my hulle is hoogs ingelig oor die swak plekke in byna elke voertuig en dra die nodige saam om dit te kan steel. Ek het my les geleer! (en die stuurslot gorilla werk nie, my trokkie is gesteel met dit op en die Netsar is 300m van waar dit gesteel was langs die pad gekry...)

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 16/06/2021 - 06:57

Skoonmaak het begin :

Die gevolg van vakansie hou is dat met die terugkeer 'n groot skoonmaakaksie nodig is.  So het die Pathfinder se enjin gelyk nadat ons in die Wildtuin gekarjakker het.

.

En so lyk die enjin nadat ek dit self bygekom het :-

.

Ek het ook die onderstel laat stoom-skoonmaak en daarna binne en buite laat valet.  Ek het ook die bande se 10 000km ruil, balansering en wielsporing laat doen en die Pathie is nou reg vir die volgende sleep.

Die skoonmaak van die Exclusive lê nog voor en ek skraap nog moed bymekaar.

0
pretoria

pieterc

Wed, 16/06/2021 - 08:05

Die groot skoonmaak gebeur maar na elke vakansie. Daai enjin lyk nou weer so skoon soos hy gelyk het in die fabriek. Ek is seker die Exclusive sal die selfde TLC kry as die Pathfinder!

Stof van grondpad ry is een ding, maar modder is n ander storie. Dit is hoe my Toyota se enjin gelyk het nadat ons verlede jaar Sani pas gaan ry het. Hulle is besig met padwerke en reen het die fyn stof in n slymerige modderspul verander. 

.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 16/06/2021 - 12:53

... ek sien nog 'n vaal stofkolletjie net agter die "air cleaner".

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 16/06/2021 - 21:56

Chris, die kol by die air cleaner is niks, jy moet daai air cleaner binne sien, skaam my dood as my voertuig so moet lykdevil

Ai Len, is darem maar net dood eenvoudig lekker om in 'n skoon voertuig te ry. My ouers het altyd die sê ding gehad, as jy langs die pad gaan staan moet die mense nie sê dis omdat daai kar so vuil is nie.

Makliker om 'n skoon ding skoon te hou as om 'n vuil ding skoon te maak.

Dankie vir die deel van jul ervarings, dit is altyd lekker om te volg.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 17/06/2021 - 14:46

Middag Len

Ek het 2 takies gedoen Nadat ek uit die Kalaghadi teruggekom het;

1] die kajuit se filter vervang

2] die enjin lugfilter uitgeskud en met druklug geblaas.

Jy sal verbaas wees hoe vuil is veral laasgenoemde, want ek het nie 'n snorkel op my trokkie se luginlaat nie

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 17/06/2021 - 22:23

Len die was tong in die kies gesê laugh

 

Chris, die kol by die air cleaner is niks, jy moet daai air cleaner binne sien, skaam my dood as my voertuig so moet lykdevil

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 18/06/2021 - 08:30

Johan, ek weet darem daardie aanhaling in jou kommentaar hierbo was tong in die kies.

Ek het gereageer op Wessel se aanbeveling op 17/6 om 14:46 om stof uit die lugfilter te blaas, wat ek toe gedoen het en dankbaar is dat ek dit wel gedoen het  -  baie stof uit daardie splinternuwe filter geblaas.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus