Ek het vir drie aande hier oorgebly en sal in die toekoms baie graag weer hier aandoen. In teenstelling met 'n vreemde antwoord wat ek gekry het by navraag oor 'n hoogtebeperking, is die personeel baie vriendelik en behulpsaam. Rob, die eienaar, het selfs voorgestel dat hy my elke oggend hospitaal toe sal neem en weer gaan haal - hy het gedink ek kan 'n parkeer-probleem met my bussie by die hospitaal hê. Hoogtebeperking was toe nie 'n probleem nie - die balk is +/- 3m hoog.
Daar is slegs drie gemerkte kampeerplekke - een met gras, die ander plaveisel. Die terrein is uiters netjies versorg. Elke staanplek het 'n braai, tafel en bankies en 'n vullisdrom. Ek het nie 'n kraan opgemerk nie. Dit het my nie gepla nie aangesien my bussie se watertenk vol was. Ablusieblokkie (netjies en skoon): een toilet vir dames, so ook vir mans. Daar is twee aparte storte - "made for sharing" want die prentjie sê so 😉
Ek was die enigste kampeerder met niemand in sig nie, Dit was vir my fantasties siende dat dit nie 'n prettige uitstappie was met Daan in die hospitaal nie. Ten spyte daarvan het ek altyd veilig gevoel - stewige omheining wat geëlektrifiseer is - as 'n rooi liggie flikker werk dit sekerlik.
Een aand het ek in die lodge se restaurant gaan eet. Dit was heerlik. Solly, die chef, kan vir Suid-Afrika se restaurante gaan leer om 'creamed splnach' (to die for) te maak. My ete was binne bedien (hulle het so besluit), maar rondom die swembad, op 'n groot dek,is vele meer tafels en stoele. Die eienaars het dit baie goed reggekry om die Bosveld atmosfeer te kombineer met 'n tropiese. Sal foto's plaas.
***Baie dankie aan Geert vir die voorstel van Rock View Lodge.
Tafel en bankies
Daai concrete tafel en bankie stelle op foto's.....word so n stel privaat per staanplek ge-allokeer, of is dit vir algemene publiek se gebruik?









Die terrein