Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -28 minutes ago
Augrabies - 21 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -33 minutes ago
Groen water... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Kampeer staanplek Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Dankie ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Geert ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Gebruikte karavaan onderdele

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek moet begin soek vir gebruikte karavaan onderdele omdat nuwe onderdele skokkend duur is.  Die Exclusive se agterlig is beskadig tydens my "ongelukkie" in Balule.  Vandag vasgestel by 'n plaaslike handelaar dat 'n nuwe R2250 kos !

Ek moet ook my elektriese geyser wat begin lek het, vervang.  Dié kos R3355 (koerierkoste uit Randburg ingesluit).  Die gas/elektriese geyser kos R5770 en ek het maar dié gedagte laat vaar.

Daar moet tog iewers gebruikte onderdele wees van waens wat in ongelukke afgeskryf is.

Weet iemand dalk van handelaars wat hierin spesialiseer ?

Vaalpark

Johann L

Fri, 18/06/2021 - 18:15

Len dit is in werklikheid 'n noodsaaklikheid, baie mense het al sulke navrae gehad, juis omdat nuwe onderdele so buitesporig duur is, blikskim maar 'n lens is duur.

Vandag vasgestel by 'n plaaslike handelaar dat 'n nuwe R2250 kos !

en hulle weet jy het nie 'n keuse nie, daar is nie nagemaakte goed beskikbaar niesurprise 

0
pretoria

pieterc

Fri, 18/06/2021 - 21:09

Eina, dit is rof! Ek stem saam, daar moet iewers gebruikte onderdele beskikbaar wees. Hoop jy raakgeholpe.

As jy die bundu shower weer vir R 1 500 verkoop is die veskil tussen die elektriese en kombinasie geyser nie so groot nie.

0

More Len

Jy kan Brits woonwaens probeer, hulle mag dalk 2de handse onderdele he. Hulle doen baie veranderinge en herstelwerk na 'n wa in 'n ongeluk was.

Hulle nommer is 012 2525169 Praat met Francois Stander.

Ek hoop jy kom reg  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 19/06/2021 - 09:46

Dankie Wessel.  Ek het dadelik vir Francois geskakel en hy weet van my !  Hy sê jy was vanoggend by hom !

Hy het vir fotos gevra en gaan dan kyk of hy kan help.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 19/06/2021 - 09:58

Is daar nie vir karavane pirate parts soos wat daar vir motors is nie? Die karavaan onderdele word tog sekerlik nie uitsluitlik vir karavane gemaak nie? Ek sou dink die mark is te klein en dit sou vanwee ekonomie van skaal die goed te duur maak. Hopelik kan die Britse help. 

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 19/06/2021 - 13:43

So twee maande terug n paar Exclusives gesien by Comet in boksburg probeer hulle ook Len

0
Pretoria

Geert

Sat, 19/06/2021 - 18:00

Jin...Chuck Norris weet van iemand net buite Pretoria....as prys reg is, miskien courier,?

0

Middag Len

Waarom los jy nie eers die lig vir later nie. Dit werk tog perfek, solank daar net nie water kan inkom nie.

Dalk is die geyser se herstel 'n groter prioriteit.

Ek vermoed egter dat daai gekraakte lens jou grensloos irriteer, en dat jy dit nie kan miskyk nie. Hoop jy kom reg

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 24/06/2021 - 17:50

Wessel ja, dit is die plan om maar die lig vir eers so te laat.  Ek het die krakies 100% dig geseel en sal maar so met die loop van die tyd kyk of ek nie 'n 2de handse een raakloop nie.  Wat die geyser betref, lyk dit tog vir my of ek maar 'n nuwe sal moet koop.

Willem nee, ek het nie vir Pine gekontak nie want hy werk net aan die onderstelle van waens, maar ek sal hom tog vra om vir my op die uitkyk te wees.

0

len onelukig is dit net hansen wat daai geyesers kan verskaf hulle maak hulle. Vreind van my het sy geyeser se tank laat reg maak by radiator shop. Ek het op my wa die gewone huis gas geyser opgesit en moes hom ook al vervang maar hulle kos gelukig net R1000. die ou een laat diens en hy werk nou in kinders se woonstel

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 28/06/2021 - 17:30

Ek het goeie nuus gekry : Jan Combrinck van RJJJC Caravan & Camping Sales in Pretoria het my gekontak en het 'n vervangende lig vir my vir R900 !  Ek ondersoek nou hierdie moontlikheid.

0

Len, nie so seker van verkoeler plek nie.  Myne het ook begin lek so 2 jr terug. 
Gelukkig het ek vriend wat baie goed is in aluminium welding. Het element uitgehaal en die hele ding baie mooi blink geskuur. Daar was 6 plekke waar hy sulke swart kollejies gemaak het. As jy hom saggies tik met sweishamer, het hy sommer gaatjie ingemaak. Dit was plekke wat al amper deur gekorodeer was. 
Al 6 plekke mooi opgesweis , element terug gesit en weer geinstalleer.
Werk nou al 2 jaar.
Jy moet net 'n welder hê wat baie dun aluminium kan sweis.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 28/06/2021 - 20:15

Dankie Stefan, ek hou ingedagte.  Die voordeel van 'n verkoelerplek is dat hulle na die sweiswerk 'n druktoets kan doen.  Ek sal maar mettertyd besluit.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/06/2021 - 07:36

Combrinck van RJJJC Caravan & Camping Sales in Pretoria

Hoekom vra jy nie of hulle dalk ook 'n geyser het nie ?

Vra ook op fb, Pine en ander plekke.

Dalk is jy gelukkig om 'n gas/220v een te kry ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus